Forum Home Forum Home > General Rugby > World Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Hansen braak gal oor rigtinglose Wêreldrugby
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Hansen braak gal oor rigtinglose Wêreldrugby

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24703
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Hansen braak gal oor rigtinglose Wêreldrugby
    Posted: 25-Jun-2018 at 5:27am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/hansen-braak-gal-oor-rigtinglose-wereldrugby-20180624

’n Gefrustreerde Steve Hansen, breier van die All Blacks, het Sondag ’n dwarsklap na Wêreldrugby gemik en gesê dis tyd dat dié beheerliggaam sy leierskap verbeter en begin luister na afrigters.

Hansen het pas na sy span Saterdag die reeks teen Frankryk met 3-0 beklink het, uitgevaar oor die “tandelose” beheerliggaam en gesê hy weet hy kan in die sop beland oor dié standpunt, maar hy hoop dit val nie op dowe ore nie en dat daar “progressiewe veranderinge” kom wat rugby sal bevoordeel.

Verskeie toetse vanjaar is gekenmerk deur omstrede beslissings deur skeidsregters en Hansen het Wêreldrugby versoek om sy “kop uit die sand te lig” en iets omtrent die situasie te doen.

“Dit het nou ’n punt bereik waar daar ingegryp moet word. Gebeur dit nie, sal dit die spel nog meer skaad,” het die Kiwi-breier Sondag gesê.

Die afgelope reeks tussen die All Blacks en die Hane het verskeie omstrede beslissing opgelewer.

In Saterdag se derde toets was die Franse siedend kwaad toe die Kiwi-losskakel Damian McKenzie se drie toegeken is nadat die Ierse skeidsregter, John Lacey, direk in die pad van die Franse verdediger Baptiste Serin gestaan het.

In die tweede toets is die Franse heelagter Benjamin Fall vroeg in die wedstryd met ’n rooikaart deur die blaser, die Australiër Angus Gardner, afgestuur nadat hy in die lug met die Kiwi-losskakel Beauden Barrett kontak gemaak het.

Wêreldrugby het ná die tyd Gardner in die verleentheid gestel deur te sê die beslissing was ’n fout. Fall se rooikaart is derhalwe gekanselleer.

Die Australiese vleuel Israel Folau is ook Saterdag op omstrede wyse met ’n gele gestraf vir kontak in die lug met ’n Ierse speler in die twee nasies se toets.

Hansen sê die spel is deesdae baie vinniger en meer vloeiend, maar ongelukkig het Wêreldrugby nie in pas gebly met die veranderinge nie.

“Ons het nie verander wat betref hoe wedstryde beheer word nie. Skeidsregters benader die spel nog soos dit ’n jaar of wat gelede benader is, streng volgens die boek. Ons sê daar is een ou wat die heeltyd in beheer van die spel is, maar dis nie geval nie. Die invloed wat assistentskeidsregters het, is deesdae enorm.”

Skeidsregters benader die spel nog soos dit ’n jaar of wat gelede benader is, streng volgens die boek.

Hansen het vyf jaar gelede saam met verskeie nasionale breiers ’n beroep op Wêreldrugby gedoen om ’n stelsel in plek te kry wat ’n span toelaat om die skeidsregter se beslissing te bevraagteken. Daarvan het dadels gekom.

“Raak ontslae van die assitentskeidsregter en sê aan die afrigters: Goed, jy het twee verwysings per toets. As ’n verwysing slaag, behou jy dit. As die oorspronklike beslissing bly staan, verloor jy die verwysing. Net soos in toetskrieket,” het Hansen Sondag gesê.

Skeidsregters het meer leiding en ondersteuning nodig, het Hansen bygevoeg.

“Onsekerheid het ’n negatiewe uitwerking op skeidsregters. Hulle doen so goed soos hulle kan, maar Wêreldrugby se hardkoppige houding dwing blasers om sekere beslissings te maak wat spanne benadeel.”

Op ’n vraag hoe Hansen sy boodskap by Wêreldrugby gaan tuisbring, sê die breier hy het geen idee nie.

“Ek neem aan jy moet maar aanhou neul in hul ore. Hulle het ’n presedent geskep, nie waar nie? Toe Angus (Gardner) streng volgens die rugbyreëls Fall die rooikaart gewys het, het hulle agterna omgeswaai en gesê dit was ’n swak beslissing. Maar dis hulle reëls!

“Wêreldrugby moet mooi gaan nadink oor sy posisie. Ingryping is dringend nodig. Dis baie duidelik vir ons (afrigters). Ek is seker dit is baie duidelik vir die rugbybase ook. Gesonde verstand moet sekerlik nou gebruik word.”
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1596
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 25-Jun-2018 at 10:22am
Unfortunately with some refs, the word common sense and referee do not belong in the same sentence. The laws allow too much room for interpretation. 
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3345
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 25-Jun-2018 at 10:42am
Originally posted by Lion4ever Lion4ever wrote:

Unfortunately with some refs, the word common sense and referee do not belong in the same sentence. The laws allow too much room for interpretation. 

In some cases it doesn't allow for any interpretation though. Like during the Ab's game. Apparently the refs were technically correct to let that try stand when the ref blocked the defender. Because the rules state the ref is only allowed to over rule if he touched the ball. In that case common sense should've prevailed and the try cancelled..
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1596
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 25-Jun-2018 at 11:17am
In the Newlands test on Saturday, in one scrum SA creamed the Poms, but we were penalised for scrumming in. A few scrums later, England destroyed our scrum and we were penalised. From my vantage point on TV, it seemed as if the English were scrumming in on us. 
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.