Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Herstel Superrugby of vat die pad, sê Jake
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing Griquas at Ellis Park on Friday 24 August 2018, kickoff 19:00 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Herstel Superrugby of vat die pad, sê Jake

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 23075
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Herstel Superrugby of vat die pad, sê Jake
    Posted: 08-Aug-2018 at 11:33am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/herstel-superrugby-of-vat-die-pad-se-jake-20180808

Jake White sê Superrugby is “gebrekkig” en Suid-Afrika moet besluit of hy aan die reeks wil verander of dit verlaat.

Die voormalige Springbok-afrigter skryf in sy rubriek op AllOutRugby.com dat hy beïndruk was met die Crusaders se titelsege, maar meen die gehalte van die reeks sowel as die Kiwi’s se teenstanders in die eindstryd, die Leeus, laat veel te wense.

“Moenie dat ’n goeie eindstryd jou blind maak vir die feit dat die reeks steeds gebrekkig is nie. Hoewel amptenare hoog in hul skik sal wees ná ’n suksesvolle eindstryd, is die realiteit van hul produk baie anders,” sê White.

Sy kommentaar volg kort op die uitlatings van die omstrede Britse rugbyskrywer Stephen Jones wat glo die huidige groep Crusaders is ’n skaduwee van hul kampioenspanne van die verlede en bied geen uitdaging aan Europa se beste klubs nie.

Volgens White moes die eindstryd tussen twee Kiwi-spanne beslis word. Hy glo die Hurricanes en Chiefs was beter as die Leeus, wat bevoordeel is deur die omstrede konferensiestelsel.

“So dapper soos die Leeus was in hul poging om ’n wonderwerk te verrig, was dit Mission: Impossible. Daardie span sou nooit ’n Kiwi-span in Nieu-Seeland klop nie.

“Om eerlik te wees, dit was waarskynlik ’n onregverdige eindstryd want dit is nie deur twee Kiwi-spanne beslis nie. Daar is geen manier dat die beste twee spanne in die reeks vir die trofee gespeel het nie,” sê White.

“Sanzaar sal vanuit ’n bemarkings- en kykersgetalle-oogpunt voel hy het geslaag. Vanuit ’n rugby-oogpunt kan dit egter nie reg wees nie.

“Die Chiefs en die Hurricanes – wat meer wedstryde gewen het en meer ligapunte as die Leeus opgestapel het al het hulle in dieselfde konferensie as die Crusaders en die Highlanders meegeding – moet veronreg voel dat hulle nie ’n regverdige kans om die titel gekry het nie.

“Mense oor die wêreld heen volg sport want hulle wil daar wees op daardie oomblik van ’n groot opskudding. Kenners hou daarvan om oor groot opskuddings en groot terugvegpogings te gesels, maar dit raak verlore in die voorspelbare Superreeks.

“Die reeks is soos ’n trein wat sy skedule volg – die uitslae word bepaal deur tuisveldvoordeel, die konferensie waarin jy speel en die reisfaktor.”

White, wat die Brumbies en die Haaie gebrei het voor sy skuif na die Franse klub Montpellier, rig nou Toyota Verblitz in Japan af.

Hy glo rugby se magsbasis is aan die skuif en sê Suid-Afrika “staan voor ’n paar groot besluite” oor waar hy wil meeding.

“Rugby beweeg noord en Suid-Afrika moet besluit of Superrugby iets is wat ons wil verlaat of iets is wat ons wil verander,” sê hy.

Die Cheetahs en die Southern Kings, wat uit die Superrugby geskop is, ding reeds in die Pro14-reeks mee saam met spanne van Wallis, Skotland, Ierland en Italië.
Back to Top
AK  View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 759
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote AK  Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 08-Aug-2018 at 11:42am
Jake was lanklaas in die koerante. Hy voel seker dit is weer tyd...
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 23075
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 08-Aug-2018 at 11:51am
Ek voel ook dat die huidige formaat gebreek is en hulle maak 'n groot fout om dit nie reg te maak nie, 2019 word met dieselfde reels as 2018 gespeel en ek dink dis 'n groot fout
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.039 seconds.