Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Leeus moet sakrekenaars wegpak, sê Straeuli
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Leeus moet sakrekenaars wegpak, sê Straeuli

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 25017
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Leeus moet sakrekenaars wegpak, sê Straeuli
    Posted: 09-Jul-2018 at 4:58pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-moet-sakrekenaars-wegpak-se-straeuli-20180709

“Fokus bloot op dit wat ons moet doen en moet nie konsentreer op al die ander permutasies nie.”

Dít is die boodskap wat Rudolf Straeuli, die Leeus se uitvoerende hoof, vir die span het voor Saterdag se laaste ligawedstryd in die Superreeks teen die Bulle op Ellispark in Johannesburg.

Daar is ’n legio scenario’s wat hulle nog kan afspeel in die laaste naweek se kragmetings en die Leeus kan enigiets van tweede tot sewende eindig, maar Straeuli se raad is om net seker te maak hulle doen alles in hul vermoë om die Bulle te klop.

“Dit help nie jy vermors energie om te wil dink oor alles wat nog kan gebeur nie. Konsentreer net op die wedstryd wat wag,” sê Straeuli.

“Elke wedstryd nou is soos ’n uitspeelstryd. Daar moet goeie besluitneming en heldere denke wees,” glo hy.

Straeuli sê ook die Leeus kan ’n blaadjie neem uit die Crusaders se boek.

“Ons kan inspirasie put uit die manier waarop hulle verlede jaar al die pad hierheen moes reis vir die eindstryd en ons toe hier op Ellispark geklop het. Hulle (Crusaders) het gewys dit kan gedoen word en selfs al moet ons dan in die uitspeelrondes weg speel, moet ons bly glo dit kan gedoen word om te seëvier,” sê hy.

Dié eertydse Springbok-afrigter erken emosie moet ook op die agtergrond geskuif word.

“Verlede jaar was daar té veel emosie by ons gewees voor die eindstryd (met die weggaan van die Johan Ackermann, afrigter)” gee hy toe.

“Hopelik kan ons ons ondersteuners beloon met nog ’n tuiswedstryd of twee in die uitspeelrondes, en daarom wil ons graag hê hulle moet Saterdag die stadion volpak om die spelers te inspireer tot ’n groot vertoning,” sê Straeuli.

Wanneer die Leeus (41 punte) om 15:00 opdraf, sal hulle ten minste weet of hulle steeds die moontlikheid van ’n tuiskwarteindstryd en moontlik selfs ’n tuishalfeindstryd sal hê.

Klop die Waratahs (44) in die voorafgaande wedstryd die Brumbies, sal dit neusie verby vir die Leeus wees om nog as die naasbeste konferensie-wenner te eindig en kan hulle dan net hoop om as die derde beste konferensie-wenner klaar te maak en dus nog ’n kwarteindstryd tuis te kry.

Gebeur dit dat die Leeus se brul stilgespeel word deur die Bulle, sal hulle in die daaropvolgende wedstryd moet hoop die Haaie troef die Jaguares (38) in Durban om dan nog bo te eindig in die Suid-Afrikaanse konferensie.

Vir die Haaie (32) om nog die deur wat vir hulle net op ’n skrefie oop is na die kwarteindronde, oop te dwing, sal hulle die Jaguares moet klop en hoop die Rebels (35) verloor teen die Highlanders.
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1684
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Jul-2018 at 6:20am
Goeie advies.. hoop die Park is lekker vol Leeus-ondersteuners saterdag!
Back to Top
AK  View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 791
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote AK  Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Jul-2018 at 7:18am
Dit is `n moeilike een om te roep. Die bulle verloor een week teen wolwe en die volgende week wen teen Jaguares. Hulle is baie onbestendig en ons nie veel beter nie so gaan baie interesant wees.
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1684
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Jul-2018 at 7:30am
Daar sal 'n paar naelbyt-oomblikke wees, maar ek glo ons sal hom vat.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.087 seconds.