Print Page | Close Window

Match 15 - Lions vs Glasgow Warriors

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: United Rugby Championship
Forum Description: United Rugby Championship
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=11683
Printed Date: 21-May-2024 at 1:10pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Match 15 - Lions vs Glasgow Warriors
Posted By: Transvaal
Subject: Match 15 - Lions vs Glasgow Warriors
Date Posted: 20-Feb-2023 at 10:33am
Saturday 25 February 2023 at Ellis Park, kickoff at 16:10

Referee: Adam Jones (WRU, 38th league game)
AR 1: AJ Jacobs (SARU) 
AR 2: Stephan Geldenhuys (SARU)
TMO: Ian Davies (WRU)

Lions: 15. Quan Horn, 14. Rabz Maxwane, 13. Manuel Rass, 12. Marius Louw (c), 11. Edwill van der Merwe, 10. Gianni Lombard, 9. Sanele Nohamba, 8. Francke Horn, 7. Emmanuel Tshituka, 6. Jaco Kriel, 5. Ruben Schoeman, 4. Ruan Venter, 3. Asenathi Ntlabakanye, 2. PJ Botha, 1. JP Smith.
Replacements: 16. Morne Brandon, 17. Rhynardt Rijnsburger, 18. Ruan Dreyer, 19. Ruan Delport, 20. Ruhan Straeuli, 21. Morne van den Berg, 22. Rynhardt Jonker, 23. Andries Coetzee.

Glasgow Warriors: 15. Josh McKay, 14. Cole Forbes, 13. Stafford McDowall (c), 12. Sam Johnson, 11. Eli Caven, 10. Tom Jordan, 9. Jamie Dobie, 8. Sione Vailanu, 7. Rory Darge, 6. Ally Miller, 5. Scott Cummings, 4. Lewis Bean, 3. Lucio Sordoni, 2. Johnny Matthews, 1. Nathan McBeth.       
Replacements: 16. Angus Fraser, 17. Allan Dell, 18. Simon Berghan, 19. JP du Preez, 20. Euan Ferrie, 21. Thomas Gordon, 22. Sean Kennedy, 23. Duncan Weir



Replies:
Posted By: monster
Date Posted: 20-Feb-2023 at 10:48am
Glasgow speel fantastiese rugby onder Franco Smith …. Ons kan seker weer n lekker pak slae verwag


Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Feb-2023 at 11:15am
Hulle is tans 4rde op die log, so doen baie goed, hulle gaan net sonder hulle internasionale spelers hierheen kom, maar teen die Sharks het ons gewys dat dit ons nie eintlik help nie


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 20-Feb-2023 at 12:57pm
if we had have played them when we were supposed to then I think we would've beaten them, but now I expect them to roll over us like a tsunami 


Posted By: monster
Date Posted: 20-Feb-2023 at 1:02pm
Kan Kevin de Klerk nie weer terug kom en n paar ouens neuk nie


Posted By: TunaLion
Date Posted: 20-Feb-2023 at 9:43pm
Ek is jammer om te sê, maar ek hoop ons kry n pakslae. Hopelik 50+.

As ons genoeg skandes maak, gaan die druk op die bestuur (hopelik) begin deurdring en veranderings sal dan hopelik begin plaasvind.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Leeubok
Date Posted: 21-Feb-2023 at 1:43pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Ek is jammer om te sê, maar ek hoop ons kry n pakslae. Hopelik 50+.

As ons genoeg skandes maak, gaan die druk op die bestuur (hopelik) begin deurdring en veranderings sal dan hopelik begin plaasvind.


Ek stem saam hiermee. Elke wen koop Cash net meer tyd. Top bestuur dink dan seker ah, uiteindelik is ons nou op die wenpad, nou gaan die span click. 5 verlore later, nes hul gatvol raak, kry ons weer 'n wen. En so gaan dit aan en aan...


Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Feb-2023 at 3:28pm
Adam Jones van Wallis aangewys as skeidsregter, dis sy 38ste URC wedstryd


Posted By: Transvaal
Date Posted: 23-Feb-2023 at 4:05pm
Die span sou vandag 12:30 aangekondig word, maar dis uitgestel na more, lyk asof die dinge in die pers besig is om die Leeus te affekteer


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 23-Feb-2023 at 8:09pm
Wel nou weet ons hoekom Ruben nie op toer was nie.. ek hoop alles rafel nou uit dat ons volgende seisoen skoon kan begin.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 23-Feb-2023 at 8:37pm
vertel?


