Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Hou ons dop in 2019 – Fleck
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Hou ons dop in 2019 – Fleck

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 25017
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Hou ons dop in 2019 – Fleck
    Posted: 09-Jul-2018 at 9:17am
https://www.netwerk24.com/Sport/Eidos/hou-ons-dop-in-2019-fleck-20180708

Om verlore trots te herwin en daarmee saam ’n losskakel te kry wat belofte op Superrugby-vlak toon het die Stormers se afrigter, Robbie Fleck, Saterdagaand ’n bietjie opgebeur voor die lykskouing wat op hom wag.

Josh Stander, wat noodgedwonge die nr. 10-trui moes dra in die plek van Jean-Luc du Plessis, was onder die Kapenaars se uitblinkers in hul sege van 27-16 oor die Haaie op Nuweland.

“Josh was uitstekend. Hy het hard gewerk en klop ’n geruime tyd al aan die deur. Hy het ons op die voorvoet gekry deur sy skopwerk en ook baie goed verdedig. Dis goed om ons diepte uit te bou, want ons is vanjaar in meeste posisies uitgedun,” sê Fleck.

Die suur saam met daardie soet is dat daar onsekerheid is oor hoe lank Du Plessis buite aksie gaan wees. Hy het weereens ’n potensieel ernstige liesbesering – hierdie keer aan die ander kant as die een wat in die VSA reggedokter moes word.

“Ons weet nie waar ons met Jean-Luc gaan eindig met sy heup- en liesprobleme nie. Hy sal vorentoe net reg bestuur moet word. Dit was moeilik om hom te bestuur terwyl Damian Willemse buite aksie was. Ons sal net beter in ons benadering moet wees oor hoe ons hom voor en gedurende wedstryde bestuur,” sê Fleck.

“Die mediese personeel sê dis nog nie só ernstig as die probleem wat hy voorheen gehad het nie.”

’n Verandering in ’n sleutelposisie laat in die week was min of meer ’n mikrokosmos van die Stormers se seisoen. Dit het begin toe die Springbok-haker Bongi Mbonambi hom op die vooraand van die eerste ligawedstryd moes onttrek nadat sy blindederm gebars het.

Met die Bok-slot Eben Etzebeth dwarsdeur die veldtog ook buite aksie kon Fleck nie by ’n enkele geleentheid sy sterkste pak voorspelers kies nie.

Nederlae teen die Waratahs in Sydney, Sunwolves in Hongkong en Leeus op Nuweland – almal wedstryde wat die Stormers in ’n posisie was om te wen – was volgens Fleck bepalend in sy span se ondergang vanjaar.

“As ons net twee uit daardie drie wedstryde gewen het, sou die kwarteindronde gewink het.

“Ek is baie bly ons kon ons veldtog op ’n hoogtepunt afsluit. Ek is geweldig trots op die spelers. Die Haaie het terugbaklei in die tweede helfte, maar ons het karakter en veggees getoon. Daar is vir die trui gespeel en ons het teen die einde van die wedstryd sterker geraak.”

Goeie afronding in die eerste helfte het die Stormers van die sege verseker, maar Fleck meen die geluk was vir ’n verandering ook aan sy span se kant.

“Die Haaie het byna van twee goeie bewegings in die tweede helfte drieë aangeteken. ’n Vorentoe aangee en obstruksie het egter beteken dat dit nie drieë was nie. Ons het energie daaruit geput en sterk geëindig.”

Terwyl daar in die volgende week oor Fleck se toekoms bespiegel sal word, gaan hy beplan asof hy aanstaande jaar nog die span gaan brei.

“Ons gaan nou ons hersiening van die seisoen doen en ons planne gereed kry vir 2019. Natuurlik is ons nie tevrede met die seisoen nie, maar baie lesse is geleer. Ons glo ons het die groep spelers en spanbestuur om die span bo te kry,” sê hy.

Puntemakers:

Stormers 27 (21): Drieë: Cobus Wiese, EW Viljoen, Raymond Rhule. Doelskoppe: Josh Stander (3). Strafdoele: Stander (2).

Haaie 16 (9): Drie: Kobus van Wyk. Doelskop: Robert du Preez. Strafdoele: Du Preez (3).
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1684
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 10:28am
As As As Fleck... Al die spanne (behalwe die Crusaders) sit met 'n paar "Asse". Nie net die Stormers nie.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3374
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 10:41am
Ek sal verbaas wees as hy vlg jaar nog die afrigter is. Maar met die klomp clowns wat daai unie beheer is niks onmoontlik nie
Back to Top
AK  View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 791
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote AK  Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 09-Jul-2018 at 11:10am
Dink hulle geld is klaar so kan nie enige iemand wat geld kos aanstel nie so dink hulle sit maar met Fleck.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.