Print Page | Close Window

Bul van ’n stut glo na Loftus op pad

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7194
Printed Date: 09-May-2024 at 12:03am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com

Topic: Bul van ’n stut glo na Loftus op pad
Posted By: Transvaal
Subject: Bul van ’n stut glo na Loftus op pad
Date Posted: 07-Jan-2019 at 7:01pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bul-van-n-stut-glo-na-loftus-op-pad-20190107%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bul-van-n-stut-glo-na-loftus-op-pad-20190107

Wiehahn Herbst, oud-stut van die Haaie, kan binnekort Loftus Versfeld sy nuwe rugbytuiste maak.

Sy Ierse klub, Ulster, waar hy sedert 2014 speel, sal Herbst glo in die volgende paar dae vrystel om by die Bulle aan te sluit ter voorbereiding vir die Superreeks.

Die Bulle stel al ’n geruime tyd in dié 30-jarige vaskopstut se dienste belang en hy word as ’n belangrike toevoeging tot die groep beskou met die franchise wat min diepte in die posisie het.

Die Springbok Trevor Nyakane het sedert hy as ’n vaskop versool is, nog nie genoeg gedoen om die Bulle se nr. 3-trui syne te maak nie.

Frans van Wyk het die Superreeks verlede seisoen met groot belofte begin, maar beserings het sy opgang belemmer.

Dié kompetisie was in 2018 ’n harde leerskool vir die ewe belowende Conraad van Vuuren en hy moet nog wys dat hy opgewasse is op die vlak.

Herbst het die afgelope vier seisoene waardevolle ervaring in die Noordelike Halfrond opgedoen en hy is nou op die ouderdom wat die meeste stutte wasdom bereik.

Hy het aan die einde van 2017 gekwalifiseer om vir Ierland te speel, maar is nie deel van die afrigter Joe Schmidt se Wêreldbeker-planne nie.

Tussen Nyakane, Herbst, Van Wyk en Van Vuuren sal die nuwe hoofafrigter, Pote Human, genoeg opsies en diepte aan die vaskopkant hê.

Die agttal word verder versterk met die ervare Bokke Duane Vermeulen (agtsteman) en Schalk Brits (haker) se koms.

Brits oefen reeds saam met sy nuwe spanmaats, maar Vermeulen sal eers later die maand in die Jakarandastad aankom ná hy sy verpligtinge by sy Japanse klubspan, die Kubota Spears, voltooi het.

Van die groep voorspelers wat verlede jaar vir die Bulle gespeel het, is net Pierre Schoeman (Edinburgh), Ruben van Heerden (Haaie) en Adriaan Strauss (uitgetree) nie weer beskikbaar nie.

Die Bulle speel op 26 Januarie hulle eerste oefenwedstryd teen die Leeus op Loftus Versfeld en begin hul 2019-veldtog op 16 Februarie teen die Stormers in Pretoria.

Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jan-2019 at 7:02pm
>>Die Bulle speel op 26 Januarie hulle eerste oefenwedstryd teen die Leeus op Loftus Versfeld

Sjo dis basies oor bietjie meer as 2 weke!

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 08-Jan-2019 at 6:26am
Bietjie inligting vanaf die GLRU sal welkom wees: Het die groep alweer saamgetrek en begin oefen? Wie is reeds daar, wie sluit laat aan en wanneer? Hoe lyk die beseringslys en wanneer behoort elkeen van hulle reg te wees? Gaan Lewies nou definitief in ons groep wees vir die jaar? Enige nuwe aankope? Wanneer sal die finale groep aangekondig word? Weet nie of die planne is om dinge baie onder die radar te hou nie, maar hulle is darem te stil!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 08-Jan-2019 at 6:44am
Ja ek dink hulle het weer gister begin. Sal bietjie vandag uitreik en kyk of ek enige inligting kan kry

Posted By: Leeubok
Date Posted: 08-Jan-2019 at 7:34am
Ons het dit al voorheen genoem, die unie se PR dept kan regtig bietjie meer doen in terme van inligting uitgee aan ondersteuners. 

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 08-Jan-2019 at 7:57am
Kan maar stil wees solank hulle OEFEN!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 08-Jan-2019 at 8:13am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ja ek dink hulle het weer gister begin. Sal bietjie vandag uitreik en kyk of ek enige inligting kan kry

okay hulle het vinnig geantwoord, sal 'n nuwe skakel daarvoor begin

Posted By: Zibbie
Date Posted: 08-Jan-2019 at 8:25am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Ons het dit al voorheen genoem, die unie se PR dept kan regtig bietjie meer doen in terme van inligting uitgee aan ondersteuners. 

ek weet nie . N mens hoor elke 5 sekondes wat in die bul  kamp aangaan . Maar dit beteken nie daar word wen rugby gespeel nie . Dit raak afgesaag om heeltyd van die bulle te hoor 

Posted By: Leeubok
Date Posted: 08-Jan-2019 at 8:34am
Originally posted by Zibbie Zibbie wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Ons het dit al voorheen genoem, die unie se PR dept kan regtig bietjie meer doen in terme van inligting uitgee aan ondersteuners. 

ek weet nie . N mens hoor elke 5 sekondes wat in die bul  kamp aangaan . Maar dit beteken nie daar word wen rugby gespeel nie . Dit raak afgesaag om heeltyd van die bulle te hoor 

Dit raak afgesaag vir jou want jy (en ek) hou nie van die bulle nie. Ek sal nie omgee om gereeld iets van die leeus in die media raak te lees nie! Solank dit positiewe nuus is natuurlik.. Dit is hoekom die bulls as franchise en brand so suksesvol en welbekend was. Orals sien jy BB stickers of blou ballas aan ou hilux bakkies hang.. Selfs WP en Sharks goeters. Nerens sien 'n mens iets van die leeus nie

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 12-Jan-2019 at 11:49am

Omdat die media nie skryf oor die Leeus nie, kan sekerlik nie die Leeus PR se skuld wees nie. Gaan volg die Leeus op Instagram- daar is amper daagliks updates.

-------------
Up the Vaal!

Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net