Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Other Internationals
  New Posts New Posts RSS Feed - Fox, Rugby Australië se paaie kan dalk skei
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Connacht in Ireland in the URC on 23 March 2024, kickoff is at 19:15

Fox, Rugby Australië se paaie kan dalk skei

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 39011
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Fox, Rugby Australië se paaie kan dalk skei
    Posted: 25-Nov-2019 at 8:03am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/fox-rugby-australie-se-paaie-kan-dalk-skei-20191124

Fox Sports Australië en Rugby Australië se vennootskap is in die weegskaal. 

Rugby Australië (RA) het ’n verklaring uitgereik ná gerugte dat Foxtel hom die deur kan wys ondanks ’n verbintenis van 20 jaar.

The Sydney Morning Herald berig dat die nuusagentskap hom aan ’n ooreenkoms van vyf jaar met Rugby Australië onttrek het.

Die verlies van ’n winsgewende kontrak sal ’n groot terugslag vir die sport in Australië wees, wie se TV-ooreenkomste reeds ver agter dié van die Nasionale Rugbyliga is.

Geld wat gemaak word uit TV-ooreenkomste is verreweg Rugby Australië se grootse bron van inkomste en dit betaal vir Superrugby en die Wallabies. “Wat die mediaregte betref, is RA in gesprekke met die breër mark oor die regte vir die tydperk van 2021 tot 2025.

“Geen formele onderhandelinge met die breër mark het nog plaasgevind nie. “Rugby Australië sal met ’n formele regte-aanbod op ’n gepaste tyd begin voor die einde van die huidige regte-tydperk.

“Rugby het ’n vennootskap van 25 jaar met Fox Sports en gaan voort met gesprekke met personeel in uitvoerende poste,†sê Rugby Australië in ’n verklaring. 
Back to Top
Tin View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Brits
Status: Offline
Points: 211
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Tin Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 25-Nov-2019 at 1:56pm
Suid Afrika gee al di kykers maar kry minste uit die uitsaai deals van super rugby, daar was so ruk terug n artikel oor die swak rand en geld met die huidige kontrak wat in effek beteken SA spanne kry al minder en minder want SARU vat nog hul cut ook, hoekom SARU hul geld in rand sal beding maak net nie sin nie, mos in dollars doen of n gemeenskaplike geldeenheid. Sal kyk of ek link kan kry erens
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.090 seconds.