Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > SuperSport Rugby Challenge
  New Posts New Posts RSS Feed - Griekwas mor oor Pumas se ‘wit’ span
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Griekwas mor oor Pumas se ‘wit’ span

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24991
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Griekwas mor oor Pumas se ‘wit’ span
    Posted: 10-Jul-2018 at 7:22am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/griekwas-mor-oor-pumas-se-wit-span-20180709

Griekwas het aan die vooraand van die eindstryd van die SuperSport-uitdaagreeks gemor oor hul teenstanders – die Pumas – se “gebrek aan transformasie”.

Die Pumas, wat die Noord-Kapenaars Sondag in Oudtshoorn pak, het verlede week slegs een speler van kleur, Ruwellyn Isbell, in hul beginspan vir die halfeindstryd teen die Bulle gehad. Die flank Brian Shabangu was op die plaasvervangersbank.

Volgens Jannie Louw, president van die Griekwas Rugbyunie, is hul klagtes nie ’n geval van suur druiwe nie, maar bevraagteken hulle die Pumas se verbintenis tot die bevordering van transformasie.

Griekwas daarenteen, het in hul halfeindstryd teen die Vrystaat XV vyf spelers van kleur in die beginspan en ’n verdere drie op die bank gehad. Die teiken vir die reeks is glo 45% vir die seisoen, nie noodwendig vir ’n wedstryd nie.

“Daar moet ’n kontrakteringsmodel wees wat verseker dat jy aan die vereistes van die kompetisie voldoen. Selfs al is daar beserings moet jy steeds die teiken kan bereik,” sê Louw.

“Uit ’n kompetisie-oogpunt het ons geen probleem dat slegs een speler van kleur ingespan is nie. As daar beserings is, is dit seker aanvaarbaar, maar ons kan nie in raadsale sit en saam besluit oor transformasie maar dit nie toepas nie. Ek sê weer, dis nie suur druiwe nie, maar dit moet aangespreek word,” sê Louw.

Hy sê by Griekwas word spelers juis op verdienste gekontrakteer aangesien ’n kwotastelsel nie by hulle bestaan nie.

Devon Marthinus (stut), Kwezi Mkhafu (haker), Sintu Manjezi (slot), Johnathan Francke (senter) en Ederies Arendse (vleuel) was die spelers van kleur Saterdag in Griekwas se beginspan teen die Vrystaters in Kimberley.

Pieter Burger, uitvoerende hoof van die Pumas Rugbyunie, wys daarop dat hulle deur beserings lamgelê is.

“Ek sit met beserings aan sleutelspelers – spelers van kleur wat die beginspan gewoonlik haal. Ons kontrakteer nie spelers om getalle vol te maak nie.

“Trouens, ek gaan nie kanse waag met spelers wat beseer is om getalle reg te kry nie. Ek moet aan die speler en sy gesin dink,” kap Burger terug.

Hy sê spelers soos Hilton Lobberts, Kwezi Mona, Tazz Fuzani en Andrew Beerwinkel, om ’n paar te noem, is van die beseerdes.

“Hierdie is almal spelers wat gewoonlik die beginspan haal, maar buite aksie is. In ’n stadium dié seisoen was sewe van die 22-tal spelers van kleur. Beserings het gekeer dat ons dit nie die naweek (teen die Haaie XV) kon doen nie,” sê Burger.

* Intussen het ’n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie laat weet dat aangeleenthede soos dié nie met die media bespreek word nie, maar hy het wel na Saru se strategiese transformasieplan verwys.

In dié dokument is die teiken onder die aantal spelers van kleur in spanne – oor die hele rugbyspektrum – teen 2019 tot 50% verhoog. Dit geld vir alle plaaslike reekse en sluit ook skeidsregters en afrigters in.
Back to Top
knersus View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Vanderbijlpark
Status: Offline
Points: 309
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote knersus Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Jul-2018 at 1:59pm
hierdie tipe k@k ruineer alles in hierdie land....
Back to Top
LeeuBrul View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Boksburg
Status: Online
Points: 1874
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuBrul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Jul-2018 at 2:46pm
Poepol!!!
Once a Lion always a lion
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.