Posted By: TunaLion
Date Posted: 23-Feb-2023 at 9:36pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Wel nou weet ons hoekom Ruben nie op toer was nie.. ek hoop alles rafel nou uit dat ons volgende seisoen skoon kan begin.


Goed gesê!


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 24-Feb-2023 at 11:18am
Span opgedateer in eerste pos


Posted By: monster
Date Posted: 24-Feb-2023 at 11:41am
Ek dink met die dat hulle nie meer vir Sthi kies nie is dit seker maar n uitgemaakte saak dat hy Kaap toe gaan


Posted By: Transvaal
Date Posted: 24-Feb-2023 at 11:43am
Ons het nou 4 Ruan/Ruhans in die wedstryd 23


Posted By: Transvaal
Date Posted: 24-Feb-2023 at 11:47am
Originally posted by monster monster wrote:

Ek dink met die dat hulle nie meer vir Sthi kies nie is dit seker maar n uitgemaakte saak dat hy Kaap toe gaan

Sti was nog altyd goed vir ons, veral in die skrums, maar JP Smith is next level en verdien om bo Sti gekies te word. Rijnsburger op die bank is 'n nuweling so dalk vreemd dat hy bo Sti gekies word


Posted By: Transvaal
Date Posted: 24-Feb-2023 at 11:53am
Lions Team Announcement for URC match vs Glasgow Warriors
https://youtu.be/4t67WrvzVw4" rel="nofollow - https://youtu.be/4t67WrvzVw4


Posted By: Transvaal
Date Posted: 24-Feb-2023 at 12:17pm
Ruan en Julian bly se Glasgow is 'n goeie span want hulle is 5de op die log, maar hulle is eintlik 4rde.


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 24-Feb-2023 at 12:23pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

vertel?

Daar was mos genoem dat daar spelers was wat nuwe jaar by familie gaan kuier het, wat toe nie gekies was vir die toer nie… neem aan dit is Ruben. 


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 24-Feb-2023 at 12:25pm
Bly Francke is terug. 

Kom ons speel net beter, speel vir die ou langs jou. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 24-Feb-2023 at 2:13pm
Nog steeds 'n paar swak plekke in die span, Bosch het baie spasie agter ons agterste 3 gevind met sy skoppe, ek was verstom dat die afrigter halftyd die skopper moet reghelp met sy skop tegniek, Francke Horn gaan waarskynlik verroes wees na hy lank af was, dalk beter om hom eers op die bank te gekies het. Die haker het goed in die eerste helfte gespeel, behalwe vir die belaglike atrafskop wat hy in die laaste sekondes afgestaan het. amper asof hy maar partykeer sukkel met dissipline .

Op die bank kry Morne Brandon 'n kans na hy blykbaar laas week goed vir die curriebeker span vertoon het, maar daar is ten minste nog 1 agterspeler daar wat nog glad nie goed vir ons vertoon het met die kanse wat hy gekry het nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 24-Feb-2023 at 2:18pm
Nog iets wat my krap, Quan Horn se lynskoppe, hy is links, en dan as ons na die linkerkant van die veld skop behoort hy nie te skop nie, daai skoppe behoort deur 'n skopper wat regs skop geneem te word


Posted By: Transvaal
Date Posted: 24-Feb-2023 at 3:24pm

Glasgow Warriors: Josh McKay, Cole Forbes, Stafford McDowall (CAPT), Sam Johnson, Eli Caven, Tom Jordan, Jamie Dobie, Nathan McBeth, Johnny Matthews, Lucio Sordoni, Lewis Bean, Scott Cummings, Ally Miller, Rory Darge, Sione Vailanu

Replacements: Angus Fraser, Allan Dell, Simon Berghan, JP du Preez, Euan Ferrie, Thomas Gordon, Sean Kennedy, Duncan Weir



Posted By: Transvaal
Date Posted: 24-Feb-2023 at 3:25pm
so 2 ex-leeu spelers teen ons Saterdag


Posted By: emiel1
Date Posted: 24-Feb-2023 at 10:11pm
Kon (gelukkig) slegs die eerste helfde van die wedstryd verlede week gesien het. Die pak het in daardie eerste helfde nogal goed geskrum en goeie voorvoet bal bewerkstellig, maar behalwe vir 'n stukkie mooi tussenspel tussen Krappies en Louw kon die agterlyn niks daarmee uitrig nie.

