Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Pro 14
  New Posts New Posts RSS Feed - Goosen begin terugkeer by Cheetahs
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing Griquas at Ellis Park on Friday 24 August 2018, kickoff 19:00 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

Goosen begin terugkeer by Cheetahs

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 23054
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Goosen begin terugkeer by Cheetahs
    Posted: 13-Mar-2018 at 5:21am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/goosen-begin-terugkeer-by-cheetahs-20180312

Die Goose is terug!

Die voormalige Springbok-losskakel Johan Goosen kan binnekort sy langverwagte terugkeer tot die rugbyveld vir die Cheetahs in die Pro14-reeks maak.

Hy gaan daarna, soos vroeër bespiegel, vir die Franse klub Montpellier speel.

Die 25-jarige Goosen het hom reeds Maandagmiddag by die Bloemfonteiners op die oefenveld aangesluit en saam met hul SuperSport-span litte losgemaak. Hy sal stellig Dinsdag met die Cheetahs se saamtrek ná hul weeklange blaaskans, saam met die Pro14-span begin oefen.

Goosen het in 2014 laas vir die Cheetahs gespeel en hy was in November 2016 in sy laaste amptelike rugbywedstryd in aksie.

Die Cheetahs sê in ’n verklaring Johan Goosen het “gekies om saam met die Cheetahs te oefen om weer sy voete te vind en sy spel op peil kry voordat hy hom by Montpellier aansluit.”

Goosen, wat 13 toetse op sy kerfstok het, gaan bykans vier maande in Bloemfontein wees.

“Hy sal tot die einde van Junie saam met die Cheetahs oefen en sal vir die span gekies kan word as hy op vorm is.

“Dis ’n groot kompliment vir Vrystaat Rugby dat hy gekies het hier te oefen en sy vertroue in die afrigters en kondisioneringspan geplaas het.

Dis ’n groot kompliment vir Vrystaat Rugby dat hy gekies het hier te oefen en sy vertroue in die afrigters en kondisioneringspan geplaas het.

“Vrystaat Rugby verwelkom Johan graag terug in Bloemfontein, waar hy rugby leer speel het,” lui die verklaring.

Vroeër is berig Goosen gaan dalk vir ’n Pro D2-klubspan in die Franse tweede liga speel voordat hy

hom by Montpellier aansluit.

* Die Cheetahs se losskakel Fred Zeilinga kan luidens gerugte ná die Pro14-reeks ’n oorsese skuif maak.

Hy het na verneem word nog nêrens pen op papier gesit nie, maar het ’n opsie of twee om te oorweeg.

Hy het die Cheetahs ook gevra om hom ’n aanbod maak.

Die oud-Matie-losskakel Ernst Stapelberg het intussen reeds sy kontrak met die Cheetahs verleng.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.