Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Kopdokter help Leeus voor Bulle-stryd
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Kopdokter help Leeus voor Bulle-stryd

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 25017
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Kopdokter help Leeus voor Bulle-stryd
    Posted: 13-Jul-2018 at 6:41am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/kopdokter-help-leeus-voor-bulle-stryd-20180712

Dr. Jannie Putter, die Leeus se kopdokter, was die afgelope week die besigste man by Ellispark.

Die Leeus wil nie net fisiek slaggereed wees vir Saterdag se laaste Superrugby-ligawedstryd teen die Bulle nie, maar het Putter gevra om toe te sien dat hulle geestelik ook reg ingestel is vir wat voorlê.

“Jannie (Putter) het vandeesweek ’n goeie sessie met die spelers gehad,” het Swys de Bruin, die afrigter, Donderdag gesê.

De Bruin erken die afrigting- en bestuurspan het ál die moontlike scenario’s wat op die Leeus kan wag, bestudeer en is bewus daarvan, maar “bemoei nie die spelers” daarmee nie. “Al wat ons van hulle verwag, is om te fokus op dít wat hulle Saterdag moet doen om die Bulle te kan klop,” sê hy.

Vir Warren Whiteley, die kaptein, sal dit spesiaal wees om die Leeus weer op Ellispark op die veld te lei. Dit is die eerste keer in vier maande dat hy weer dié voorreg het ná sy kniebesering.

“Dit is fantasties om weer saam met my maats te kan speel,” sê Whiteley. “Ons is bloot net gefokus op hierdie wedstryd teen die Bulle en dink nie aan iets anders nie,” erken hy.

Whiteley voel die spelers het nog ’n hoër rat om na oor te skakel, nadat hulle in hul vorige kragmeting teen die Haaie in Durban slae gekry het.

“Die Bulle gaan ook met ’n ander soort aanslag kom as wat die geval met die Haaie was.

“Hulle (Bulle) plaas jou onder druk op ander gebiede en met ander dinge. Dis ’n span wat meer kanse gaan waag en meer onvoorspelbaar is as die Haaie.

“Dit gaan ’n lekker stryd wees en ons bewonder die manier waarop die Bulle speel en het baie respek vir hulle,” sê Whiteley.

Hy sê ook hy is nie iemand wat enigiets in die spel as vanselfsprekend aanvaar nie en is maar net te dankbaar dat hy weer die kans kry om op Ellispark voor die tuisskare te kan uitdraf.

De Bruin erken die Leeus het vanjaar ’n paar maal gegly waar hulle nie moes nie en het die nederlae teen die Blues, Reds en die Haaie in Durban uitgesonder as wedstryde waar hulle nooit aan die verloorkant moes gewees het nie.

Hy hou ook van sy opsies oop wat Saterdag betref en sê wat enkele keuses op die plaasvervangerbank betref, gaan daar eers tot kort voor die wedstryd gekyk word hoe die weer daar uitsien.

“Ons hoor daar is ’n lelike kouefront op pad en dat dit selfs kan reën. Daarom sal ons eers wil kyk hoe die toestande gaan lyk voordat ons besluit tussen Marnus Schoeman en Hacjivah Dayimani op flank op die bank en ook, wat senter betref, wie van Howard (Mnisi) en Shaun Reynolds gaan speel.

Daar is ook besluit om nie te waag met die stewige loskopstut Dylan Smith se kuitbesering nie en hom nog eerder ’n week te laat rus vir die kwarteindronde.

Jacques van Rooyen neem sy plek, terwyl Nic Groom ook as skrumskakel begin met Ross Cronjé as sy plaasvervanger.

Courtnall Skosan begin die eerste keer hierdie seisoen ’n Superstryd vir die Leeus as linkervleuel, met Aphiwe Dyantyi wat later in die kragmeting sy kans gaan kry.

Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Nic Groom, Warren Whiteley, Cyle Brink, Kwagga Smith, Franco Mostert, Marvin Orie, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Jacques van Rooyen. PLAASVERVANGERS: Corné Fourie, Johannes Jonker, Jacobie Adriaanse, Lourens Erasmus, Marnus Schoeman/Hacjivah Dayimani, Ross Cronjé, Aphiwe Dyantyi, Howard Mnisi/Shaun Reynolds.
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 1550
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jul-2018 at 6:46am
Lyk nie of die afrigtingspan deel van die sessies was nie... Hule het dit die meeste nodig...
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.102 seconds.