Dit is dus vreemd dat omtrent al die veranderings in die span voorlangs gemaak is terwyl die vrot appels agterlangs vir swak prestasie beloon is.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 3:56pm
Dis 30 grade hier op die park...ek neem aan Glasgow gaan nie gewoond wees daaraan nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 4:16pm
#URC - #Lions 0 vs #GlasgowWarriors 0 - Afskop!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 4:25pm
#URC - #Lions 0 vs #GlasgowWarriors 5 - 7m - Drie Eli Caven


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 4:26pm
#URC - #Lions 0 vs #GlasgowWarriors 7 - 8m - DOELSKOP Tom Jordan


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 4:39pm
Straeuli op vir Jaco Kriel


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 4:41pm
#URC - #Lions 5 vs #GlasgowWarriors 7 - 21m - DRIE Sanele Nohamba


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 4:42pm
#URC - #Lions 7 vs #GlasgowWarriors 7 - 22m - DOELSKOP Gianni Lombard


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 4:44pm
#URC - #Lions 12 vs #GlasgowWarriors 7 - 24m - DRIE Francke Horn


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 4:45pm
#URC - #Lions 14 vs #GlasgowWarriors 7 - 25m - DOELSKOP Gianni Lombard


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Feb-2023 at 4:50pm
Nohamba maak 'n massiewe verskil aan ons agterlyn....


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 4:51pm
#URC - #Lions 19 vs #GlasgowWarriors 7 - 30m - DRIE Manuel Rass


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Feb-2023 at 4:53pm
Dit was goed gedoen van Rass, al is ek glad nie 'n fan van hom nie...


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 4:57pm
#URC - #Lions 24 vs #GlasgowWarriors 7 - 36m - DRIE Edwill van der Merwe


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 4:59pm
#URC - #Lions 24 vs #GlasgowWarriors 12 - 38m - DRIE Cole Forbes


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:00pm
#URC - #Lions 24 vs #GlasgowWarriors 14 - 39m - DOELSKOP Tom Jordan


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:01pm
#URC - #Lions 27 vs #GlasgowWarriors 14 - 40m - STRAFSKOP Gianni Lombard


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:03pm
ook die rustyd telling


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:04pm
Shoe wat n skok eerste helfte nie verwag ons gaan hulle hou nie kom ons kyk maar of hulle dit die tweede helfte kan volhou


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:16pm
Ons collapse gewoonlik in die 2de helfte van ons games...


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:24pm
Paar regte stupid penalties wat ons begin weggee... pretty much on par met hoe ons gewoonlik speel in die 2de helfte van games...


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:26pm
Swak dissipline van ons in die eerste 10 minute van die 2de helfte


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:26pm
Lol.....

-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:27pm
Dit is deja vu.... mens sou amper kon sê ons het nie afrigting wat sou werk op sulke patrone.... wonder hoekom ek so voel?


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:29pm
Gelukkig niks gekos nie


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:29pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Gelukkig niks gekos nie


Gelukkig, maar dit is steeds skokkend dat ons vir die 7de/8ste keer hierdie seisoen 'n tweede helfte so begin


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:30pm
Nohamba is vrek goed, intercept, briljante lynskoppe, ens ens


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:31pm
#URC - #Lions 32 vs #GlasgowWarriors 14 - 52m - DRIE Ruan Venter


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:35pm
#URC - #Lions 32 vs #GlasgowWarriors 19 - 56m - DRIE Tom Jordan


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:37pm
Leeus nou met 13 man op die veld, 2 geel kaarte


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:37pm
okay Edwill terug so 14


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:40pm
Paar subs deur die Leeus, Dreyer en Rijnsburger op


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:40pm
En delport


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:40pm
2de strafskop wat Strauli jnr weggee, saam met aanslaan. Geen positiewe inset wat ek dusver van hom kon sien. Wonder hoekom die ander spelers wonder of hy op die vlak hoort???


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:42pm
#URC - #Lions 32 vs #GlasgowWarriors 24 - 62m - DRIE Thomas Gordon


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:42pm
Eish, soos ek sê, deja vu....


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:49pm
Rooi kaart vir Ruan Dreyer


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:52pm
Sjo wat 'n tackle deur Rabz


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:52pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Rooi kaart vir Ruan Dreyer
 

Baie swak deur Dreyer. Absoluut geen rede vir hom om eers in te gaan daar nie. Dit was so stupid dis amper asof hy vooraf besluit het hy soek ñ rooikaart. MatchfixingLOLTongueWink


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:53pm
Jonker op vir Rass


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:54pm
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Rooi kaart vir Ruan Dreyer
 

Baie swak deur Dreyer. Absoluut geen rede vir hom om eers in te gaan daar nie. Dit was so stupid dis amper asof hy vooraf besluit het hy soek ñ rooikaart. MatchfixingLOLTongueWink


Amper asof hulle geen afrigting kry en ook nie bestuur het wat hulle straf as hulle sulke snert aanjaag nie...


