Print Page | Close Window

Force met 7 uit SA herleef in nuwe Wêreldreeks

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Club Rugby
Forum Description: Club Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=5451
Printed Date: 12-Nov-2018 at 10:13pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Force met 7 uit SA herleef in nuwe Wêreldreeks
Posted By: Transvaal
Subject: Force met 7 uit SA herleef in nuwe Wêreldreeks
Date Posted: 07-Mar-2018 at 5:46am
https://maroelamedia.co.za/sportnuus/rugby/force-met-7-uit-sa-herleef-in-nuwe-wereldreeks/%20" rel="nofollow - https://maroelamedia.co.za/sportnuus/rugby/force-met-7-uit-sa-herleef-in-nuwe-wereldreeks/

Die Western Force-redder Andrew Forrest het Dinsdag sy nuwe Wêreldreeks-rugby (WSR) in Perth aangekondig saam met ʼn herleefde Force-groep wat sewe spelers met SA bande bevat.

Vanjaar se reeks van sewe wedstryde tussen Mei en Augustus sluit benewens botsings teen spanne uit Fidji, Tonga, Samoa en Hongkong ook kragmetings met twee Superrugbyspanne, die Crusaders en die Rebels, in. Die sewende wedstryd moet nog bepaal word.

Die Crusaders is die huidige Superrugby-kampioen – maar ʼn mens kan maar aanvaar hy sal nie sy groot kanonne in die stryd werp nie – en die Rebels het in teenstelling met die Force die Superreeksvalbyl vrygespring.

Dit dien as ʼn proeflopie voor die WSR aanstaande jaar – onderhewig aan die Australiese Rugbyunie (ARU) se goedkeuring – in alle erns afskop.

Die Wallaby-legende Michael Lynagh (72 toetse van 1984 tot 1995) tree as raadgewer vir die reeks op, wat glo onder meer oorweeg om met ʼn tienpuntdrie proefnemings te doen.

Twee oud-Springbokke, Jaque Fourie (72 toetse van 2003 tot 2013) en Peter Grant (vyf toetse van 2007 tot 2008) is in die groep ingesluit, en Fourie sal in die eerste plek as hulpafrigter optree.

Ander spelers met Suid-Afrikaanse bande is Marcel Brache (ʼn Amerikaanse toetsspeler wat vir die Stormers gespeel het), Chris Heiberg (ʼn gewese stut van die Stormers en die Kings), Brynard Stander (Curriebekerrugby vir die Sharks), Ryan Louwrens (Valke o.19) en Chris Alcock (in Durban gebore).

Behalwe Fourie het almal Superrugby vir die Force gespeel.

Die Force sal ná afloop van die reeks Perth Spirit as Wes-Australië se verteenwoordiger in die Australiese Provinsiale Kampioenskap (APC) vervang.

Die WSR sou vroeër as die Indo-Stille Oseaan-rugbykampioenskap (IPRC) bekend gestaan het.




Replies:
Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 07-Mar-2018 at 8:19am
Dis maar amper dieselfde wat ons gedoen het toe ons uitgegooi was

-------------
Once a Lion always a lion



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net