Match 1 - Lions vs Bulls
Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: United Rugby Championship
Forum Description: United Rugby Championship
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=11531
Printed Date: 15-Mar-2026 at 1:33am Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com
Topic: Match 1 - Lions vs Bulls
Posted By: Transvaal
Subject: Match 1 - Lions vs Bulls
Date Posted: 12-Sep-2022 at 1:37pm
|
Saterdag 17 September 2022 op Ellispark, afskop 16:05
Referee: AJ Jacobs AR1: Cwengile Jadezweni AR2: Griffin Colby TMO: Marius van der Westhuizen
Leeus: 15. Andries Coetzee, 14. Edwill van der Merwe, 13. Henco van Wyk, 12. Marius Louw, 11. Quan Horn, 10. Jordan Hendrikse, 9. Morne van der Berg, 8. Francke Horn, 7. Ruhan Straeuli, 6. Sibusiso Sangweni, 5. Reinhard Nothnagel (c), 4. Ruan Venter, 3. Ruan Dreyer, 2. PJ Botha, 1. Sti Sithole. Replacements: 16. Jaco Visagie, 17. JP Smith, 18. Ruan Smith, 19. Pieter Jansen van Vuuren, 20. Emmanuel Tshituka, 21. Sanele Nohamba, 22. Gianni Lombard, 23. Zander du Plessis.
Bulle: 15. Wandisile Simelane, 14. Cornal Hendricks, 13. Lionel Mapoe, 12. David Kriel, 11. S’bu Nkosi, 10. Chris Smith, 9. Embrose Papier; 8. Mihlali Mosi, 7. Ruan Vermaak, 6. Marcell Coetzee (Capt), 5. Ruan Nortje, 4. Walt Steenkamp, 3. Mornay Smith, 2. Johan Grobbelaar, 1. Gerhard Steenekamp. Replacements: 16. Jan-Hendrik Wessels, 17. Dylan Smith, 18. Francois Klopper, 19. Janko Swanepoel, 20. Marco van Staden; 21. Zak Burger, 22. Morne Steyn, 23. Stedman Gans.
|
Replies:
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 13-Sep-2022 at 9:45am
|
Hoop ons gee hulle darem 'n "go" die keer ... Laaste paar wedstryde teen hulle was ons glad nie in die prentjie nie... in beide URC en Curriebeker.
|
Posted By: monster
Date Posted: 13-Sep-2022 at 10:10am
|
Jip n nuwe seisoen kom ons hoop maar vir die beste.
Ek kon die oefen wedstryd teen die Sharks kyk ek het voor die wedstryd gaan geld trek en by die teller was JP Smith besig om geld te trek. Uit sy eie uit begin hy met my praat. Ek moet sê watte aangename persoonlikheid, hy het sy toon gebreuk en kon nie speel nie maar hy behoort komende saterdag reg te wees.
Twee dinge wat ek opgemerk het , in sy oë kon ek sien hy brand om te speel en is baie teleurgestel hy is beseer (al is dit net n oefen game) en verder moet ek sê hy lyk in fantastiese kondisie, atleties gebou, as ek nie geweet het nie sou ek nooit kon raai hy is n stut nie. Dit is nogal snaak dat dinge op TV tog so biedtjie anders lyk.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Sep-2022 at 10:11am
|
hy was verseker een van ons beter kopies, ek geniet sy spel baie
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 13-Sep-2022 at 2:43pm
|
Ook een van my favourites
|
Posted By: valie
Date Posted: 13-Sep-2022 at 3:30pm
Transvaal wrote:
hy was verseker een van ons beter kopies, ek geniet sy spel baie | Stem, en lyk my hy en sy broer is nogal 2 karakters. Somtyds is dit net wat jy nodig het om die beste uit die jong outjies te haal.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Sep-2022 at 10:46am
|
wedstrydbeamptes opgedateer
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 14-Sep-2022 at 12:09pm
|
Ons gaan seker nie voor Vrydag weet wie in die span is nie?