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 5:56pm
Nohamba en Straeuli af, Asenathi terug vir Dreyer se Rooi en Krappie op


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 6:01pm
#URC - #Lions 35 vs #GlasgowWarriors 24 - 75m - STRAFSKOP Gianni Lombard


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Feb-2023 at 6:01pm
Daar is paar spelers wat ons in die game hou.... Edwill en Francke was skitterend vandag.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 6:01pm
Boeboes is op


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 6:02pm
Kan ons die fast forward knoppie druk dat die tyd verbygaan?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 6:02pm
En Morne Brandon so die hele bank is op


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Feb-2023 at 6:04pm
Die sad ding is dat ons so sukkel teen spanne se 2de span. Laas week het die Sharks se tweede ons geklop en vandag is dit naelbyt teen Glasgow se tweedes.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 6:08pm
Leeus wen 35-24 maar ons het almal 100 jaar ouer geword in die laaste 20 minute of so


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 25-Feb-2023 at 6:13pm
Skok maar n wen Francke en Nahamba was baie goed gewees


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 25-Feb-2023 at 6:16pm
Puik!

Ons het die span wat 4de is gewen met ñ bonuspunt!


-------------
Up the Vaal!


Posted By: valie
Date Posted: 25-Feb-2023 at 6:29pm
Originally posted by gertjie0000 gertjie0000 wrote:

Skok maar n wen Francke en Nahamba was baie goed gewees
Ek is nie n Ras fan nie, maar ek moet se hy was ook imo n contender vir MOTM


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 8:47pm
URC - Lions vs Glasgow Warriors - Postmatch with Warriors coach Franco Smith
https://youtu.be/MgtwXWiNvVY" rel="nofollow - https://youtu.be/MgtwXWiNvVY


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2023 at 8:48pm
URC - Lions vs Glasgow Warriors - Postmatch with Lions Coach Ivan van Rooyen and Captain Marius Louw
https://youtu.be/vBovN2FMysU%20" rel="nofollow - https://youtu.be/vBovN2FMysU


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 25-Feb-2023 at 9:26pm
Valie het al vergeet van hom hy my ook baie beindruk was baie committed gewees het paar keer vol spoed in twee voorspelers ingehardloop en veld gewen, en Coetsee hrt vir my baie kalmte gebring toe uy opgekom en en Rabs het daai ou lekker geloop net voor ons doellyn


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Feb-2023 at 10:26pm
Ons moet dit in perspektief plaas, hulle is sonder al hul voorste spelers en speel weg van tuis op die hoëveld in die somer, terwyl hulle nog gewoond is aan winter in Skotland.

Ek is bly vir die wen, maar dit was scrappy en teen hul 2de bestes. Ons disiplinne in die tweede helfte was 'n probleem vir seker die 7de/8ste keer die seisoen.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: valie
Date Posted: 26-Feb-2023 at 9:00am
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Ons moet dit in perspektief plaas, hulle is sonder al hul voorste spelers en speel weg van tuis op die hoëveld in die somer, terwyl hulle nog gewoond is aan winter in Skotland.

Ek is bly vir die wen, maar dit was scrappy en teen hul 2de bestes. Ons disiplinne in die tweede helfte was 'n probleem vir seker die 7de/8ste keer die seisoen.
Stem. Dit was nie hulle beste span nie, maar ek is bly vir die wen. Confidence is een groot ding wat ons gekort het. Mens kon duidelik sien na daai drie van Francke, hoe die span se body language verander.


Posted By: TunaLion
Date Posted: 26-Feb-2023 at 2:26pm
Ek is bly jy noem dit, ekt seker nog nooit 'n rugby speler so laag op confidence gesien soos Gianni Lombaard gister voor sy eerste strafskop pale toe nie. Die hele span is super laag op confidence, hoop hierdie wen help die spelers darem in daai opsig.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 27-Feb-2023 at 8:19am
I don't want to go on about this every week, but how is PJ Botha a professional rugby player???????????


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Mar-2023 at 4:40pm
LionsWorld se fotos van die wedstryd
https://www.facebook.com/media/set/?vanity=100059272279785&set=a.699096262076110" rel="nofollow - https://www.facebook.com/media/set/?vanity=100059272279785&set=a.699096262076110



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net