Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > SuperSport Rugby Challenge
  New Posts New Posts RSS Feed - Mvovo bokspring dalk tot in beginspan
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing Griquas at Ellis Park on Friday 24 August 2018, kickoff 19:00 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Mvovo bokspring dalk tot in beginspan

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 23075
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Mvovo bokspring dalk tot in beginspan
    Posted: 10-Aug-2018 at 6:27am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/mvovo-bokspring-dalk-tot-in-beginspan-20180809

Lwazi Mvovo kan straks ’n boksprong bo-oor Makazole Mapimpi tot in die Springbokke se beginspan gee vir aanstaande Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen Argentinië in Durban.

Die 32-jarige Mvovo was nie in die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, se groep vir Junie se kragmetings met Wallis en Engeland nie, maar sy ervaring van 17 toetse kan straks bepalend wees om hom in die beginspan te kry in die afwesigheid van die beseerde Sbu Nkosi.

Damian Willemse gaan na verwagting sy buiging op heelagter maak, met Aphiwe Dyantyi, wat slegs drie toetse op sy kerfstok het, op die ander vleuel.

Mapimpi se enigste wedstryd in die Groen-en-Goud was teen Wallis in Washington, wat die reeks teen die Engelse voorafgegaan het. Hy was onder die min Bokke wat daar met eer uit die stryd getree het, maar Erasmus kan dalk senuweeagtig wees oor die vooruitsig om hom met vier toetse se ervaring in sy agterste driehoek teen die Poemas te speel.

Willie le Roux, wat 44 toetse se ervaring het, het hom reeds by die Bokke aangesluit, maar sy Engelse klub, Wasps, voer aan daar is ooreengekom dat Suid-Afrika se voorkeur-heelagter slegs drie wedstryde in die Rugbykampioenskap gaan speel.

Mvovo se laaste toets vir die Bokke was in 2016 teen Ierland in Johannesburg. Die Iere het in die eerste van die reeks van drie toetse, op Nuweland, ’n groot swakpunt in Mvovo se mondering ontbloot deur hom met hangskoppe te peper. Hy het onseker voorgekom en talle kere besit aan die Iere afgestaan.

Hy het nog die volgende week se toets op Ellispark begin, maar Ruan Combrinck het as plaasvervanger ’n groot rol gespeel om ’n skynbaar verlore saak in die Bokke se guns te swaai.

So waarom is Combrinck of selfs Dillyn Leyds nie in die Bok-groep nie?

Lwazi bied vir ons meer wat ons in die agterste driehoek benodig. Hy was ook deel van ons beplanningskampe. Sbu Nkosi en Warrick Gelant gaan nog van hul beserings herstel

“Ons het hulle oorweeg, maar Lwazi bied vir ons meer wat ons in die agterste driehoek benodig. Hy was ook deel van ons beplanningskampe. Sbu Nkosi en Warrick Gelant gaan nog van hul beserings herstel,” sê Erasmus.

Wat die Bok-breier natuurlik ook in gedagte moet hou, is die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se strategiese transformasie-plan. Dis geen geheim nie dat daar druk is om etnies swart spelers te kies. Erasmus speel oop kaarte dat hy transformasie as ’n prioriteit beskou.

Die ysterslot en man wat die Bokke verlede jaar in meeste van hul toetse aangevoer het, Eben Etzebeth, lyk ook gereed om sy terugkeer van ’n ernstige armbesering in die Rugbykampioenskap te maak.

“Eben oefen al saam met ons sedert die Stormers se loslootjie-week ná hul laaste ligawedstryd. Hy is een van die fiksste ouens in die groep as jy na sy statistieke kyk en die manier wat hy oefen,” sê Erasmus.

“Ek’s redelik seker dat die spesialis toestemming sal gee dat hy mag speel. Eben het omtrent ’n hele voorseisoen met ons gedoen, so ek sal hom dadelik oorweeg. Sy gebrek aan speeltyd pla my nie, want ons het wedstrydsituasies in ons oefensessies nageboots.”

* Intussen was Erasmus en die vaskopstut Wilco Louw weens verkoue afwesig by Donderdag se oefensessie by die Belhar-rugbyklub.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3115
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Aug-2018 at 7:12am
So eintlik word daar direk aan Combrinck gese, sorry boet jy is nie donker genoeg om vleuel vir die bokke te speel nie. En dan wonder ons waarom ons beste spelers waai..
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1632
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Aug-2018 at 7:17am
"Lwazi bied vir ons meer wat ons in die agterste drie benodig" ... wat kan hy bied wat Combrinck nie kan nie? Al waaraan ek kan dink is sy bydrae tot die transformasie teiken. Combrinck het homself wel geen gunse gedoen deur 'n paar belangrike een op een tackles die jaar te mis.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3115
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Aug-2018 at 7:38am
Nie een van ons SA vleuels is sterk op verdediging nie. Mapimpi is een van die swakstes, en selfs op aanval glo en nie hy bied meer as enige ander vleuel in SA nie. So nee, die enigste en belangrikste kriterea is lyk vir my velkleur
Back to Top
LeeuBrul View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Boksburg
Status: Offline
Points: 1807
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuBrul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Aug-2018 at 9:01am
Hy is vir my een van die regte BEE keuses in die springbok span,ek sou eerder n Skosan of n Combrinck gebruik het
Once a Lion always a lion
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 1030
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Aug-2018 at 11:34am
Ja, ek kan ook nie sien dat hy of Mapimpi beter as Ruan is nie. Hy en Mapimpi het maa beide meestal van die bank af gespeel vir die Saarks.

Hoewel Combrinck n paar tackles gemis het, moet ons onthou dat verdediging op vleuel nie so maklik is nie. Die ander span se 15 kom net in die lyn in, of jou senter mis sy man, en jy kan nie dadelik shift na jou man aan die buitekant nie. Die vleuels lyk baiekeer swak op defense oor iemand aan sy binnekant opgeslip het, en  hy moet dan buitentoe hardloop om sy man te gaan tackle.

Ek het wel n probleem met n "lack of effort" - iets wat my grensloos irriteer van iemand soos Mahuza.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.070 seconds.