Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Nog skole sterre trek oorsee
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Nog skole sterre trek oorsee

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39072
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Nog skole sterre trek oorsee
    Posted: 11-Nov-2019 at 8:14am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/sa-bloei-oor-nog-skole-sterre-oorsee-trek-20191109

Terwyl ’n golf van rugby-euforie oor die land spoel ná die Bokke se Wêreldbeker (WB)-sege dreig groot onweer aan die junior-front van Suid-Afrikaanse rugby.

Soveel as 19 van die land se top-skolespelers het reeds kontrakte met oorsese klubs geteken om hul rugby daar te speel. Daar is vroeër vanjaar geopenbaar dat twee topspelers, Kade Wolhuter van Paul Roos Gimnasium en FC du Plessis van Grey-kollege, onderskeidelik vir die Franse klubs Montpellier en Toulon geteken het. Dit het tot gevolg gehad dat die SA Skolekeurders die twee nie vir die SA Skolespan oorweeg het nie.

SA Rugby se besluit om sy spelerskorps te verklein ter wille van kostebesparing is klaarblyklik die hoofoorsaak van die spelers se besluit om oorsee te gaan, met net 15 van vanjaar se SA Skolegroep van 26 wat kontrakte by plaaslike provinsies gekry het.

Waar daar in die verlede meer as 100 kontrakte vir skoolverlaters beskikbaar was, is daar vanjaar net sowat 30 toegeken, met provinsies wat hulle spelersbegrotings gesny het om by die nuwe stelsel aan te pas. Die Blou Bulle, wat die grootste werwer van skoletalent was, het vanjaar net vier kontrakte toegeken.

Die afskaffing van die o.19-liga, wat nou net ’n weektoernooi geword het, en die finansiële stand van baie unies dra ook by tot spelers se besluit om elders ’n rugbyheenkome te vind. Volgens Rapport se inligting is Montpellier een van die voorste kopers van talent – met Paul Roos se stut Robbie Rodgers (seun van die oud-Bok Heinrich), en Grey-kollege se makrovleuel Marcell Muller en senter Lesley Botha ook onder die spelers wat deur dié Franse klub gekontrakteer is. 
Noordheuwel se agtsteman Sergio Moreira het ook by dié klub geteken. Rapport verneem Grey se stut Jan-Hendrik Wessels en agtsteman George Cronjé onderhandel ook met klubs in Frankryk, maar het nog nie geteken nie.

Die Australiese klub Mel-bourne Rebels se Suid-Afrikaanse afrigter, Dave Wessels, het aan Rapport bevestig hulle “is baie naby daaraan” om die handtekeninge van Grey se Tiaan Jonker en Paul Roos se Jarrod Cairns te bekom. Cairns was een van die uitblinkers van vanjaar se SA Skole-A-span. Du Plessis sal by Toulon aankom, saam met nog ’n Grey-speler, Danwich Beukes, seun van die oud-Vrystaat-flank Joe. Die SA Skole-heelagter Zeilinga Strydom en die Affie-stut Werner Kruger sal hul rugby by Heyneke Meyer se klub, Stade Français, voortsit. Affies se kaptein, Jacques-Lois du Toit, is ook in onderhandelinge om by die klub aan te sluit. Paarl Gimnasium se flank Pierich Siebert en senter Stephan du Toit gaan hul loopbane in Japan voortsit.

Twee belowende spelers uit Engelse skole, Alex Groves van St. John’s en Chris Poole van St. Andrew’s, gaan vir onderskeidelik Bristol en Ulster speel. Albei het Britse paspoorte. 

Die Cheetahs se direkteur van rugby, MJ Smith, glo die verandering in die stelsel lei tot die uittog van spelers. “Die feit dat daar nie ’n o.19-Curriebeker-reeks is nie, en baie minder skoolseuns kontrakte kry, maak dit moeilik om hulle te oorreed om in Suid-Afrika te bly,” het hy aan Rapport gesê. “Die Cheetahs het wel vir ’n paar Grey-seuns aanbiedinge gemaak, maar sonder sukses.” 

Volgens Smith gaan die gevolge eers later gevoel word. “Die verlies aan jong talent van dié kaliber gaan ons eers tref oor vier of vyf jaar en dan is dit te laat. Ons kan nie meer van WB tot WB beplan nie. Ons moet deurlopend oor die volgende vier jaar die nuwe Springbokke inbring en grootmaak, maar die verlies aan top-juniors maak die spelerspoel kleiner.” 

Rapport het vrae aan die rugbyagent Gerrie Swart, hoof van die agentskap CSM, gestuur. CSM bestuur tien van die jong spelers wat oorsee geteken het, maar Swart wou nie redes verskaf hoekom spelers verkies om oorsee te gaan speel nie. “Die redes vir die besluite om oorsee te gaan speel, is uniek en persoonlik tot elke individu. Dit is ook vertroulik,” sê Swart. ’n Woordvoerder van SA Rugby sê die situasie is nie só sleg nie. “Duisende skoolseuns speel eerstespanrugby elke jaar en as van hulle besluit om ’n kans te vat om ’n loopbaan oorsee te volg, is dit hul reg.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.101 seconds.