Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Springbokke
  New Posts New Posts RSS Feed - Hardebaarde laat Bokke in die steek
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Hardebaarde laat Bokke in die steek

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24772
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Hardebaarde laat Bokke in die steek
    Posted: 05-Nov-2018 at 9:43am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/hardebaarde-laat-bokke-in-die-steek-20181105

Willie le Roux en Franco Mostert het hulle by die Springbok-toergroep aangesluit, maar dit is onseker of die skrumskakel Faf de Klerk ook vir Saterdagaand se toets teen Frankryk in Parys oorweeg kan word.

Dit is veral goeie nuus dat Mostert teen die Hane kan speel, nadat die ervare Bokslot Eben Etzebeth ’n voetbesering teen Engeland opgedoen het.

Daar sal Maandag bevestig word hoe ernstig die besering is wat Etzebeth Saterdag in die verloortoets teen Engeland op Twickenham opgedoen het.

Le Roux, wat vir London Wasps speel, was al verlede week in Londen in die kamp, maar Mostert, wat enkele dae gelede by sy nuwe klub, Gloucester, aangemeld het, het eers Sondag sy opwagting gemaak.

Die Sale Sharks het kort voor die toer bevestig De Klerk gaan nie vrygestel word om van die November-toetse vir Suid-Afrika te speel nie. Sy naam was ook nie in die toergroep wat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) uitgestuur het nie.

Le Roux en Mostert se name het wel in die groep verskyn.

Daar is nietemin steeds ’n kans dat dié blondekop-skrumskakel, wat een van Wêreldrugby se benoemdes vir Speler van die Jaar is, in die volgende drie weke by die span kan inval.

Die Springbokke speel teen die Hane, teen Skotland en teen Wallis in Edinburg en Cardiff.

Rassie Erasmus, die hoofafrigter, het intussen gesê die twee jong en onervare skrumskakels, Ivan van Zyl en Embrose Papier, sowel as die 20-jarige heelagter Damian Willemse, het hulle almal goed van hul taak teen die Engelse gekwyt.

“Ek het gedink al die jong manne het goed gedoen. Jy kan nie van twee nuwelinge soos Ivan en Embrose verwag om soos 30-jariges, wat al 50 toetse gespeel het, te dikteer nie.

“Wedstryde soos hierdie is ’n waardevolle leerskool en dieselfde geld Damian. Heelagter en skrumskakel is posisies waarin besluitneming van die grootste belang is en ek dink hulle het almal goed gevaar.

“Ja, ons mis vir Faf, maar ons het altyd geweet dit is die scenario. Dieselfde geld Willie.”

Erasmus het geen geheim daarvan gemaak nie dat die senior manne in die agttal, van wie nie een minder as 20 toetse se ervaring het nie, die span in die steek gelaat het op Twickenham.

Hy sal vandeesweek moet besluit of Duane Vermeulen weer die nr. 7-trui teen Frankryk moet dra. Met Mostert terug in die prentjie, kan Pieter-Steph du Toit weer deel van die lostrio wees.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24772
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-Nov-2018 at 10:18am
Damian de Alllende het die hele wedstryd net 2 keer gepass, Jesse Kriel ook. Soos iemand opgemerk het, as jy weet jy gaan nie jou vleuels gebruik nie, hoekom kies jy dan nie eerder 2 flanke op vleuel om jou te laat help tackle nie?
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24772
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-Nov-2018 at 10:23am
1 lynbreek vir ons die hele wedstryd, en zero offloads.
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1598
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-Nov-2018 at 11:42am
Unfortunately everyone shouts De Allende's good things. One decent break, and some god defensive work. But they forget about his passing, or lack thereof. In my mind, Kriel was absent.
Back to Top
TunaLion View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Whk, Nambabwe
Status: Offline
Points: 579
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote TunaLion Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-Nov-2018 at 12:10pm
Ek moet sê, ekt baie meer van n invloed verwag van Swys in die agterlyn en aanval,maar tog het niks verander vandat hy ingekom het nie. So of die spelers vee hulself net af op hom of hy het nie veel sê nie.
Moo-Mamma, Moo-Papa, MooMa, Mei-Mei. BooBoo en Snif-snaf, ou Stinkie daar by. Almal bly saam in die Moo vallei!
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24772
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-Nov-2018 at 1:51pm
Ek sien nou net dis aangekondig dat Faf nou weer beskikbaar is om vir die Bokke te speel in die oorblywende 3 toetse

