Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Other Internationals
  New Posts New Posts RSS Feed - Mitchell klap dié sweep ’n laaste keer
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in a Super Rugby Quarter-Final at Ellis Park on Saturday 22 July 2017, kickoff 14:30 - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/ OR https://www.batmanstream.com/rugby-live-streaming-video-2016-3.html OR https://www.bestsportstreaming.com/

Mitchell klap dié sweep ’n laaste keer

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 14697
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Mitchell klap dié sweep ’n laaste keer
    Posted: 30-Jun-2017 at 2:42pm
http://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/mitchell-klap-die-sweep-n-laaste-keer-20170630

Voor hy met die groot taak kan begin om rugby in die Bulle se kontrei te laat herleef, gaan John Mitchell Sondag ’n laaste keer die sweep klap as afrigter van die Amerikaanse span.

Dié Nieu-Seelandse breier wil in sy laaste wedstryd in beheer van die VSA toesien dat dié span ’n plek in 2019 se Wêreldbeker-toernooi in Japan begin. Hy begin eersdaags in sy nuwe pos as die direkteur van rugby by die Blou Bulle Maatskappy.

Die Eagles pak hul Noord-Amerikaanse buurman, Kanada, in ’n deurslaggewende tweede uitspeelwedstryd in San Diego. Die eerste kragmeting in Hamilton, Ontario, het gelykop (28-28) geëindig.

Die wenner van dié kragmeting beklink sy plek in ’n WB-groep saam met Engeland, Frankryk, Argentinië en nog ’n kwalifiseerder van Oseanië.

Mitchell het ná die stryd in Kanada besluit om ’n paar veranderinge aan sy beginspan te maak vir dié deurslaggewende wedstryd.

Ryan Matyas vervang vir Matai Leuta op die linkervleuel.

Die wêreldbekende sewesspeler Madison Hughes word op heelagter ingespan. Tony Lamborn kry speelkans op oopkantflank.

“Ons het besluit om vaardiger spelers te kies, wat ons glo ’n verskil kan maak,” het Mitchell luidens ’n verklaring van Wêreldrugby gesê.

Mitchell sê sy span moet die foute van die vorige vertoning gaan regstel en besef dat hulle net hulself vir verlede week se gesukkel in Ontario kan blameer.

“Ons het net van omgekeerde besit af geleenthede geskep, want ons kon nie gebiedsvoordeel oorheers of ons lynstane bemeester nie. Net wanneer ons mooi begin druk toepas het, het ons besit afgestaan.

“Ek was tevrede met die verdediging, maar met die telling 28-18 in ons guns, kon ons nie vasbyt vir die oorwinning nie.”

Die span wat Sondag as verloorders uit die stryd tree, sal nog ’n tweede kans kry om vir die WB-toernooi te kwalifiseer. Hy sal Uruguay later vanjaar in ’n tuis- en wegwedstryd pak.

Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.097 seconds.