Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Junior Bokke
  New Posts New Posts RSS Feed - Chean vee voor eie deur ná Junior Bokke kleitrap
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Chean vee voor eie deur ná Junior Bokke kleitrap

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Chean vee voor eie deur ná Junior Bokke kleitrap
    Posted: 18-Apr-2019 at 2:56pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/chean-vee-voor-eie-deur-na-junior-bokke-kleitrap-20190418

Chean Roux, afrigter van Suid-Afrika se o.20-rugbyspan, het die fout by homself eerder as sy span gesoek nadat die Junior Springbokke Woensdag in Stellenbosch met 33-34 teen Argentinië verloor het.

“Dit was glad nie ’n goeie vertoning nie, maar ek sal later met die spelers praat. Dit begin by my. Ek sal moet kyk waar ek gefouteer het en hoe ons die wedstrydplan moet aanpas,” sê Roux.

Die wedstrydplan was egter nie soseer die probleem nie. Dit was eerder ’n geval van die Junior Bokke se dissipline wat swak was en veral hul power skrumwerk. Dis moeilik om te glo dat daar in ’n land met soveel rugbytalent soos Suid-Afrika nie sterker stutte is nie.

Daar was nou en dan ’n goeie skrum, maar die Jong Bokke is in daardie faset tot oorgawe gedwing. Hulle het ’n oorstoot- en strafdrie afgestaan omdat hulle nie hond haaraf kon maak in die vaste skrums nie. Skrumwerk was reeds in die Junior Bokke se eerste wedstryd in die internasionale reeks, ’n sege van 58-10 oor Georgië, ’n probleem. Hulle was beter in die daaropvolgende oorwinning van 50-8 oor ’n Namibiese Vyftiental.

“Jy kan nie goeie rugby speel as jy nie jou eerste fases – die skrums, lynstane en afskoppe – wen nie. Ons gaan baie aan ons vaste fasette moet werk,” sê Roux.

Oor die rooi- en geelkaart wat die Junior Bokke help kelder het teen die Poemas – onderskeidelik vir Janko Swanepoel en Emile van Heerden – sê Roux die spelers moet die nagevolge van swak dissipline besef.

“Jy kan nie net 13 spelers op die veld hê nie. Een só ’n fout en dis die einde van die wedstryd,” sê hy.

Daar moet wel in gedagte gehou word dat Roux sekerlik nog nie al sy kaarte gespeel het voordat die o.20-Wêreldtoernooi in Junie in Argentinië afskop nie.

Tans stel hy nog kombinasies op die proef.

Volgende op die SA o.20-span se program is ’n toer Brittanje toe vir wedstryde teen Engeland en Wallis. Hulle vertrek Dinsdag.

“Ons sien uit daarna. Ons wil getoets word, want dit deug nie om al jou wedstryde voor die Wêreldtoernooi te wen en dan dáár te verloor nie. Die toer Brittanje toe sal weer eens die span se karakter toets,” sê Roux.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Apr-2019 at 2:57pm
Ek dink hy kyk op die regte plek....LOL! Dis mos die ou wat my gebel het toe ek sy spankeuses op twitter gekritiseer het
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 2713
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Apr-2019 at 3:29pm
Clown
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.