Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Rugby World Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - Jake: Bokke se WB-veldtog in weegskaal
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Sharks in Durban on Saturday 22 September 2018, kickoff 17:15 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Jake: Bokke se WB-veldtog in weegskaal

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24107
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Jake: Bokke se WB-veldtog in weegskaal
    Posted: 05-Sep-2018 at 12:40pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/jake-bokke-se-wb-veldtog-in-weegskaal-20180905

Die uitslae in die Springbokke se volgende vier kragmetings in die Rugbykampioenskap sal volgens Jake White ’n ontsaglike groot invloed op hul Wêreldbeker-veldtog hê.

“Ek gaan Suid-Afrika net as voorbeeld gebruik. As die Bokke nie nou vir Nieu-Seeland en Australië begin klop nie, is dit hoogs onwaarskynlik dat hulle sielkundig gereed kan wees vir die Wêreldbeker,” het die voormalige Bok-afrigter aan www.rugbyworld.com gesê.

Die uitslae in Saterdag se kragmeting met die Wallabies in Brisbane en 15 September se toets teen die All Blacks in Wellington kan selfs ’n vroeë rigtingwyser wees of die Bok-span al gereed is om volgende jaar in Japan as ’n ernstige Wêreldbeker-aanspraakmaker gereken te word.

Die gewese Engelse afrigter Clive Woodward het volgens White in 2002 die belang van oorwinnings oor spanne van die Suidelike Halfrond in die aanloop tot 2003 se Wêreldbeker-toernooi in Australië besef.

“Clive het geweet toe hulle (Engeland) Nieu-Seeland in Nieu-Seeland en Australië in Australië voor 2003 se Wêreldbeker verslaan, hulle eindelik gereed is om ’n Wêreldbeker te wen. Hy moes hulle in daardie druksituasie plaas sodat hulle dit kon wen.

“Toe Clive die span oorgeneem het, het Engeland nie die selfvertroue gehad dat hy spanne van die Suidelike Halfrond kan klop nie. Maar as jy nou na Twickenham gaan, sien jy hoe trots hulle is. Hulle het klein plaatjies van hul aantal oorwinnings oor Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Australië daar aangebring.”

White se Bok-span het self in 2006 voordat hulle in 2007 die Wêreldbeker verower het, die Wallabies en All Blacks in agtereenvolgende toetse in onderskeidelik Johannesburg en Rustenburg geklop.

Ammunisie vir hul sielkundige oorlogvoering in die opbou tot volgende jaar se Wêreldbeker is ook op 29 September in die Baai teen die Wallabies en sewe dae later op Loftus Versfeld teen die All Blacks vir Siya Kolisi-hulle op die spel.

Kolisi-hulle kon die Wallabies laas in 2016 en die All Blacks in 2014 in Suid-Afrika klop. Hul laaste wegseges oor dié lande was in 2013 oor die Wallabies en laas in 2009 oor die All Blacks.

Dít beklemtoon die hoë berg wat in die volgende vier toetse deur die Bokke uitgeklim moet word. Min van die Bokke wat tans in Australasië is, was al in wentoetse teen die Wallabies en All Blacks.

Net vier uit die 31 Bokke op toer – Beast Mtawarira, Eben Etzebeth, Handré Pollard en Willie le Roux – het al in ’n wentoets teen die All Blacks gespeel.

Mtawarira, Etzebeth, Francois Louw, Kolisi en Le Roux is die enigste Bokke wat deel van die 23-tal was wat die Wallabies in 2013 met 38-12 in Brisbane geklop het.

Mtawarira, Steven Kitshoff, Etzebeth, Pieter-Steph du Toit, Louw, Warren Whiteley, Jesse Kriel en Le Roux is die enigste Bokke op toer wat by 2016 se toets betrokke was toe die Bokke die Aussies die laaste keer met 18-10 op Loftus Versfeld kon klop.

Kolisi-hulle het dus seges oor die Wallabies en All Blacks broodnodig vir hul selfvertroue met die oog op volgende jaar se Wêreldbeker.

* Die Bokke handhaaf intussen ’n lae profiel sedert hulle Sondagaand hier aangekom het.

Hulle het nog net een nuuskonferensie gehou. Daar was Dinsdag en Woensdag geen media-aktiwiteite nie. Rassie Erasmus sal wel Donderdag in ’n nuuskonferensie sy 23-tal aankondig.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.