Forum Home Forum Home > General > Rugby Laws
  New Posts New Posts RSS Feed - Nuwe skopreël kan aanvallende rugby help
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Nuwe skopreël kan aanvallende rugby help

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Nuwe skopreël kan aanvallende rugby help
    Posted: 24-Mar-2019 at 7:32am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/nuwe-skopreel-kan-aanvallende-rugby-help-20190323

’n Beplande nuwe skopreël kan rugby aansienlik verander en aanvallende spel aanhelp, maar oud-Springbokke is bekommerd oor ander areas van die spel waaraan Wêreldrugby wil timmer.

Die beheerliggaam het vandeesweek by sy spelerwelsyn-simposium in Marcoussis, Frankryk, verskeie reëls onder die loep geneem om te sien hoe rugby veiliger en aanskouliker gemaak kan word.

Terwyl daar gewoonlik gemor word oor die invloed van reëlveranderings op die spel, was daar ’n goeie ontvangs vir ’n nuwe skopreël wat oorweeg word.

Volgens dié verandering sal ’n span wat die bal uit sy eie helfte in die teenstander se kwartgebied uitskop, die ingooi by die lynstaan kry. Dit geld nie skoppe wat regstreeks uit is nie.

Dit is soortgelyk aan Rugbyliga se “40-20” reël wat in die geval ‘n “50-22” reël word. Huidiglik as die bal uithop kry die verdedigende span die lynstaan ingooi.

Ander moontlike veranderings onder bespreking is om die hoogte van wettige duikslae na die heupe toe te verlaag, asook om dubbel-duikslae te verbied.

’n Moontlike hersieningstelsel, waarvolgens ’n geelkaart na ’n rooie verander kan word terwyl die speler van die veld af is, word ook bespreek.

Die simposium word deur oudrugbyspelers soos Jean de Villiers, Conrad Smith en Thierry Dusautoir bygewoon, asook afrigters soos Ian Foster van Nieu-Seeland en die Bokke se verdedigingsghoeroe Jacques Nienaber. Die sportwetenskaplike Ross Tucker neem ook deel aan die gesprekke.

Die voormalige Springbok-senter Brendan Venter sien meriete in die skopreël, maar meen die planne met die duikslae sal nie noodwendig help om beserings en harsingskudding te verminder nie.

Maar volgens Brendan Venter, oud-Bokspeler en hulpafrigter, is die skopreël ‘n goeie ding, alhoewel dit nie noodwendig die doel om beserings en duikslae te verminder, sal bereik nie.

“Ek hou van hoe hulle tans dink,” het Venter aan Rapport gesê. “Ons moet altyd na die spel kyk om te sien hoe dit aanskouliker gemaak kan word. Dis ’n goeie idee om spanne te probeer kry om spelers agter te los (om skoppe te ontvang), om sodoende ruimte aan die buitekant te skep.

“Dit sal spanne aanmoedig om van diep te speel en hulle sal drie spelers agter los om die skoppe te keer. Dit sal natuurlik in die begin veroorsaak dat spanne meer skop, maar ons sal ’n tendens sien dat spanne ook meer hardloop en ’n manier vind om die ruimte te benut.

“Goeie spanne laat reeds twee spelers agter en die ruimte is deesdae meer deur die middel.”

Venter glo die idee met die duikslae is “belaglik” en sal meer harsingskuddings tot gevolg hê”.

“Hoe reguleer jy ’n dubbelvat? Wat is ‘n laagvat – dit is nie moontlik om dit te doen nie, en hoe jy ‘n verdediger manipuleer is deel van goeie rugby. Dit is te veel op beserings gefokus en nie op wat goed is vir die spel,” het Venter gesê.“Om die hoogte van die laagvat te verlaag sal nie werk nie. Hulle het ’n soortgelyke ding in Engeland se tweede liga probeer en hulle moes dit ná drie maande stop omdat daar te veel harsingskuddings was.”

Die voormalige Springbok-losskakel Braam van Staaten is nie gaande oor die skopreël nie.

“Ek is bang dat jy die ouens se vermoë om aanvallende rugby uit hul eie gebied te speel sal wegneem.

“Ek dink daar moet meer gekyk word om die aanvallende span meer ruimte te gee. Om een ou uit die lyn te haal, is nie die oplossing nie,” het hy gesê.

Van Straaten glo as die afbreekpunt beter gepatroleer word, sal daar in elk geval spasie wees.

“As hulle die ruck beter patroleer sal dit beter gaan – die bal word ongelooflik stadig daar gemaak. Dit gaan nie oor nommers op aanval of verdediging nie, dit gaan oor vinnige bal, en as jy vinnige bal kry is daar spasie. Met vinnige bal kan drie aanvallers vir vyf verdedigers klop.”

Van Straaten glo ‘n groter fokus op tegniek eerder as hoogte behoort die uitgang te wees.

“As jy tegnies goed is, dan is veiligheid daar. Ek het ‘n tegniek vir die Haaie ontwikkel wat spelers wys waar hulle sterk in kontak is en dit ontwikkel.

“In Super Rugby, Curriebeker en tot op die Bulls wedstryd het ons 3376 duikslae gemaak en net een harsingskudding gehad. Ons is amper beseringsvry en dit kom van ‘n stelse wat ‘n ou verstaan waar hy sterk is, en homself in ‘n posisie kry om veilig te wees.

“As jy die hoogte laer maak, baie keer as jy van vooraf ingaan is dit moeilik en jy kan “gebump” word. Die beserings sal ook opgaan.”
Back to Top
Rooibonte8 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 02-Apr-2016
Location: Rayton
Status: Offline
Points: 414
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Rooibonte8 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 24-Mar-2019 at 9:14pm
Daardie tackel reel sal verseker dat geen slot ooit weer n kort speler wettig kan duik nie
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.