Print Page | Close Window

Haai-slot moet Mostert se plek in Leeu-agttal vul

Printed From: Lionsworld
Category: Lions Section
Forum Name: Lions Players News
Forum Description: Lions Players News
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7103
Printed Date: 29-Mar-2024 at 5:14pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Haai-slot moet Mostert se plek in Leeu-agttal vul
Posted By: Transvaal
Subject: Haai-slot moet Mostert se plek in Leeu-agttal vul
Date Posted: 02-Dec-2018 at 6:43pm
Die Leeus het Stephan Lewies as ’n versekeringspolis vir Franco Mostert uitgeneem ná die Bok-slot se vertrek Engeland toe.

Lewies sal met sy terugkeer uit Japan, waar hy klubrugby vir Kamaishi Seawaves speel, in die Superreeks vir Swys de Bruin se span beskikbaar wees. Daarna kan hy soos Mostert sy loopbaan by ’n Engelse klubspan voortsit met Harlequins wat hoop om die 26-jarige slot te kontrakteer.

Lewies se vertrek is ’n slag vir die Haaie, maar Ruan Botha het hom die afgelope tyd as die Durbaniete se eerstekeuse-vyfslot gevestig.

Die Haaie het ook die Bulle se Ruben van Heerden gekontrakteer.

In Johannesburg kan Lewies met ’n tikkie geluk reguit in die beginspan instap.

Hy en nog ’n Springbok, Marvin Orie, kan selfs met tye die slotpaar vorm.

Andries Ferreira, nog ’n sterk aanspraakmaker op ’n plek in die beginspan én ’n jarelange staatmaker vir die Leeus, sal eers binne die volgende week of twee mediese toetse moet slaag voordat hy sy kontrak met die Leeus verleng. Hy en die Leeus praat wel al oor ’n moontlike verlenging.

’n Groot bekommernis vir die Leeus is dat nog een van hul slotte, Lourens Erasmus, sy enkel gebreek het. Onsekerheid bestaan of hy vir die Superreeks beskikbaar is.

’n Speler soos die 22-jarige Rhyno Herbst bied die Leeus wel diepte op slot.



Replies:
Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 02-Dec-2018 at 6:55pm
Ek voel dis goeie nuus. Met die regte afrigting en dissipline gaan n goeie aanwins wees. Ek sukkel maar om baie vertroue in Orie te kry...


Posted By: Zibbie
Date Posted: 02-Dec-2018 at 9:29pm
dit beantwoord die vraag oor andries Ferreira


Posted By: Leeubok
Date Posted: 03-Dec-2018 at 7:24am
Eish! Behalwe vir Marx lyk ons vaste 5 maar lig in die broek. So ek dink ook hierdie is n goeie aanwins


Posted By: Lion4ever
Date Posted: 03-Dec-2018 at 10:06am
Good news, especially in the light of the uncertainty around Ferreira and Erasmus' injury. Herbst is a good upcoming youngster. I think we need to build some depth from the junior ranks here.


Posted By: valie
Date Posted: 03-Dec-2018 at 11:10am
Goeie nuus. Net jammer oor Makou wat sy enkel gebreek het.


Posted By: LeeuRugby
Date Posted: 04-Dec-2018 at 8:32am
Hulle moes daai Roets slot gevat het. maar nou ja


Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 04-Dec-2018 at 8:52am
Kwota vrye, minder geweldadige misdaad, dollar gebasseerde joef leeek vrye Australia teenoor Joburg? Dink nie daar was n kans nie...


Posted By: Rooibonte8
Date Posted: 05-Dec-2018 at 10:07am
Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

Kwota vrye, minder geweldadige misdaad, dollar gebasseerde joef leeek vrye Australia teenoor Joburg? Dink nie daar was n kans nie...

Ja almal kyk in geld vas, maar ons weet dat die media nie die volle waarheid sal vertel ivm. spelers se besluite om hulle en hulle families hier weg te kry nie 


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 05-Dec-2018 at 4:00pm
Ek weet nie van rugby daar speel nie, maar bly is oraait ;)



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net