Print Page | Close Window

‘Oom’ Schalk Brits en die jongklomp op Loftus

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7193
Printed Date: 28-Apr-2024 at 11:52pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: ‘Oom’ Schalk Brits en die jongklomp op Loftus
Posted By: Transvaal
Subject: ‘Oom’ Schalk Brits en die jongklomp op Loftus
Date Posted: 07-Jan-2019 at 6:58pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/oom-schalk-brits-en-die-jongklomp-op-loftus-20190107%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/oom-schalk-brits-en-die-jongklomp-op-loftus-20190107

Hy is nog nie lank by Loftus Versfeld nie, maar is al ’n paar keer “oom” genoem.

Dit was verlede seisoen by die Springbokke ook die geval en hy sal seker nou daaraan gewoond moet raak, sê Schalk Brits met ’n groot glimlag.

Jy kan die jonger manne wat die nodige respek teenoor dié veteraan-haker betoon seker nie verkwalik nie.

Hy word immers 38 in Mei.

“Dit is eintlik baie snaaks. Ek het nooit in my wildste drome gedink ek gaan nog op my ouderdom rugby speel nie.

“Ek het my eerste kontrak as ’n beroepspeler in 1999 gekry en van die spelers (by die Bulle en Bokke) het in 2015 en 2016 matriek geskryf.”

Maar nee, hy het nie Pretoria toe gekom om sy rugbypensioen aan te vul nie. Hy wil speel en ’n bate wees vir die Bulle, verseker Brits.

“My doel is nie net om te speel nie, maar ook om my kennis te deel.

“Ek kom met geen verwagtinge dat ek gekies moet word nie. Ek wil dit geniet en waarde toevoeg.

“As ek gekies word verwag ek dat hulle (die ander hakers in die groep) my sal ondersteun en as hulle speel sal hul my ondersteuning kry.

“As die Bulle uiteindelik suksesvol is, is al die spelers ook suksesvol. Ek het eers later in my loopbaan geleer om ’n ware spanman te wees.

“Jy is redelik selfsugtig as jy jonk is en ek het eers later geleer dat daar ’n groter prentjie is.”

Brits sê dit is “fantasties” om ’n Bul te wees.

“Van die spelers tot die afrigtingspan, daar word ongelooflik hard gewerk en daar is ’n lekker gees.

“Die fiksheid op die eerste dag is iets waaraan ek nie gewoond is nie.

“Die weer is belaglik (lekker). Hier staan ek kaalvoet met ’n kortbroek. Ek het reeds vir Schalk Burger (wat saam met Brits vir Saracens gespeel het) ’n SMS gestuur. Hulle is in die reën en dit is yskoud daar (in Londen). Ek geniet die weer baie.”

Brits benadruk hy het geen kwade gevoelens jeens die Stormers nadat dié franchise aan die einde van verlede jaar koue voete gekry het nadat hy hom reeds tot die Kaapse span verbind het nie.

“Dit is lekker om by ’n plek te wees waar hulle jou soek. Die Stormers het hulle probleme en ek is bly om hier te wees.

“Ek is by ’n unie wat nie net mededingend wil wees nie, maar iets wil wen.”

Brits sê hy is uitgerus en is opgewonde oor die vooruitsig om weer Superrugby te speel – iets wat hom in 2011 laas beskore was.

“Ek is verskriklik opgewonde. Ek glo dit gaan ’n aanpassing wees om weer Superrugby te speel en ek sal weer gewoond moet raak daaraan.

“Eintlik pas dit my om in die Suidelike Halfrond te speel.”



Replies:
Posted By: Leeubok
Date Posted: 08-Jan-2019 at 7:37am
Dit is eintlik verstommend wat met hom gebeur. Toe hy in in sy jonger dae op form was en 'n blerrie goeie haker was, het niemand in hom belang gestel nie. Noudat hy oud en afgetree moet wees is hy "the bee's knees." 


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 08-Jan-2019 at 8:44am
Ek is bly die Leeus kry nie meer ou "ster"spelers in vir 'n laaste betaaljaar nie. Sulke spelers maak amper nooit die verskil wat mens gedink het hulle gaan nie en blokkeer jonger spelers se pad na bo wat sleg is vir beide die jong speler en die spangees in die algemeen. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 08-Jan-2019 at 8:47am
Verseker en ek kan nie verstaan dat die Bulle die fout maak nie.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 08-Jan-2019 at 8:50am
Dan moet mens ook seker onthou dat die Bulle laaste van die SA spanne in 2018 ge-eindig het, so hulle dink seker hulle moet iets spesiaals probeer om dit reg te stel



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net