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Sep-2022 at 12:17pm
|
Seker Donderdag of Vrydag
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Sep-2022 at 12:43pm
|
Nou net whatsapp gekry dat ons die span Donderdag 9 uur kry
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 14-Sep-2022 at 4:18pm
|
Hulle het seker hier kom lees.. :)
|
Posted By: Red_Machine
Date Posted: 14-Sep-2022 at 5:44pm
Transvaal wrote:
wedstrydbeamptes opgedateer | ons het die "bottom of the barrel" beamptes gekry
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 14-Sep-2022 at 6:07pm
Red_Machine wrote:
Transvaal wrote:
wedstrydbeamptes opgedateer | ons het die "bottom of the barrel" beamptes gekry |
AJ is nie te bad nie. Vat hom bo ons ander narre. Sien nou eers die hofnar is die TMO, phok.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Sep-2022 at 9:05am
|
span nou eers 10:30 aangekondig
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Sep-2022 at 10:56am
|
Span opgedateer in eerste pos
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 15-Sep-2022 at 11:31am
|
Nie 'n sleg span op papier nie. Kom ons kyk maar hoe gaan dit
|
Posted By: Chris
Date Posted: 15-Sep-2022 at 12:13pm
|
Wil julle vir my se Kriel is al klaar weer beseer?
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Sep-2022 at 1:23pm
|
Iemand op twitter se sy knie is erg gestrap. Moet iets nuuts wees want hy het sy arm in die eerste URC seisoen beseer, ek onthou dit goed, iemand het hom by 'n ruck geclean met die kop teen sy arm en dit was die einde van sy siesoen
|
Posted By: Chris
Date Posted: 15-Sep-2022 at 1:46pm
|
Hopelik is dit nie iets ernstig nie. Voel of Kriel die laaste paar seisoene ook net heeltyd beseer is.
|
Posted By: monster
Date Posted: 15-Sep-2022 at 2:06pm
|
Die strappings om sy knie is maar dieselfe swart kous waarmee hy einde van die vorige seisoen gespeel het , lyk soos n swart kous wat die hele been bedek
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 15-Sep-2022 at 2:34pm
|
Hoe is Ruhan nou weer in die begin span? Ruben is seker nog op Honeymoon..
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Sep-2022 at 2:43pm
|
Ek het gaan kyk, net 4 spelers in die begin XV begin in dieselfde posisies as ons laaste URC wedstryd teen Benetton, dis PJ Botha, Nothnagel, vd Berg en Hendrikse
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Sep-2022 at 2:45pm
|
Van die skuiwe is egter posisioneel, soos vd Merwe (linkervleuel na regtervleuel), Quan Horn(heelagter na linkervleuel), Francke Horn ( flank na agtsteman)
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Sep-2022 at 2:48pm
|
o hel, ons laaste wedstryd was nie teen Benetton nie, sal weer moet tel
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Sep-2022 at 2:50pm
|
okay 8 is dieselfde, met 2 posisionele skuiwe. So 7 veranderings en 2 is posisioneel
|
Posted By: Red_Machine
Date Posted: 16-Sep-2022 at 9:25am
|
Ek kan nie verataan hoe PJ voor Visagie gekies word nie???? Of is dit n Mbonabi/Marx situasie waar jy jou beste op die bank los net vir ingeval
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Sep-2022 at 9:33am
|
Visagie se ingooie is beter maar Botha se algemene spel is lekker
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Sep-2022 at 9:33am
|
Ek dink daar is min te kies tussen die twee
|
Posted By: monster
Date Posted: 16-Sep-2022 at 9:46am
|
Vir my het PJ beter en beter begin speel na die einde vd seisoen aan die begin vd vorige seisoen was hy below par
Jaco is average
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Sep-2022 at 11:50am
Posted By: valie
Date Posted: 16-Sep-2022 at 11:53am
|
Dis 'n bitter goeie Bulls span daai! Hulle het n solid pak. as hulle voorlangs gaan domineer is dit nag vir ons...
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 16-Sep-2022 at 1:59pm
valie wrote:
Dis 'n bitter goeie Bulls span daai! Hulle het n solid pak. as hulle voorlangs gaan domineer is dit nag vir ons... |
Um, ja, ek trek my woorde terug van ons is 'n goeie span op papier. DAAI is 'n goeie span op papier, wat afgerig word deur 'n WC winning coach!
Dit sal 'n braaf man vat om teen 'n bulls wen te bet.
|
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 16-Sep-2022 at 9:52pm
Dit gaan net gaan oor die voordeellyn. En 'the bounce of the ball'. As ons goed verdedig gaan ons genoeg druk hul kan sit.
