Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Mitch: ‘Super-afjak was beste ding vir Leeus’
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Waratahs at Ellis park on Saturday 28 July 2018, kickoff 15:05 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Mitch: ‘Super-afjak was beste ding vir Leeus’

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 22372
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Mitch: ‘Super-afjak was beste ding vir Leeus’
    Posted: 13-Jul-2018 at 6:42am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/mitch-super-afjak-was-beste-ding-vir-leeus-20180712

John Mitchell keer Saterdag terug na die stad waar hy sy naam as ’n afrigter in Suid-Afrika gemaak het, maar die Bulle-afrigter voel nie veel emosie voor sy terugkeer na Ellispark nie.

Voor die Bulle die Leeus Saterdag in Johannesburg in ’n Superrugby-wedstryd pak, dink Mitchell ook nie te veel terug aan die dae toe hy die Leeus se afrigter was nie.

“Dit was agt jaar gelede. Ek dink nie daaraan dat ek daar afgerig het nie, ek is baie onemosioneel daaroor om nou eerlik te wees,” het Mitchell Donderdag in Pretoria by die Bulle se spanaankondiging gesê.

Tog erken Mitchell hy is dankbaar vir die lof wat hy kry vir die Leeus se sukses van die laaste paar jaar. Volgens verskeie waarnemers het dié Nieu-Seelander die grondslag van die Leeus se sukses gelê voordat hy onder ’n wolk van omstredenheid daar weg is.

“Dit was egter nie aan my te danke nie, die beste ding wat met die Leeus gebeur het, was toe hulle uit die Superrugby-reeks geskop is.

“Hulle het hul salarisrekening tot R30 miljoen laat krimp en spelers ingebring wat ywerig was en toewyding gehad het. Jy sien nou die uitwerking van daardie toewyding. Hulle het heeltemal oorbegin,” sê Mitchell.

Een van daardie spelers wat die Leeus met toewyding gedien het, Warren Whiteley, hou Saterdag ’n groot bedreiging vir die Bulle in.

“Warren is hul geestelike en intellektuele leier. Hy praat albei tale baie goed en hy lei met sy voorbeeld. Hy is ’n ander tipe agtsteman. Hy is ’n aanvallende bedreiging agter die skrum. Hy vind maniere om sy vaardighede ten toon te stel.”

Mitchell het intussen verskeie veranderinge aan sy beginspan aangebring vir dié wedstryd.

Die slot RG Snyman sal die span vir die eerste keer aanvoer in die afwesigheid van die losskakel Handré Pollard en die gereelde kaptein, Burger Odendaal. Pollard het ’n rugbesering opgedoen, maar hy behoort gereed te wees vir die eerste toets van die Rugbykampioenskap op 18 Augustus.

“Met Handré en Burger wat beseer is, is RG een van die mees ervare ouens in die span. Die spelers hou van hom en aanvaar hom. Hy speel goed vanjaar en dit is lekker om ’n kaptein te hê wat naby aan die skeidsregter is.”

Manie Libbok vervang vir Pollard op losskakel.

“Ek het vir Manie aan die begin van die jaar gesê hy is amper soos ’n eerstejaarstudent. Hy moet geduldig wag vir sy kanse en hard leer en werk.”

Op skrumskakel begin Ivan van Zyl in Embrose Papier se plek.

“Ek dink Ivan is die beste skrumskakel in die groep, so hy verdien om te begin,” sê Mitchell.

Travis Ismaiel het van ’n besering herstel en begin op vleuel in Divan Rossouw se plek. Voorlangs kry Thembelani Bholi speelkans op flank, met Jannes Kirsten wat slot toe skuif in Ruben van Heerden se plek.

Die binnesenter Johnny Kotze se deelname is ook in die gedrang. As hy nie kan speel nie, kan die Bok-heelagter Warrick Gelant sy lyf binnesenter hou.

Drie plaasvervangers, Johan Grobbelaar, Ruan Nortjé en Boeta Hamman, sal hul Superrugby-buigings maak as hulle opgestuur word.

