Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Springbokke
  New Posts New Posts RSS Feed - Lasarus-Hougie: Bokke oorweeg nr. 9's
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Lasarus-Hougie: Bokke oorweeg nr. 9's

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 25330
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Lasarus-Hougie: Bokke oorweeg nr. 9's
    Posted: 17-Dec-2018 at 4:26pm
Francois Hougaard is terug op die Springbok-radar.

Hy word as die laaste legkaartstuk beskou om die skrumskakel-prentjie met die oog op volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan te voltooi.

Faf de Klerk het hom ná vanjaar se soektog na die Bokke se drie voorstes as die voorkeur-skrumskakel onder Rassie Erasmus gevestig. Embrose Papier is die ander skrumskakel wat sy Wêreldbeker-plek bespreek het.

Rapport het die week by ’n onberispelike bron verneem Hougaard was slegs vanjaar nie vir toetsrugby beskikbaar nie én dat Erasmus planne met hom het. Hougaard beplan volgens die bron om homself weer volgende jaar ná sy tydelike uittrede uit internasionale rugby vir die Bokke verkiesbaar te stel.

Die 30-jarige Hougaard kan voor Ivan van Zyl, Louis Schreuder, Cobus Reinach, Shaun Venter en Ross Cronjé in die Bok-tou inskuif.

Sy ervaring, veelsydigheid en die impak wat hy van die bank maak, tel volgens Rapport se inligting baie punte in Erasmus se oë.

Sedert sy laaste en 46ste toets op 16 September 2017 teen die All Blacks in Albany het Hougaard kans gekry om sy selfvertroue by sy Engelse klubspan Worcester Warriors te herwin.

In sy afwesigheid het spelers soos Van Zyl en Cronjé met die beperkte speelkans wat hulle vanjaar op toetsvlak gekry het, nie genoeg beïndruk om Erasmus te oortuig dat hulle meer waarde as Hougaard in Japan kan toevoeg nie.

Van Zyl is eerder ’n belegging vir 2023 se Wêreldbeker, terwyl Cronjé wel by die Wêreldbeker-agterdeur kan inglip indien ander skrumskakels voor hom in die tou beseer raak.

Reinach was byna saam op toer deur Europa, maar is op die nippertjie deur Schreuder vervang. Reinach speel voortreflike rugby vir sy Engelse klubspan Northampton Saints. Hy kan homself ongelukkig ag dat hy nog nie betrek is nie.

Schreuder moet bekommerd oor sy toetskanse wees nadat hy nie in Europa speelkans gekry het in die toetse wat De Klerk weens klubverpligtinge misgeloop het nie.

Venter was nie vanjaar enigsins in berekening nie, maar lewer weekliks bogemiddelde vertonings vir die Cheetahs in die Pro14-reeks. Dit tel ongelukkig teen Venter dat Erasmus nie enige speler met minder as vyf toetse na die Wêreldbeker wil neem nie.

Die Bok-afrigter meen spelers probeer in hul eerste vyf toetse grootliks net daarop fokus om nie foute te maak nie, waarna hulle eers visie sal toon en met vertroue speel.

Hougaard is deel van die sowat 20% van die spelers waarmee Erasmus sy Bok-groep ná die toer deur Europa met die oog op die Wêreldbeker kan verander. Oor die ander 80% het hy reeds sekerheid.
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 1045
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Jan-2019 at 10:51am
gaap
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 299
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Jan-2019 at 1:44pm
Nog n agent met n joernalis tjommie wat bietjie bemarking wil doen. Gaaaaaaap
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.