------------- Up the Vaal!
|
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 16-Sep-2022 at 10:07pm
Red_Machine wrote:
Ek kan nie verataan hoe PJ voor Visagie gekies word nie???? Of is dit n Mbonabi/Marx situasie waar jy jou beste op die bank los net vir ingeval |
Beide sal goed vaar in hul rolle. PJ weet natuurlik hy moet uit sy vel speel vir Bok toekoms.
------------- Up the Vaal!
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 12:10pm
|
Niemand gee ons 'n kans nie, nie eers ek nie, so kom ons hoop vir 'n groot upset
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 17-Sep-2022 at 12:50pm
Transvaal wrote:
Niemand gee ons 'n kans nie, nie eers ek nie, so kom ons hoop vir 'n groot upset |
Het my trui vir die eerste keer aan van 2019 af. Hoop maar dit help!
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 3:37pm
|
#URC - #Lions 0 vs #Bulls 0 - Afskop oor 30 minute!
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:08pm
|
#URC - #Lions 0 vs #Bulls 0 - Afskop!
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:09pm
|
Hendrikse sit na hy die up and under probeer vat het
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:09pm
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:14pm
|
#URC - #Lions 0 vs #Bulls 5 - 3m - Drie Marcell Coetzee
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:14pm
|
#URC - #Lions 0 vs #Bulls 7 - 4m - Doelskop Chris Smith
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:17pm
|
Goeie eerste skrum vir die Leeus, strafskop
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:17pm
|
#URC - #Lions 3 vs #Bulls 7 - 7m - Strafskop Jordan Hendrikse
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:19pm
|
paar goeie duikslae deur die leeus
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:29pm
|
nog 'n goeie duikslag op 8 en hy is nie meer lus vir speel nie
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:33pm
|
#URC - #Lions 3 vs #Bulls 10 - 20m - Strafskop Chris Smith
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:36pm
|
#URC - #Lions 3 vs #Bulls 15 - 22m - Drie Cornal Hendricks
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:37pm
|
bietje unlucky daar maar goeie drie vir die Bulle
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:47pm
|
goeie lynskop van Boeboes !
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:49pm
|
#URC - #Lions 8 vs #Bulls 15 - 33m - Drie Francke Horn
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:54pm
|
Strafskop van Hendrikse links verby
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:58pm
|
Skeef ingegooi op die Bulle se 5 meter lyn
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:01pm
|
15-8 halftyd. Leeus se verdediging en dringendheid op verdediging beindruk. Paar goeie mauls ook, eerste skrum was ons sin maar baie gelykop daarna. Op die aanval lyk dit maar asof hulle ons te maklik stop
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:06pm
|
Daai laaste strafskop was op Jordan se regtervoet, sou waarskynlik beter gewees het om vir die 3 punte te gaan, maar 7 punte kon dit ook gelykop maak. Moeilike een
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:08pm
|
Ons is in die ding, hoop van ons touches gaan tot hand, die paar double tackles was vreeslik lekker….. hou so aan
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:09pm
|
Ek hou van die intensiteit waarmee ons speel, kom ons hou so aan vir die volgende 40 minute en die hele seisoen asseblief
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:16pm
|
#URC - #Lions 13 vs #Bulls 15 - 43m - Drie Marius Louw
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:16pm
|
#URC - #Lions 15 vs #Bulls 15 - 44m - Doelskop Jordan Hendrikse
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:19pm
|
#URC - #Lions 15 vs #Bulls 18 - 47m - Strafskop Chris Smith
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:19pm
|
Hele nuwe voorry vir die Leeus
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:24pm
|
Bietjie dom strafskop daar afgestaan
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:29pm
|
Pieter Jansen van Vuuren op vir die Leeus op slot
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:30pm
|
Ek dink ons het die Bulle dalk effens ingesuig in 'n los spel...
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:32pm
|
Zander du Plessis ook op vir die Leeus
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:34pm
|
ons het nou 'n rits strafskoppe afgestaan
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:34pm
|
#URC - #Lions 15 vs #Bulls 21 - 59m - Strafskop Chris Smith
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:36pm
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:41pm
|
#URC - #Lions 15 vs #Bulls 24 - 65m - Strafskop Chris Smith
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:43pm
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:47pm
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:48pm
|
so ons hele bank is nou op, 10 om te gaan en ons is 9 punte agter
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:52pm
|
#URC - #Lions 15 vs #Bulls 29 - 72m - Drie Bulle
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:53pm
|
#URC - #Lions 15 vs #Bulls 31 - 72m - Doelskop Morne Steyn
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 6:02pm
Posted By: Lion1986
Date Posted: 17-Sep-2022 at 6:06pm
|
Iemand moet my tog verduidelik wat Strauli se seun in rugby soek.
