Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Haaie, Leeus se hoop op dié spanne
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Haaie, Leeus se hoop op dié spanne

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24991
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Haaie, Leeus se hoop op dié spanne
    Posted: 08-Jul-2018 at 8:54am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/highlanders-moet-haaie-help-leeus-steun-op-brumbies-20180707

Die Stormers het die Haaie se Superrugby-lot uit die Durbaniete se hande geruk met hul sege van 27-16 op Nuweland.

As die Haaie dié stryd gewen het, sou hulle verseker gewees het van ’n plek in die kwarteindronde as hulle die Jaguares volgende week klop.

Nou moet die Haaie die Jaguares klop én hoop die Highlanders klop die Rebels in Dunedin. As die Rebels wel vir ’n opskudding sorg en die Highlanders troef, sal die Haaie nie in die kwarteindronde in aksie wees nie.

Die Leeus is reeds verseker van ’n plek in die kwarteindronde, maar hulle sal die Bulle Saterdag op Ellispark moet klop en hoop die Brumbies doen hulle ’n guns deur die Waratahs in Sydney te verslaan as hulle die groepfase in die tweede plek op die algehele puntelys wil afsluit.

Die Waratahs, wat die voorlopers in die Australiese konferensie is, is tans in die tweede plek. Die span wat in die tweede plek eindig, is verseker van ’n tuishalfeindstryd indien hy sy kwarteindstryd wen.

Die Leeus kan selfs hul kwarteindstryd weg van Ellispark moet speel as hulle teen die Bulle verloor en die Jaguares die Haaie in Durban klop.

Die Jaguares sal dan die seisoen as die voorste span in die Suid-Afrikaanse konferensie afsluit.

As die kwarteindronde ná die afgelope naweek se wedstryde beslis sou word, sou die stryde só daaruit gesien het: 1ste kwarteindstryd: Crusaders t. Rebels in Christchurch; 2: Hurricanes t. Chiefs in Wellington; 3. Waratahs t. Jaguares in Sydney; 4. Leeus t. Highlanders in Johannesburg.
Back to Top
LeeuBrul View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Boksburg
Status: Online
Points: 1874
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuBrul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 08-Jul-2018 at 10:42am
Alles is nou in die leeus se hande....kom boys!
Once a Lion always a lion
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.086 seconds.