Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Leeus onder druk ná ’Tahs se groot sege
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Leeus onder druk ná ’Tahs se groot sege

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 25017
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Leeus onder druk ná ’Tahs se groot sege
    Posted: 09-Jul-2018 at 9:15am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-onder-druk-na-tahs-se-groot-sege-20180707

Die Waratahs het die Leeus se lewe gister baie versuur met ’n groot Superrugby-sege van 77-25 oor die Sunwolves in Sydney.

Die Waratahs het die Leeus nou verbygesteek op die algehele puntestand.

Die Nieu-Suid-Walliesers het 44 ligapunte ná 15 wedstryde, terwyl die Gautengers 41 punte, ook ná 15 wedstryde, het.

Die Leeus sal dus die Bulle volgende naweek op Ellispark moet klop en hoop die Waratahs verloor teen die Brumbies as die Johannesburgers die seisoen in die tweede plek op die puntelys wil afsluit.

* Punte:

Waratahs 77 (24): Drieë: Sekope Kepu, Israel Folau (2), Kurtley Beale, Ned Hanigan, Nick Phipps, Taqele Naiyaravoro (2), Curtis Rona, Michael Wells, Alex Newsome (2). Doelskop: Bernard Foley (7). Strafdoel: Foley.
Sunwolves 25 (18): Drieë: Akihito Yamada, Michael Leitch, Akihito Yamada. Doelskoppe: Hayden Parker. Strafdoele: Parker (2).

* In Hamilton het die Chiefs se losskakel, Damian McKenzie, weer gekook in sy span se sege van 24-19 oor die Brumbies.

McKenzie het ’n bal by geleentheid onderskep, en soos ’n generaal sy agterlyn nie net weggestuur nie, maar ook spasie vir die spelers aan sy buitekant geskep.

Die Chiefs het met die oorwinning verseker dat hulle nog in die wedloop is om ’n uitspeelstryd op hul tuisveld te verseker. Vir die Brumbies is dit nou neusie verby om vir die uitspeelstryde te kwalifiseer.

* Punte:

Chiefs 24 (17): Drieë: Nathan Harris, Damian McKenzie, Johnny Fa’auli. Doelskoppe: McKenzie (3). Strafdoel: McKenzie

Brumbies 19 (0): Drieë: Henry Speight (2), Thomas Banks. Doelskoppe: Wharenui Hawera (2).

* Ná drie opeenvolgende nederlae was dit seker net ’n kwessie van tyd voordat die Hurricanes weer op die wenpad sou kom.

Die Hurricanes het die Blues gister met 42-24 in Wellington geklop. Ngani Laumape, senter van die Hurricanes, was die groot uitblinker. Hy het ’n allemintige vier drieë gedruk.

Met die reeks nou in die pylvak, kon die oorwinning nie op ’n beter tyd vir die Hurricanes gekom het nie.

* Punte:

Hurricanes 42 (21): Drieë: Julian Savea, Ngani Laumape (4), Beauden Barrett. Doelskoppe: Jordie Barrett (6).

Blues 24 (10): Drieë: Rieko Ioane (2), Matt Moulds. Doelskoppe: Stephen Perofeta (3). Strafdoel: Perofeta.

* Vrydag het die Reds die Haaie ’n groot guns bewys deur die Rebels met 37-23 te klop.

Dié nederlaag vir die Rebels beteken die Haaie se hoop om die kwarteindronde te haal, is nog lewend.

In die ander wedstryd wat Vrydag beslis is, het die Crusaders verseker hulle sluit die groepfase in die eerste plek op die puntelys af met ’n sege van 45-22 oor die Highlanders in Christchurch.

Die Crusaders, die verdedigende kampioen, sal dus al hul uitklopwedstryde by die huis speel, mits hulle aan die wenkant bly.
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1684
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 10:20am
Go Brumbies!!! Indien die Brumbies wen sal ons waarskynlik steeds met 'n bonuspunt moet wen om verby die Waratahs te skuif. Glo nie die Waratahs sal met meer as sewe verloor nie.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.086 seconds.