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 17-Sep-2022 at 6:34pm
|
Wat kan mens nou sê.. Die Bulle reken hulle het n slegte wedstryd gehad.. ek lag maar net.. Hoe is Marcell nowhere man of the match? Blaas daai rook in hul gatte op. Ek is teleurgesteld dat ons nie gewen het nie, dit was n gulde geleentheid gewees. Die ouens was moeg na 60, hoop maar dit verbeter. Ons gaan probleme hê as Ruan Smith nie sy skrum voete vind nie.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 11:21pm
|
Lions coach Ivan van Rooyen after his team's defeat to Bulls in URC https://youtu.be/mlId9ZCzcwE%20" rel="nofollow - https://youtu.be/mlId9ZCzcwE
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 11:24pm
|
Bulls coach Jake White after his team's win over Lions in URC https://youtu.be/JrrY7qukrRA%20" rel="nofollow - https://youtu.be/JrrY7qukrRA
|
Posted By: valie
Date Posted: 18-Sep-2022 at 4:06pm
|
Ek het nounet weer die wedstryd gekyk. Paar goed wat ek opgetel het: 1. Ons mauls lyk baie goed. 2. Ons het met tye die spel mooi afgewissel. 3. Onnodige strafskoppe en hanteerfoute het ons gekos. 4. Skrums was swak in die 2de helfte. 5. Ons "physicality".was goed - ons het vir lang tye die bulle onder druk gehad omdat ons die collisions gewen het. 6. Ons verdediging was glad nie sleg nie.
Party kla oor Boeboes se spel, maar vir my was hy baie solid. As ons hard aan ons skrums werk, en ophou om onnodige foute te maak, dink ek die span kan eintlik goed raak.
|
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 18-Sep-2022 at 6:31pm
|
Leeus se siekte van die laaste paar jaar het ons weer duur gekos... Onnodige hanteerfoute en verloor balle in kontak. Help nie jy laat die hele tyd die opponente so maklik van die hoek af nie.
|
Posted By: OomPB
Date Posted: 18-Sep-2022 at 7:24pm
Lion1986 wrote:
Iemand moet my tog verduidelik wat Strauli se seun in rugby soek. |
 het ook oor daai gewonder.
|
Posted By: OomPB
Date Posted: 18-Sep-2022 at 7:27pm
|
Leeus het nou n nuwe stormram gekoop ten duurste. Sad dat n speler soos Edwill van der Merwe so vermors word.Hy moet maar terugkom huis toe.
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 18-Sep-2022 at 8:37pm
OomPB wrote:
Leeus het nou n nuwe stormram gekoop ten duurste. Sad dat n speler soos Edwill van der Merwe so vermors word.Hy moet maar terugkom huis toe. |
Hy en Quan kort baie bal, dit is rerig n issue met Boeboes terug, sal maar sien wat gebeur.
|
Posted By: Chris
Date Posted: 19-Sep-2022 at 7:19am
|
Die 2 Smith boeties het n paar onodige strafskoppe afgestaan net toe hulle opgekom het. Dit het ons goeie momentum heeltemal gestop. Mens kon sien hulle wou baie fisies wees, maar hulle was te "over eager"
|
Posted By: monster
Date Posted: 19-Sep-2022 at 7:31am
|
Swak skop werk pale toe, onodige strafskoppe (tekkel spelers sonder die bal) en swak skrum werk na die einde vd tweede helfde , het ons die game gekos
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 19-Sep-2022 at 7:55am
|
Ek kon net die 1ste helfde kyk, en al het ons agter geloop was ek nogals impressed. Verdediging was baie goed, en soos iemand al genoem het ons het al die collisions gewen. Op aanval het dit 'n paar keer gelyk of ouens geen plan het nie.
Francke Horn het my nogals aan WW laat dink met daai scrumcap op. Baie energiek en het nogal beindruk.