Edited by Transvaal - 05-Nov-2018 at 1:51pm
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24772
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-Nov-2018 at 1:53pm
Maar ek dink nie die skrummies was die groot sondebokke nie, so weet nie of Faf so groot verskil gaan maak nie. 'n Binnesenter wat in 80 minute net 2 keer die bal pass, ek sal daar begin kyk. 'n Binnesenter is jou verspreider, 2 passses in 80 minute kwalifiseer nie as verspreider nie
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 1102
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-Nov-2018 at 7:20pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Maar ek dink nie die skrummies was die groot sondebokke nie, so weet nie of Faf so groot verskil gaan maak nie. 'n Binnesenter wat in 80 minute net 2 keer die bal pass, ek sal daar begin kyk. 'n Binnesenter is jou verspreider, 2 passses in 80 minute kwalifiseer nie as verspreider nie
Stem. Pollard moet op 12 en Jantjies op 20 speel. Ek sal selfs vir Willemse op 12 probeer. Ons backs lyk elke keer goed as ons 2 10e langs mekaar speel. Die oomblik toe Elton Saterdag opkom, toes daar vuur in ons agterlyn. Maar dit was reeds te laat.. As hy begin het het ons baie meer driee gedruk in die eerste helfte.
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 280
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Nov-2018 at 7:51am
Het julle die mock video gesien waar Rassie vir Esterhuizen "leer" tackle? 
Back to Top
monster View Drop Down
Welpie
Welpie


Joined: 05-Apr-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 179
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote monster Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Nov-2018 at 8:10am
Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

Het julle die mock video gesien waar Rassie vir Esterhuizen "leer" tackle? 

Haha net ou Rassie wat so iets sal doen
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 280
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Nov-2018 at 8:17am
Back to Top
Rugby101 View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu
Avatar

Joined: 23-May-2016
Location: Durban
Status: Offline
Points: 16
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Rugby101 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Nov-2018 at 8:45am
Classic
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 1014
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Nov-2018 at 9:19am
Dit bekommer my dat die bok coach tyd het om sulke videos te maak na n verloor . Ek sou hoop hulle vat dinge meer erinstig op 
Back to Top
monster View Drop Down
Welpie
Welpie


Joined: 05-Apr-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 179
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote monster Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Nov-2018 at 10:35am
Originally posted by Zibbie Zibbie wrote:

Dit bekommer my dat die bok coach tyd het om sulke videos te maak na n verloor . Ek sou hoop hulle vat dinge meer erinstig op 

Ek weet darm nie hy probeer n boodskap stuur ... as hy sy bek oop maak en iets sê word hy gefine
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1681
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Nov-2018 at 11:14am
Eintlik is dit verfrissend dat Rassie-hulle na die ligte kant kyk inplaas van om te huil en moan daaroor en te voel die wêreld is teen hulle. Hulle kan ook niks vir Rassie sê nie want die ref en die "citing" persoon het dan gesê om so te tackle is wettig.. Rassie wys maar net uit hoe belaglik dit alles was.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24772
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Nov-2018 at 11:19am
ek dink nie ons moet die citing ding verkeerd interpreteer nie, die ou wat die citing doen sal dit net doen as hy dink dit was 'n rooi kaart (dink ek). So strafskop of geel kaart kan nie gecite word nie.  
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1598
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Nov-2018 at 11:20am
Its hilarious. However, I think the first armless or high tackle we make, will be penalised.





Back to Top
AK  View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 789
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote AK  Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Nov-2018 at 11:25am
Originally posted by monster monster wrote:

Originally posted by Zibbie Zibbie wrote:

Dit bekommer my dat die bok coach tyd het om sulke videos te maak na n verloor . Ek sou hoop hulle vat dinge meer erinstig op 

Ek weet darm nie hy probeer n boodskap stuur ... as hy sy bek oop maak en iets sê word hy gefine


Ek stem. Einde vandag het ons net onself om te blameer vir die verloor maar help ook spelers en die res van ons om humor in die onregverdige te kan sien.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.084 seconds.