Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Currie Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - Leeus moenie nonsens van Pumas vat
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Saturday 20 October 2018, kickoff 14:30 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Leeus moenie nonsens van Pumas vat

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 24368
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Leeus moenie nonsens van Pumas vat
    Posted: 11-Oct-2018 at 2:32pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/leeus-moenie-nonsens-van-pumas-vat-20181011

Die Leeus se rugbyspan moet die Sylvester in hulle laat uitkom.

Net soos hierdie berugte Leeu van die Karoo nie kaf van kabouters vat nie, moet die Leeus ook Vrydagaand hierdie houding hê in hul beslissende Curriebeker-kragmeting met die Pumas in die Mbombela-stadion in Mbombela.

Albei spanne sal desperaat wees vir die sege wat hul paspoort na die halfeindronde sal wees.

Die Leeus se nuwe kaptein, Nic Groom, het juis vandeesweek gesê hulle moet veel meer fisiek wees en in die gesigte van die Pumas boer as hulle daar in die Laeveld wil seëvier.

Dit is glad geen maklike plek vir besoekende spanne nie, maar die Pumas is dié seisoen ook nog wisselvallig en speel met rukke en stote.

Teen die Westelike Provinsie en ook die Blou Bulle was hulle kwesbaar wanneer die bal wyd gespeel is en die spoedvrate van die besoekers aan die hardloop gegaan het.

Hiervan (spoedvrate) het die Leeus genoeg in Sylvian Mahuza, Courtnall Skosan en die nuweling Wandisile Simelane om dié kwesbaarheid van die Pumas deeglik uit te buit.

Dit sal die span van die Goudstad dus dalk baat om nie te veel in ’n armdruk-situasie voorlangs betrokke te wil raak nie en eerder die bal punte toe neem om van daar die skade aan te rig.

Maar soos die ou gesegde in rugby maar nou gaan: Jy moet eers die reg voor verdien om die bal met sukses wyd te kan speel en sal die onus dus op die Leeus-agttal rus om eers met hul agttal die oorhand te kry.

Wat die terriër in die Pumas-pak, die blondekop-flank Marnus Schoeman, betref, ken die Leeus hom goed genoeg en hy ook vir hulle nadat hy ’n leenspeler in die Superreeks was.

Trouens, hierdie kan dalk Schoeman se laaste verskyning vir die span van Mbombela wees sou die Pumas verloor, aangesien hy aanstaande maand heeltyds ’n Leeu word en hom op Ellispark aanmeld ter voorbereiding van die nuwe Super-seisoen.

Die Leeus hoef nie vertel te word hoe effektief Schoeman en sy agttal met hul rolmale is nie. Dit is vir albei spanne ’n vername aanvalswapen en albei sal dit met vrug wil inspan om bo uit te kom.

Elton Jantjies se ervaring op losskakel kan van groot waarde vir die Leeus wees en hy sal die toutjies moet trek in die Leeus se strewe om die Laeveld met ’n sege te verlaat.

Pumas: Devon Williams, Morné Joubert, Neil Maritz, Ryan Nell (k), Ruwellyn Isbell, Chris Smith, Stefan Ungerer, Francois Kleinhans, Willie Engelbrecht, Marnus Schoeman, Cameron Lindsay, Le Roux Roets, Marné Coetzee, Marko Janse van Rensburg, Morgan Naude. PLAASVERVANGERS: Andrew Beerwinkel, Simon Westraadt, Stefan Willemse, Jeandré Rudolph, Abrie Griesel, Kobus Marais, Henko Marais.

Leeus: Sylvian Mahuza, Wandisile Simelane, Lionel Mapoe, Howard Mnisi, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Nic Groom (k), Hacjivah Dayimani, James Venter, Hanko de Villiers, Marvin Orie, Rhyno Herbst, Jacobie Adriaanse, Corné Fourie, Sti Sithole. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Danie Mienie, Chergine Fillies, Driaan Bester, Len Massyn, Dillon Smit, Shaun Reynolds.

Afskop: 18:45 (SS 1)

Skeidsregter: Rasta Rasivhenge.

Assistent-skeidsregters: Stephan Geldenhuys en Johre Botha.

TV-skeidsregter: Marius Jonker.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.039 seconds.