Ek het probeer uitkyk vir Rudolf se seun maar het hom nie rerig veel gesien iets doen nie
|
Posted By: Chris
Date Posted: 19-Sep-2022 at 9:10am
|
Dis juis een van die Smith broers gewees wat daardie tackle sonder die bal gemaak het. Ek verstaan 100% as jy n impak wil maak en jou merk maak, maar moenie dom foute maak wat jou span gan kos nie.
|
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 19-Sep-2022 at 9:46am
|
Een goeie ding wat baie ooglopend was... Die spelers het almal baie passievol oorgekom, selfs die nuwe ouens. Dit het regtig gelyk of hulle oorlog toe sal gaan vir mekaar en vir die trui. Nou moet daardie passie en intensiteit net bietjie beter beheer en gekanaliseer word.
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 19-Sep-2022 at 10:02am
|
Ek wou dit nie noem nie, maar die 1ste helfde het ek nogals by myself gedink die ref maak n paar foute, almal teen ons. Toevallig sien ek nou hierdie video op YouTube. Hy was eintlik uiters swak!
https://youtu.be/dige-nEF59I" rel="nofollow - https://youtu.be/dige-nEF59I
|
Posted By: Blou
Date Posted: 19-Sep-2022 at 11:12am
Transvaal wrote:
paar goeie duikslae deur die leeus |
Julle het baie goed verdedig in die begin
|
Posted By: gertjie0000
Date Posted: 19-Sep-2022 at 11:34am
|
Shoe Leeubok het daai video gekyk wat jy gepost het en mens kan aanvaar die ref kan hier en daar iets mis maar shoe hy het n shocker gehad hoe se jy onfield try as jy nie eers die bal op die grond kan sien nie
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Sep-2022 at 11:40am
|
Die string strafskoppe in die laaste 20 minute het ons gekos, maar ek het ook in elk geval nie voor die tyd ons 'n kans gegee om te wen nie, maar op 15 elk het ons verseker 'n kans gehad
|
Posted By: Chris
Date Posted: 19-Sep-2022 at 11:53am
Lion1986 wrote:
Iemand moet my tog verduidelik wat Strauli se seun in rugby soek. |
Sy Pa borg meer as net die lapa 
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 19-Sep-2022 at 2:32pm
Leeubok wrote:
Ek wou dit nie noem nie, maar die 1ste helfde het ek nogals by myself gedink die ref maak n paar foute, almal teen ons. Toevallig sien ek nou hierdie video op YouTube. Hy was eintlik uiters swak!
https://youtu.be/dige-nEF59I" rel="nofollow - https://youtu.be/dige-nEF59I |
Daai drie was maar bietjie dodgy want hy was nie "seker nie" toe is dit on-field try wat snaaks was. Ander goed is maar touch en go of hulle dit gaan sien of nie sien nie, seker daar was aan albei kante sulke calls, maar wat my de moer in maak is ons eie spelers se foute, daai off the ball-tackles ens.
|
Posted By: Leeubok
Date Posted: 20-Sep-2022 at 3:32pm
|
Die een geval waar ons geblaas was vir off the ball tackle het die bulls speler wat 'n dummy gehardloop het basies reg in ons verdedigings lyn in vas gehardloop. Ref kon hom netsowel geblaas het vir obstruksie.
Elkgeval, ek het nie bedoel ons het die game verloor danksy die ref nie. Soos Tvl se, niemand het ons 'n kans gegee voor die wedstryd nie. So dit was nice dat ons actually in die game was, en 'n jammer ons het op die einde kort geval
|
Posted By: Red_Machine
Date Posted: 21-Sep-2022 at 7:56am
Leeubok wrote:
Ek wou dit nie noem nie, maar die 1ste helfde het ek nogals by myself gedink die ref maak n paar foute, almal teen ons. Toevallig sien ek nou hierdie video op YouTube. Hy was eintlik uiters swak!
https://youtu.be/dige-nEF59I" rel="nofollow - https://youtu.be/dige-nEF59I | I wish I could that I'm surprised we were on the wrong side of the calls, but I'm not, it's a standard thing. The ref decides before the game who he believes should win, after that every 50/50 and "bad" call goes their way.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Sep-2022 at 9:03am
|
neutral refs would be great
|
Posted By: Simba
Date Posted: 21-Sep-2022 at 10:04am
Any news on the touring squad? Has the team left for the UK as yet?
------------- db
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Sep-2022 at 10:05am
|
yes they arrived in the UK yesterday lunch time. The touring squad was announced, will post it here
|
|