* Mitchell het ook bevestig dat Pote Human die Blou Bulle in die Curriebeker-reeks gaan afrig, terwyl hy op volgende jaar se Superrugby-reeks fokus.

* Bulle: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Jesse Kriel, Johnny Kotze, Jamba Ulengo, Manie Libbok, Ivan van Zyl, Hanro Liebenberg, Thembelani Bholi, Marco van Staden, RG Snyman (k), Jannes Kirsten, Conraad van Vuuren, Jaco Visagie en Pierre Schoeman. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Matthys Basson, Mornay Smit, Ruan Nortjé, Nick de Jager, Embrose Papier, Boeta Hamman en Divan Rossouw.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 22372
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jul-2018 at 6:44am
>>>>“Dit was egter nie aan my te danke nie, die beste ding wat met die Leeus gebeur het, was toe hulle uit die Superrugby-reeks geskop is.

“Hulle het hul salarisrekening tot R30 miljoen laat krimp en spelers ingebring wat ywerig was en toewyding gehad het. Jy sien nou die uitwerking van daardie toewyding. Hulle het heeltemal oorbegin,” sê Mitchell.


--Daar erken Mitchell nou self dat hy niks daarmee te doen gehad het nie
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1564
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jul-2018 at 9:02am
Baie min van die spelers wat onder Mitchell gespeel het, het bygedra tot die Leeus se sukses oor die laaste paar jaar. Die media is bietjie clueless met hul berigte dat alles by hom begin het. Ons is uit Super Rugby gegooi omdat ons die swakste SA span was onder Mitchell. Daarna het amper al ons top spelers gewaai en moes ons basies van voor af begin met 'n groep jong en onbekende spelers. Dalk het Ackerman 'n paar goed by Mitchell geleer, maar dis ook debatteerbaar.
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1476
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jul-2018 at 9:21am
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Baie min van die spelers wat onder Mitchell gespeel het, het bygedra tot die Leeus se sukses oor die laaste paar jaar. Die media is bietjie clueless met hul berigte dat alles by hom begin het. Ons is uit Super Rugby gegooi omdat ons die swakste SA span was onder Mitchell. Daarna het amper al ons top spelers gewaai en moes ons basies van voor af begin met 'n groep jong en onbekende spelers. Dalk het Ackerman 'n paar goed by Mitchell geleer, maar dis ook debatteerbaar.
I think JA would have picked up some of the stuff they do in NZ, but he was his own man, and I think where he (JA) excels, is that he his a brilliant man manager, who knows how to get the best out of his players. That is one of the reasons he took a bunch of players, many who were rejects from other teams, and turned them into a championship contending team, with many of those players earning Springbok colours.  
Back to Top
emiel View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 02-Apr-2016
Status: Offline
Points: 339
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jul-2018 at 9:45am
Originally posted by Lion4ever Lion4ever wrote:

Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Baie min van die spelers wat onder Mitchell gespeel het, het bygedra tot die Leeus se sukses oor die laaste paar jaar. Die media is bietjie clueless met hul berigte dat alles by hom begin het. Ons is uit Super Rugby gegooi omdat ons die swakste SA span was onder Mitchell. Daarna het amper al ons top spelers gewaai en moes ons basies van voor af begin met 'n groep jong en onbekende spelers. Dalk het Ackerman 'n paar goed by Mitchell geleer, maar dis ook debatteerbaar.
I think JA would have picked up some of the stuff they do in NZ, but he was his own man, and I think where he (JA) excels, is that he his a brilliant man manager, who knows how to get the best out of his players. That is one of the reasons he took a bunch of players, many who were rejects from other teams, and turned them into a championship contending team, with many of those players earning Springbok colours.  

Agree with you.  JA took Mitchells 80 minute attacking philosophy and combined it with, as you correctly say, good player and team ethics. We seem to have lost this combination over the last year.

Regarding Mitchells performance with the Lions in Super Rugby, I think we lost around close to a dozen of our top players to injury at the time, so any coach would have struggled. His relationship with the senior players in the team under the pressure situation is what caused his departure, which turned out a good thing in the long run.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.