Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Onsedelike aanranding: Skandaal ruk Leeus
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Saturday 20 October 2018, kickoff 14:30 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Onsedelike aanranding: Skandaal ruk Leeus

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24398
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Onsedelike aanranding: Skandaal ruk Leeus
    Posted: 16-May-2018 at 8:22pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/onsedelike-aanranding-skandaal-ruk-leeus-20180516

Leeus-rugby is deur ’n skandaal geruk met die skoknuus dat hul verdedigingsafrigter, Joey Mongalo, vroeër vandeesmaand in Sydney in hegtenis geneem is op ’n klag dat hy na bewering ’n vroulike werker van die hotel waar die span tuisgegaan het, onsedelik aangerand het.

Dié voorval het glo gebeur twee dae nadat dié Superrugby-span sy eerste wedstryd op toer teen die Waratahs op 21 April gewen het.

In ’n verklaring het die sakevleuel van die Goue Leeus Rugbyunie Woensdag gesê hulle is bewus van die aantygings wat teen Mongalo gemaak is.

“Die maatskappy (Leeus-rugby) wil nie enige verdere kommentaar lewer oor hierdie saak nie, aangesien dit deur Nieu-Suid-Wallis (NSW) se polisie hanteer word en dit deur die NSW se regstelsel hanteer word.

“Die maatskappy verstaan dat mnr. Mongalo die klag teen hom sal teenstaan. Die maatskappy verneem dat mnr. Mongalo regsadvies ingewin het en regsverteenwoordiging kry oor hierdie saak.”

Die maatskappy verstaan dat mnr. Mongalo die klag teen hom sal teenstaan. Die maatskappy verneem dat mnr. Mongalo regsadvies ingewin het en regsverteenwoordiging kry oor hierdie saak.

Hy sal deur Anthony Bellanto en Youssuf Maksisi van Maksisi-prokureurs verteenwoordig word.

Die bewering is dat die 33-jarige Mongalo ’n 26-jarige personeellid van die Crowne Plaza-hotel in Coogee, ’n voorstad van Sydney waar die span tuisgegaan het, glo onsedelik aangerand het op ’n stel trappe.

’n Verklaring wat deur Sydney se polisie uitgereik is, lui: “ ’n Man het in die hof verskyn oor die beweerde onsedelike aanranding van ’n vrou in ’n hotel in Coogee verlede maand.

“Beamptes van die Eastern Beaches Police Area Command beweer die 33-jarige manlike gas het ’n 26-jarige vroulike hotelwerker op 23 April om ongeveer 20:20 onsedelik aangerand.

“Dié voorval is die Vrydag (27 April) daarna aan die polisie aangemeld en die ondersoek het begin.

“Op Donderdag (3 Mei) is die man (Mongalo) by die Maroubra-polisiekantoor in hegtenis geneem en van onsedelike aanranding aangekla.”

Volgens die polisie is Mongalo op voorwaardelike borgtog vrygelaat totdat hy weer op 20 Junie in die hof sal verskyn.

Rudolf Straeuli, die uitvoerende hoof van die Leeus, het Woensdagmiddag gesê die unie volstaan met die verklaring wat uitgereik is en sal in hierdie stadium niks verder sê nie.

Mongalo, wat homself op sy Twitter-profiel beskryf as “ ’n dissipel, eggenoot, rugbyafrigter, bemarkingsgegradueerde en geskep vir die glorie van die Skepper,” het vanjaar die Leeus se verdedigingsafrigter geword nadat JP Ferreira die Leeus verlaat het om hom by die Ierse klub Munster aan te sluit.

Na verneem word, het Mongalo sy volle samewerking aan die polisie gegee. Hy het ná sy inhegtenisneming ook in Sydney agtergebly en was nie saam met die span in Brisbane vir hul kragmeting met die Reds en ook nie die volgende week in Wellington teen die Hurricanes nie.

Hy het wel die afgelope Sondagaand saam met die span na Suid-Afrika teruggevlieg.

In die drie wedstryde sedert die beweerde voorval het die Leeus 13 drieë afgestaan, nadat hulle nie ’n enkele drie afgestaan het in hul eerste wedstryd teen die Waratahs nie.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.