Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Club Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Goosen kom oplaas met sak patats vorendag
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Goosen kom oplaas met sak patats vorendag

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24991
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Goosen kom oplaas met sak patats vorendag
    Posted: 09-Jul-2018 at 4:56pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/goosen-kom-oplaas-met-sak-patats-vorendag-20180709

Johan Goosen, voormalige veelsydige agterspeler van die Springbokke, het in die Franse media erken die manier hoe hy by sy Franse klub Racing 92 gedros het was “ ’n fout”.

Goosen het op omstrede wyse dié rugbyspan aan die einde van 2016 verlaat, al het hy kort vantevore ’n kontrak-verleniging onderteken wat hom nagenoeg €500 000 (sowat R7,8 miljoen) per jaar in die sak sou bring.

Goosen het destyds sy “uittrede” uit die spel aangekondig en het ’n betrekking as kommersiële bestuurder op ’n perdeplaas aanvaar.

Daar is destyds bespiegel dat Goosen “uittree” bloot sodat sy kontrak by Racing nietig verklaar kan word en hy dan ’n kontrak met ’n nuwe klub kan sluit.

In sy onderhoud met die Franse koerant Midi Olympique maak Goosen melding daarvan dat hy finansieel gesukkel het ná sy uittrede en dat sy pa hom “gehelp” het.

Goosen het vroeër vanjaar vir ’n opskudding gesorg toe hy aangekondig het dat hy tot die spel sal terugkeer en ’n kontrak met Montpellier in Frankryk gesluit het.

Volgens dié gewese Cheetah, wat ook tydens sy uittrede by ’n jagongeluk betrokke was, was die leefstyl in Parys die grootste rede vir sy uittrede.

“Ek het dit nie geniet in Parys nie. Ek is ’n Suid-Afrikaner en ek het ruimte nodig. In Parys se voorstede is die geboue so naby aan mekaar dat dit gevoel het asof ek versmoor,” vertel Goosen in die onderhoud.

“Ek het ongemaklik gevoel. Dit was asof ek in ’n boks geleef het. Die ergste was dat my jong seun ook baie ongelukkig was.

“Omdat ek so ongelukkig was kon ek nie nog vyf jaar daar bly nie ... Geld het niks daarmee te doen nie. Ek wou ’n ander lewe gehad het. Die son, oop ruimtes en die natuur. Ek sal dít alles by Montpellier (sy nuwe klub) hê.”

Volgens Goosen, wat die Springbokke in 13 toetse verteenwoordig het, het hy gesukkel om by ’n normale werkroetine in te skakel toe hy in Suid-Afrika was.

“Ek het regtig gewerk. Al die boere in die omgewing kan daarvan getuig. Ek was vier dae van die week op die pad van Bloemfontein tot in Kimberley,” het Goosen gesê.

“Ek het aanvanklik gesukkel om aan te pas. Toe ek ’n rugbyspeler was, het ek vryheid gehad en ek moes aan niemand rapporteer nie. In my nuwe betrekking moes ek elke dag aan ’n baas rapporteer. Ons het moeilik geleef op my enkel-salaris, maar gelukkig het ek my ouers se plaas, waarop ek elke naweek gewerk het, gehad. My pa het my ook ’n bietjie gehelp.”

Goosen is ook spyt oor hoe hy sy “uittrede” uit rugby benader het.

Ek weet almal dink ek is ’n skurk wat nie hierdie tweede kans verdien nie, maar ek hoop dat ek eendag vergifnis sal kry en dat my rugby by Montpellier mense gelukkig sal maak.

“Dit was malligheid. Ek het ’n fout gemaak, maar dis hoe die lewe werk. Ek het die laaste twee jaar ook baie volwasse geraak en my kop skoongemaak. My lyf het ook tyd gehad om te herstel.

“Ek het deur moeilike tye gegaan en ek was baie hartseer. Ek het baie keer gewonder of ek nie moet teruggaan Racing toe nie, maar is oortuig dat dit my nie goed sal doen nie. My advies vir enige speler in my posisie is om dit nie te doen nie. Die prys wat ’n mens betaal is te duur.”

Goosen het ook ontken dat Mohed Altrad, die miljardêr-eienaar van Montpellier, hom in hierdie tyd finansieel bygestaan het.

“Hy kon nie, selfs al wou hy. Eerstens het ek hom nie geken nie en dan is my bankrekeninge ook deur Franse balju’s nagegaan.”

Hy staal homself vir ’n vyandige ontvangs wanneer hy vir sy nuwe klub teen Racing te staan kom.

“Hulle gaan vir my fluit en my uitjou en beledig, maar ek gee nie om nie. Ek is voorbereid daarop. Ek weet almal dink ek is ’n skurk wat nie hierdie tweede kans verdien nie, maar ek hoop dat ek eendag vergifnis sal kry en dat my rugby by Montpellier mense gelukkig sal maak.”

* Goosen het vroeër vanjaar ’n paar keer vir die Cheetahs uitgedraf om weer sy rugbyfiksheid op te skerp.
Back to Top
AK  View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 791
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote AK  Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Jul-2018 at 7:11am
“Ek het ongemaklik gevoel. Dit was asof ek in ’n boks geleef het. "

n Boks binne in `n boks.

Ek verstaan nie die man nie. Hy het groot kontrak gehad en het lank euros verdien maar noem hoe swaer dit was na aftrede en hoe hulle sukkel op enkel salaris. Dink hy het lekker geleef en al sy geld geblaas.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 3374
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Jul-2018 at 7:30am
Ja AK, ek sal ook graag wil weet wat het van al sy Euro's geword wat hy oor soveel jaar verdien het (7.8 milj per jaar). Die is net n stront storie sodat mense hom nou moet jammer kry en vergewe vir die gemors wat hy gemaak het. Hy is regtig n boks..
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 1550
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 10-Jul-2018 at 7:35am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/goosen-kom-oplaas-met-sak-patats-vorendag-20180709
Ek weet almal dink ek is ’n skurk wat nie hierdie tweede kans verdien nie, maar ek hoop dat ek eendag vergifnis sal kry en dat my rugby by Montpellier mense gelukkig sal maak.
Miskien is dit dalk omdat hy 'n skurk is, wat nie die tweede kans verdien nie...
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.055 seconds.