Print Page | Close Window

Beseerde Jean-Luc op pad terug na SA

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7183
Printed Date: 09-May-2024 at 3:44am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Beseerde Jean-Luc op pad terug na SA
Posted By: Transvaal
Subject: Beseerde Jean-Luc op pad terug na SA
Date Posted: 05-Jan-2019 at 1:43pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/beseerde-jean-luc-op-pad-terug-na-sa-20190105%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/beseerde-jean-luc-op-pad-terug-na-sa-20190105

Jean-Luc du Preez, losvoorspeler van die Haaie, keer terug na Suid-Afrika met ’n besering wat hy opgedoen het in sy kort skof saam met die Engelse klubspan Sale Sharks.

Du Preez (23), wat 12 wedstryde vir die Springbokke gespeel het, het in November ’n kontrak van drie maande met die Premierliga-klub gesluit.

Hy het saam met sy ouer broer Robert ’n beduidende impak by Sale gehad en was van meet af in die beginspan ingesluit.

Rugby365 berig Du Preez het sy span se sege Vrydag teen Saracens misgeloop weens ’n liesbesering wat hy in Sale se oorwinning met 30-15 teen Gloucester opgedoen het.

Die besering beteken vir eers die einde van Du Preez se verblyf in Engeland.

Die klub het die nuus van Du Preez se terugkeer op Twitter bevestig en dit laat blyk dat dit dalk nie die laaste keer is wat hy ’n Sale-trui oor sy kop trek nie.

Sale het die Bok-skrumskakel Faf de Klerk se kontrak onlangs tot 2023 verleng.

Die Haaie se Superrugby-veldtog begin op 16 Februarie teen die Sunwolves in Singapoer.



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Jan-2019 at 1:44pm
Nie goeie nuus vir die Haaie nie...



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net