Match 10 - Bulls vs Lions
Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: United Rugby Championship
Forum Description: United Rugby Championship
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=12212
Printed Date: 14-Mar-2026 at 7:21pm Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com
Topic: Match 10 - Bulls vs Lions
Posted By: Transvaal
Subject: Match 10 - Bulls vs Lions
Date Posted: 17-Feb-2025 at 8:44am
|
Saterdag 22 Februarie 2025 op Loftus, afskop 14:00
Referee: Aimee Barrett-Theron (SARU,
9th league game) AR 1: Morne Ferreira (SARU) AR 2: Sean Muller (SARU) TMO: Egon Seconds (SARU)
Bulle:
Leeus: 15. Quan Horn, 14. Richard Kriel, 13. Henco van Wyk, 12. Marius Louw, 11. Edwill van der Merwe, 10. Gianni Lombard, 9. Morne van den Berg, 8. Francke Horn (c), 7. Ruan Venter, 6. Jarod Cairns, 5. Darrien Landsberg, 4. Etienne Oosthuizen, 3. Asenathi Ntlabakanye, 2. PJ Botha, 1. Juan Schoeman. Replacements: 16. Jaco Visagie, 17. Morgan Naude, 18. Conraad van Vuuren, 19. Ruan Delport, 20. Sibabalo Qoma, 21. Renzo du Plessis, 22. Nico Steyn, 23. Manuel Rass.
|
Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Feb-2025 at 9:41am
|
Die Leeus media persoon en ek het gesels oor 'n inisiatief wat hy wil begin, waar die ondersteuners die Leeus se wegwedstryde saam by 'n plek kyk. Ons gaan dit probeer vir hierdie wedstryd, as enige van julle belang stel, ons gaan bymekaarkom by spoorloos in Boksburg. Laat my egster weet as jy gaan kom saam kyk, want daar is MIN plek beskikbaar, so moenie net opdaag nie. Ek het 'n tafel vir 15 mense bespreek
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 17-Feb-2025 at 12:11pm
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Feb-2025 at 12:22pm
|
altyd iemand wat slimmer as die res is. Dis 'n oefenlopie vir ons weg wedstryde. Nie al ons weg wedstryde is so naby as Loftus nie
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Feb-2025 at 12:04pm
|
So is daar geen belangstelling van die forum nie? Gebruik ons nog die forum of moet ek dit maar toemaak?
|
Posted By: Blou
Date Posted: 18-Feb-2025 at 12:31pm
Transvaal wrote:
So is daar geen belangstelling van die forum nie? Gebruik ons nog die forum of moet ek dit maar toemaak? |
Alhoewel ek nie meer so aktief is nie, lees ek wel nog nou en dan hier.
Bietjie ver vir my om te kom.
|
Posted By: Blou
Date Posted: 18-Feb-2025 at 12:32pm
Wat is die "verkeer" hier oor die algemeen?
Wanneer het die gepeak? 2010ish?
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Feb-2025 at 12:41pm
|
Aimee Barrett-Theron aangewys as skeidsregter vir Saterdag se wedstryd
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Feb-2025 at 12:43pm
Blou wrote:
Wat is die "verkeer" hier oor die algemeen?
Wanneer het die gepeak? 2010ish? |
Ek is nie regtig seker nie, maar dit voel baie stiller as voorheen. Ek pos maar nog steeds op Twitter, Facebook en Whatsapp en die besigste kanaal is seker die whatsapp groep
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Feb-2025 at 6:04pm
|
Chatting to Barend Pieterse and Asenathi Ntlabakanye ahead of URC match vs Bulls https://youtu.be/WYJ_BESjGMc%20" rel="nofollow - https://youtu.be/WYJ_BESjGMc
|
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 19-Feb-2025 at 7:40am
As dit jou net geld en moeite kos, maak toe.
------------- Up the Vaal!
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 19-Feb-2025 at 8:10am
|
Die forum is stiller, ons weet ook dat as ons wen dat daar meer belangstelling is. Ek geniet nog om hier te plaas en te lees wat aangaan.
|
Posted By: emiel1
Date Posted: 19-Feb-2025 at 1:46pm
|
Stem, ek dink die groepie wat hier menings plaas gee interresante insigte sonder om emosioneel en persoonlik te wees soos in sosiale media, maar soos AK hier bo se, as dit jou te veel tyd en geld kos, verstaan ons as jy toe maak.
Rakende naweek se wedstryd, dink ek nie die Bulle gaan ons nie die kanse gee wat ons die afgelope naweek gekry het nie. Ons pak sal (veral in die weer) hul kant moet bring en on skopwerk sal skerp moet wees.
|
Posted By: monster
Date Posted: 19-Feb-2025 at 6:08pm
|
Ek lees nog baie op die forum en dit is die eerste plek waar ek kyk vir nuus oor die Leeus .… Het dit nog altyd waardeer as ek iets wil uitvind , het Transvaal die inligting
Yes dit is maar baie still die laaste tyd
Waar is daai WP oomie vd Kaap ens
|
Posted By: WitBoer
Date Posted: 20-Feb-2025 at 4:29pm
|
Dagse julle. Soos meeste hier bo gese het, ek volg nog wat gese word op die forum, maar neem nie regtig meer deel nie. Seker maar omdat ek nie heeltemal inkoop met die Leeus se bestuur se besluite, veral mbt die hoofafrigter nie. So ja, ek kyk nog rugby en ja, ek ondersteun nog die Leeus, maar ek (soos die bestuur by die leeus) gee nie meer regtig om of ons wen of verloor nie. (Maar dit is altyd lekker as ons die Stormers wen.... Nou dat ek daaraan dink.... Dit is altyd lekker as die Stormers teen enige span verloor....)
