Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > United Rugby Championship
  New Posts New Posts RSS Feed - Kings sê nee dankie vir Bok-vleuel
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Kings sê nee dankie vir Bok-vleuel

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39072
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Kings sê nee dankie vir Bok-vleuel
    Posted: 18-Apr-2019 at 3:02pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/kings-se-nee-dankie-vir-bok-vleuel-20190418

Die voormalige Springbok-vleuel Jamba Ulengo sal nie volgende seisoen vir die Southern Kings speel nie.

Deon Davids, die Kings se hoofafrigter, sê die Oos-Kaapse franchise was nie tevrede met Ulengo se mediese toetse nie.

Davids wou nie te veel besonderhede gee nie, maar sê die Kings het al te veel keer in die verlede hul vingers verbrand wanneer hulle spelers oor wie se fiksheid ’n vraagteken hang, gekontrakteer het.

“Ons het al te veel spelers gehad wat weens beserings nie aan ’n behoorlike voorseisoense oefenkamp kon deelneem nie en wat dan min deur ons gebruik kon word,” sê Davids.

Hy sê ook dis nie waar dat die Kings summier net ’n groot getal van hul spelers nie weer gaan kontrakteer nie.

“Ons (hy en Robbi Kempson, die Kings se hoëprestasie-bestuurder) monitor die situasie fyn,” sê Davids.

“Van die spelers kan steeds weer betrek word. Daar is verskeie dinge wat in ag geneem moet word.”

In hierdie stadium is daar nog geen nuus vanuit Toulon, met wie die Kings onlangs ’n samewerkingsooreenkoms aangegaan het, van spelers wat aan die Oos-Kaapse franchise geleen kan word nie.

Die onderhandelinge met die losskakel Demetri Catrakilis, wat in Engeland klubrugby speel, is ook nog hangende.

* Verskeie spelers van die Kings se groep het Woensdag in ’n vriendskaplike wedstryd vir die Oostelike Provinsie-Olifante teen die SWD-Arende in Plettenbergbaai gespeel.

Die Olifante was met 40-21 baas.

Van die klubspelers wat glo vir die Olifante gespeel en uitgeblink het, sluit in die skrumskakel Richmond Gora en die senter Sherwin Slater.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.