Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - JJ Engelbrecht terug by WP?
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in a Super Rugby Quarter-Final at Ellis Park on Saturday 22 July 2017, kickoff 14:30 - watch on http://cricfree.tv/rugby-live-streaming OR http://www.stream2watch.cc/live-sports/ OR https://www.batmanstream.com/rugby-live-streaming-video-2016-3.html OR https://www.bestsportstreaming.com/

JJ Engelbrecht terug by WP?

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 14697
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: JJ Engelbrecht terug by WP?
    Posted: 17-Jul-2017 at 1:38pm
http://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/jj-engelbrecht-terug-by-wp-20170717

Meer as ses jaar nadat hy en Johann Sadie die Westelike Provinsie te midde van ’n groot fanfare die rug toegekeer het om by die Blou Bulle aan te sluit, is JJ Engelbrecht dalk op pad terug Moederstad toe.

Dís die jongste gerug oor die inkopies wat die WP Rugbyunie doen om sy diepte met die oog op aanstaande jaar uit te bou.

Ofskoon Engelbrecht destyds vir die Springbokke en Bulle senter gespeel het, sal dit nie verbaas indien die WP en Stormers hom as ’n vleuel gaan inspan nie.

Engelbrecht (28) word tans deur die Toyota Industries Shuttles in Japan gekontrakteer.

Daar sal gemengde gevoelens oor dié aanwins wees. Engelbrecht is as ’n baie belowende speler uit die Moederstad weg en het in 2013 gereeld vir die Springbokke as buitesenter opgedraf, maar het nie heeltemal die mas op toetsvlak opgekom nie.

Aan die ander kant het hy aanvanklik opgang as vleuel gemaak en moes hy waarskynlik nooit middelveld toe geskuif het nie. Hy sal ook vir die Stormers en WP ’n bietjie fisieke teenwoordigheid op vleuel kan bied.

Ofskoon die aanwinste nog nie amptelik bevestig is nie, is die kanse goed dat die Cheetah-vleuels Sergeal Petersen en Raymond Rhule ook Kaap toe kom – blitse wat lekker kan afrond, maar nie te waffers verdedig nie.

Nóg ’n Cheetah, die binnesenter Clinton Swart, is ook in die WP se visier.

Die WP het glo ook die Blou Bul-losskakel Josh Stander op sy inkopielys om die leemte te vul wat deur die verwagte verlies van Brandon Thomson (Glasgow Warriors) en Robert du Preez (Haaie) gelaat gaan word.

Geeneen van dié aanwinste sal Kapenaars wawiele van vreugde laat doen nie, maar die WP het waarskynlik ook ’n oog op ’n sege in die Curriebeker-kompetisie.

Om spelers te kontrakteer wie se plafon ’n rapsie onder toetsvlak is, kan ter wille van kontinuïteit ’n goeie strategiese skuif wees.

Met die terugkeer van die Bok-loskopstut Steven Kitshoff het die WP ook al ’n aanwins gemaak wat die Stormers aanstaande seisoen voorlangs aansienlik sal versterk.

Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 1927
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Jul-2017 at 2:13pm
Ek het net noudie dag toe die bulle weer verloor het gewonder wat het van JJ geword!

Ek dog die WP was bankrot, wa de hel kry hulle so baie geld om die hele wereld vol te shop?
Back to Top
valie View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 566
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Jul-2017 at 3:56pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Ek het net noudie dag toe die bulle weer verloor het gewonder wat het van JJ geword!

Ek dog die WP was bankrot, wa de hel kry hulle so baie geld om die hele wereld vol te shop?
Seker by die Broederbond
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 769
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Jul-2017 at 4:55pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Ek het net noudie dag toe die bulle weer verloor het gewonder wat het van JJ geword!

Ek dog die WP was bankrot, wa de hel kry hulle so baie geld om die hele wereld vol te shop?
Just the commercial arm. They liquidated to reduce their debt.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.084 seconds.