------------- "Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Feb-2025 at 11:06am
|
Span opgedateer in die eerste pos, net een verandering, Cairns op 6 in JC se plek. Neem aan dis vir ekstra krag in die pak. Op die bank 4 veranderings, die 2 stutte en Qoma en Renzo. Sien nogal uit om Qoma weer te sien, hy het die oog gevang voor hy beseer is
|
Posted By: emiel1
Date Posted: 21-Feb-2025 at 1:13pm
|
Dink d's die beste kaans die seisoen dat ons een van die top spanne kan klop (iets wat ons die afgelope paar jaar een of selfs twee keer per seisoen kon doen, en nee, Stormers kwalifiseer tans nie as 'n top span nie). Ons sal ook moet begin bonus punte optel, iets wat ons die seisoen nie kon doen nie, selfs teen spanne soos Dragons en Zebre nie.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Feb-2025 at 2:04pm
|
Vodacom Bulls: Devon Williams, Sebastian de Klerk, Stedman Gans, David
Kriel, Canan Moodie, Willie le Roux, Embrose Papier, Gerhard Steenekamp, Johan
Grobbelaar, Wilco Louw, Cobus Wiese, JF van Heerden, Marco van Staden, Reinhardt
Ludwig (CAPT), Celimpilo Gumede Replacements: Jan-hendrik Wessels, Alulutho Tshakweni, Francois
Klopper, Ruan Vermaak, Nizaam Carr, Zak Burger, Keagan Johannes, Sergeal
Petersen
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 21-Feb-2025 at 6:42pm
|
Darem het Rassie vir Renzo gekies.. verstaan nie hoe hulle hom nie gebruik het nie. Klink weer soos ‘n Marnus Schoeman storie..
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Feb-2025 at 10:35am
|
Ek het iemand hoor se hy het 'n verskriklike houding probleem. In 'n span opset is dit seker problematies
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 22-Feb-2025 at 2:18pm
|
Niks teen Aimee nie, maar 2 foute en die Bulle gaan score. Die steel op die 22 waar niemand release het nie en die skrum waar die Bulle eerste gepop het.
|
Posted By: gertjie0000
Date Posted: 22-Feb-2025 at 3:38pm
|
Pabzor ek stem sy is verseker bietjie bias na die bulls toe sy mis paar goed
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 22-Feb-2025 at 3:40pm
|
En weer, Wilco Louw is wêreldklas as sy blaas.
|
Posted By: gertjie0000
Date Posted: 22-Feb-2025 at 4:06pm
|
Lekker hulle hakker le op sy maag en steel die bal dan blaas sy van den Berg omdat hy nie op sy voete is nie sy us verseker pateties
|
Posted By: gertjie0000
Date Posted: 22-Feb-2025 at 4:10pm
|
Ek is trots op ons manne hulle het al die speel werk gedoen maar jy kan nie wen as die ref alle 50 50 calls vir die bulls gee nie
|
Posted By: emiel1
Date Posted: 22-Feb-2025 at 6:31pm
|
Frustrerende wedstryd om te kyk met al die foute (veral deur Leeus). Gedink dat hierdie een van die swakker Bul spanne teen wie ons die afgelope tyd gespeel het, maar hulle was meer klinies en Marco van Staden (ek was nooit 'n groot fan) het ons laat bene kou me opmkeerbesit. Hoop dat JP en Henco gou gereed is, want tans kort ons 'n paar invloedryke spelbrekers.
|
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 23-Feb-2025 at 12:42pm
|
Sy was swak, maar het min verskil aan die uitslag gemaak. Baie van ons spelers lyk of hul nie wil speel nie, of erger, asof hul nog nooit rugby gespeel het nie. Soveel sinnelose foute. Paar spelers probeer regtig hul gatte af terwyl ander net rondhang.
Ons sit met al die probleme: swak bestuur, swak afrigting, underperforming spelers, min toeskouers en nou moet ons ñ nuwe hoofborg kry.
------------- Up the Vaal!
|
Posted By: Red_Machine
Date Posted: 23-Feb-2025 at 7:22pm
|
Barret-Theron is a disgrace to the game. She is almost as kak as Egon Seconds
|
Posted By: gertjie0000
Date Posted: 23-Feb-2025 at 8:23pm
|
Stem saam jou Red Machine sy was vir my ook baie swak gewees ek het by een ruck gesien hoe le van stedan op die spelers en steel die bal toe straf sy vir Van den Berg omdat hy nie op sy voete bly nie en die bulls het twee warnings gekry toe Willie le Roux ons acrummie uitgehaal het wat sinicle in my oe was so hy moes n geel gekry het dink ek
|
|