Print Page | Close Window

Bulle gaps glo Cheetahs se skrum-ghoeroe

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7198
Printed Date: 15-May-2024 at 5:57am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Bulle gaps glo Cheetahs se skrum-ghoeroe
Posted By: Transvaal
Subject: Bulle gaps glo Cheetahs se skrum-ghoeroe
Date Posted: 09-Jan-2019 at 5:47am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-gaps-glo-cheetahs-se-skrum-ghoeroe-20190108%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-gaps-glo-cheetahs-se-skrum-ghoeroe-20190108

Nie die Blou Bulle of die Cheetahs wou Dinsdag bevestig dat Daan Human op pad is Loftus Versfeld toe nie.

Die verwagting is nietemin dat die Blou Bulle Maatskappy (BBM) in die volgende paar dae sal bekend maak dat Human dié franchise se nuwe skrumafrigter is.

Human is die Cheetahs se skrumghoeroe en was ook verlede seisoen die span se hoofafrigter in die Curriebeker-reeks.

Dit is onduidelik wanneer Human by die Bulle sal kan aansluit.

Die Cheetahs het Zebre Sondag in Parma, Italië, met 27-12 in die Pro14-reeks geklop en speel volgende naweek teen die Kings.

Die Bulle is in die mark vir ’n nuwe skrumkenner nadat Gary Botha in Oktober verlede jaar uit die bloute as die unie se skrumafrigter bedank het om ’n loopbaan buite rugby aan te pak.

Ronel Pienaar, ’n woordvoerder van die Cheetahs, het kortliks in ’n verklaring gesê hulle “lewer geen kommentaar oor bespiegelinge oor personeel met vaste kontrakte nie”.

Xander Janse van Rensburg, die BBM se hoëprestasiebestuurder, het gesê die Bulle is nie in ’n posisie om oor die kwessie uit te wei nie.

“As daar verdere aanstellings gemaak word, sal ons dit amptelik bekend maak,” het hy gesê.

Pote Human, die Bulle se hoofbreier, het ’n interessante afrigtingspan byeen vir die Superrugby-kompetisie.

Die aanstelling van die oud-Stormer en -Cheetah Chris Rossouw as die span se nuwe agterlyn- en aanvalsafrigter het die wenkbroue in die hoofstad laat lig.

Pine Pienaar keer terug as die Bulle se verdedigingsafrigter nadat hy in 2017 sy werk weens ’n afleggingsproses van die BBM verloor het.

Daar word met hoë agting van Daan Human in die Vrystaatse rugbykringe gepraat, maar hy is as afrigter redelik onervare op Superrugby-vlak.

Hayden Groepes bly aan in die afrigtingspan en is die Bulle se vaardigheids- en skopafrigter, terwyl die voormalige Bulle-kaptein Anton Leonard as ’n lynstaan-spesialis ingespan sal word.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net