Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Pro 14
  New Posts New Posts RSS Feed - Kings stadig opsoek na nuwe hulpafrigter
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Kings stadig opsoek na nuwe hulpafrigter

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24991
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Kings stadig opsoek na nuwe hulpafrigter
    Posted: 11-Jul-2018 at 6:23am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/kings-stadig-opsoek-na-nuwe-hulpafrigter-20180710

Die Southern Kings is steeds besig om deur die name te sif vir ’n nuwe voorspeler-afrigter.

Barend Pieterse, vorige hulpafrigter, is reeds in Japan waar hy Allister Coetzee, voormalige Springbok-afrigter, help om die Canon Eagles te brei.

“Die proses (om ’n nuwe voorspeler-afrigter te kry) is steeds aan die gang,” sê Charl Crous, die Kings se bedryfshoof.

“Ons wil nie ’n oorhaastige besluit neem nie juis omdat ons die afgelope seisoen gesien het hoe belangrik die rol van die voorspelers in die Pro14-reeks is.”

Crous sê die net is “wyd uitgegooi” en daar is aanvanklik “ernstig” na ongeveer tien belangstellende afrigters gekyk.

“Ons het die lysie intussen verkort en gesels nou met so vyf manne,” sê Crous.

Hy weier absoluut om oor name te bespiegel en het nie eens ’n wenkbrou gelig toe daar ’n paar name aan hom genoem is nie.

Drie name waaroor daar in die Oos-Kaap bespiegel word, is Mouritz Botha, Rob Kempson en Stevie Scott.

Botha, ’n voormalige Haaie-slot wat ook vir Engeland gespeel het, rig by die Heidelberg-klub in Duitsland af.

Scott, ’n voormalige Skotse haker, was al Skotland en die klub Edinburgh se hulpafrigter.

Kempson, ’n voormalige Springbok-voorryman, se kennis van die spel word in die Oostelike Provinsie hoog aangeslaan.

Hy was ook al die OP se senior span se afrigter en het as bestuurder van die OP se Akademie goeie werk gedoen.

Die dramatiese ineenstorting van junior rugby in die OP kon verhoed gewees het indien die OP Rugbyunie hom betrek het nadat die Akademie moes sluit.

Crous waarsku wel dat daar ’n “realistiese besluit” geneem sal word wanneer die hulpafrigter aangestel word.

“Van die oorsese afrigters verdien ’n geweldige groot salaris wat ons met ons kleiner begroting moeilik sal kan betaal,” sê hy.

Crous wou ook nie sê presies wanneer die man wat Deon Davids, hoofafrigter, en Chumani Booi, agterlynafrigter, gaan bystaan se naam bekend gemaak gaan word nie.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.