Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Currie Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - Leeus kies Elton, Wandisile om Pumas te pak
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Saturday 20 October 2018, kickoff 14:30 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Leeus kies Elton, Wandisile om Pumas te pak

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24368
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Leeus kies Elton, Wandisile om Pumas te pak
    Posted: 10-Oct-2018 at 5:11am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/leeus-kies-elton-wandisile-om-pumas-te-pak-20181009

Die Leeus het een van hul maanhare terug vir Vrydagaand se Curriebeker-wedstryd teen die Pumas in Nelspruit, terwyl een van die opwindende jong welpies ook sy kans in die beginspan kry.

Die Springbok Elton Jantjies dra die losskakel-trui, terwyl ’n ster van die toekoms, Wandisile Simelane, op regtervleuel begin.

Hoewel die Bok-vleuel Aphiwe Dyantyi beskikbaar gestel is vir hierdie wedstryd, sukkel hy met ’n beenbesering. Die hoop is dat die Leeus die vet uit die vuur kan krap en deurdring na die halfeindronde, waar Dyantyi dan gewis oorweeg sal word indien hy fiks verklaar word.

Met die Springbok-skrumskakel Ross Cronjé wat onder die mes was om sy beseerde skouer te herstel, neem Nic Groom sy plek, as nr. 9 en as kaptein.

Nóg ’n Leeus-Bok wat onlangs geopereer is, die heelagter Andries Coetzee, word vervang deur Sylvian Mahuza. Hy is geskuif van regtervleuel af, wat die gaping geskep het vir die jong Simelane om die nr.14-trui te dra.

Voorlangs neem Jo-Hanko de Villiers die plek van Len Massyn op flank, terwyl die vaste voorspelers wat die gebruiklike is.

Daar is ’n nuwe gesig op die plaasvervangerbank in die voorryman Chergin Fillies. Hy het tot dusver vanjaar grootliks vir die o.21-span gespeel.

Met Jantjies terug in die tien-trui, skuif Shaun Reynolds af na die plaasvervangerbank. Hy het tot dusver uitstekende spel in die Curriebeker-reeks gelewer.

Die enigste ander agterspeler tussen die plaasvervangers is die skrumskakel, Dillon Smit.

Volgens die uitvoerende hoof van die Leeus, Rudolf Straeuli, kon die slot Franco Mostert ook oorweeg word, maar soos Dyantyi sukkel hy met ’n skeet en is nie medies vrygestel nie.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.