Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Pro 14
  New Posts New Posts RSS Feed - Kings wil Scarra na Baai lok
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Kings wil Scarra na Baai lok

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24772
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Kings wil Scarra na Baai lok
    Posted: 05-Nov-2018 at 3:26pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/kings-wil-scarra-na-baai-lok-20181105

Ja, die Kings soek vir Scarra!

Deon Davids, hoofafrigter van die Southern Kings, het bevestig dat hy besig is om met Scarra Ntubeni te onderhandel om vir dié Oos-Kaapse Pro14-span te speel.

“Ons het ’n goeie gesprek gehad,” sê Davids.

“Scarra kom van die omgewing af en ek dink hy sal ’n aanwins vir ons wees.

“Hy het vanjaar heelwat beserings gehad en dit sal dalk net die regte ding vir sy selfvertroue wees om vir ons in die Pro14-reeks te speel.”

Die 27-jarige Ntubeni, wat in Kings William’s Town gebore is, het in die onlangse Curriebeker-eindstryd weer stewige spel vir die Westelike Provinsie gelewer.

Sy toekoms as rugbyspeler in Kaapstad is onseker met Bongi Mbonambi die eerste keuse en die moontlikheid dat die 37-jarige Springbok Schalk Brits ook volgende jaar vir die Stormers kan uitdraf (hoewel dít nou moontlik deur die mat geval het).

By die Kings sal Ntubeni se ervaring en woelige spel goud werd wees, veral aangesien die Oos-Kaapse span se gereelde kaptein en eerstekeuse-haker, Michael Willemse, met ’n skouerbesering sukkel.

Alandre van Rooyen het Sondag vir die Kings teen Leinster begin en het goeie spel gelewer.

Ook die plaasvervanger-haker, Tango Balekile, het vurig vertoon.

Met die Pro14-reeks wat weekliks sy kwota beserings bring, sal Ntubeni egter baie welkom in die Baai wees.

* Davids is intussen bekommerd dat sy span as ongedissiplineerd gebrandmerk kan word.

Dit volg nadat vier spelers van die Kings teen Leinster met geelkaarte gestraf is.

Dit het grootliks bygedra tot die Kings se nederlaag van 31-38 teen Leinster op ’n winderige dag in die Madibaz-stadion.

“As jy soveel strafskoppe afstaan en geelkaarte kry, is skeidsregters dalk geneig om ’n span te etiketteer as ongedissiplineerd,” sê Davids.

“Dit kan daartoe lei dat 50/50-beslissings dan meestal teen jou gaan.

“Ons kan argumenteer dat van die beslissings teen ons ’n bietjie straf was, maar ons moet eerder self sorg dat ons minder gestraf word.”

Baie van die Kings se probleme het in die vaste skrums begin, waar die span met ’n rits beserings onder die voorrymanne sukkel.

Die Kings speel nou eers weer op Sondag 25 November wanneer hulle teen Connacht in die Madibaz-stadion in aksie sal wees.

Teen daardie tyd behoort van die voorrymanne al van hul beserings herstel het.

En is Ntubeni dan dalk ook in die Baai.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.043 seconds.