Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > United Rugby Championship
  New Posts New Posts RSS Feed - Rassie vergader met Cheetahs oor Franco-kwessie
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Rassie vergader met Cheetahs oor Franco-kwessie

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39071
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Rassie vergader met Cheetahs oor Franco-kwessie
    Posted: 26-Apr-2019 at 12:40pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/rassie-vergader-met-cheetahs-oor-franco-kwessie-20190425

Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het Donderdag met sy franchise-besoek aan die Cheetahs bevestig dat hy betrek is by die proses om ’n opvolger vir dié span se breier, Franco Smith, aan te stel.

Smith gaan hom waarskynlik reeds voor die einde van die jaar as hoofafrigter by Italië se nasionale span aansluit.

Erasmus en die Springbokke se verdedigingsafrigter, Jacques Nienaber, het in Bloemfontein met die Cheetahs se uitvoerende hoof, Harold Verster, en lede van die direksie vergader.

Smith was met die aanvang van die vergadering nie teenwoordig nie. Hy het hom later saam met ’n paar spelers by die vergadering aangesluit.

“Ons het daaroor (die aanstelling van ’n opvolger vir Smith) gepraat, maar inligting daaroor moet Harold Verster verskaf. Ek gaan beslis by die proses betrokke wees,” sê Erasmus.

“Hy sal eers met sy direksie oor die proses gesels, maar hulle gaan my beslis betrek.

“Ons het sommer net in breë trekke gesels en hulle het my op die hoogte gebring oor waar hulle met die aangeleentheid staan. Daar sal later besluit word hoe ek betrek gaan word,” het hy gesê.

Erasmus sê die Cheetahs se Pro14-seisoen was ook ’n gesprekspunt.

“Dis die naweek hul laaste wedstryd van die seisoen en dan moet hulle vir die Curriebeker-reeks regmaak. Ons het daaroor gesels en ook oor hoe hulle die Pro14-voorseisoen gaan aanpak, omdat ek en Jacques twee jaar daar (by Munster) afgerig het.

SA Rugby se nuwe kontrakteringstelsel waarby die Cheetahs kan baat, was glo ook een van die besprekingspunte.

* Dit het aan die lig gekom dat die personeel van die Vrystaat-rugbyunie intussen versoek is om geen verdere mediaverklarings rondom Smith se posisie en sy moontlike skuif te maak nie.

’n Interne skrywe lui dat enige navrae daaroor via die mediaskakelafdeling moet geskied en dat net die besturende direkteur (Verster) dit mag afteken.

Smith self mag ook nie met die media daaroor praat nie.

Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.