Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Dís waarom Haaie Kiwi’s ‘Blues’ kan gee
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Dís waarom Haaie Kiwi’s ‘Blues’ kan gee

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Dís waarom Haaie Kiwi’s ‘Blues’ kan gee
    Posted: 22-Feb-2019 at 1:33pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/dis-waarom-haaie-kiwis-blues-kan-gee-20190222

Vir baie mense is dit ’n verrassing dat die Superrugbyspan van die Haaie veral op sosiale media as die gunsteling vir sy kragmeting Saterdag met die Blues in Durban beskou word.

Die Blues is immers ’n Nieu-Seelandse span, met groot name soos Sonny Bill Williams en Rieko en Akira Ioane in hul geledere. Hulle het boonop verlede week so byna vir ’n opskudding teen die verdedigende kampioene, die Crusaders, gesorg.

Maar die volgende stukkie statistiek sal Haaie-ondersteuners smalend laat glimlag: In dié spanne se laaste 12 kragmetings, was die Haaie 11 keer aan die wenkant.

Die Durbaniete het die Aucklanders boonop twee keer in hul laaste drie kragmetings in Nieu-Seeland getroef.

Die laaste keer dat die spanne mekaar in Durban die stryd aangesê het, in 2013, het die Haaie met 22-20 gewen.

Die geskiedenis is dus aan die Haaie se kant. Hulle is ook gretig om hul puik vertoningslys teen Nieu-Seelandse spanne van verlede jaar, toe hulle drie uit vier kragmetings teen Kiwi-spanne gewen het, voort te sit.

Vir dít om te gebeur, moet al die cliché-bestanddele Saterdag teenwoordig wees – voorlangse oorheersing, rotsvaste vaste fasette en die kliniese benutting van geleenthede.

’n Paar sleutel-tweestryde is ook op die spyskaart, met Williams en André Esterhuizen se middelveld-stryd seker die opwindendste.

Williams is die koning van die drukaangee, terwyl dít ook ’n pyl is wat die sterke Esterhuizen verlede jaar tot sy koker gevoeg het.

Esterhuizen kry die Haaie op die voorvoet en albei dié spelers geniet dit om fisiek te wees.

Robert du Preez jr., die span se losskakel, maan egter daarteen om té veel na die teenstander te kyk.

“Ons het meer as genoeg in ons arsenaal om dít waarmee hulle vorendag gaan kom, te hanteer. Veral teen ’n span met groot name (soos Williams) is dit belangrik om net op jou eie planne te konsentreer,” sê die losskakel.

Tog kan tweestryde bepalend tot die uitslag van die wedstryd wees. Die vleuelstryd tussen die Springbok Sbu Nkosi en die All Black Rieko Ioane beloof ook vuurwerk. Ditto Dan du Preez en Akira Ioane se agtsteman-stryd.

Robert du Preez sr., die Haaie-breier, besef egter die Blues is ’n ander gedierte as die span wat die Durbaniete verlede jaar met 63-40 in Auckland geklop het.

“Die Blues is ’n formidabele span, ons het gesien hoe goed hulle teen die Crusaders gespeel het,” sê die breier.

“Die toestande gaan moeilik wees, dit gaan warm en bedompig wees. Dit behoort ons te help, want dit is ons eie toestande.”

* Haaie: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Robert du Preez,

Louis Schreuder (k), Dan du Preez, Tyler Paul, Jacques Vermeulen, Ruan Botha, Hyron Andrews, Coenie

Oosthuizen, Akker van der Merwe, Beast Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Kerron van Vuuren, Juan

Schoeman, Thomas du Toit, Gideon Koegelenberg, Phepsi Buthelezi, Cameron Wright, Jeremy Ward,

Curwin Bosch.

* Blues: Melani Nanai, Caleb Clarke, TJ Faiane, Sonny Bill Williams, Rieko Ioane, Otere Black, Jonathan

Ruru, Akira Ioane, Dalton Papalii, Tom Robinson, Josh Goodhue, Patrick Tuipulotu (k), Ofa Tu’ungafasi,

James Parsons, Karl Tu’inukuafe. PLAASVERVANGERS: Matt Moulds, Alex Hodgman, Sione Mafileo,

Gerard Cowley-Tuioti, Matt Matich, Augustine Pulu, Harry Plummer, Tanielu Tele’a.

* Skeidsregter: Paul Williams (NS). Assistent-skeidsregters: Cwengile Jadezweni en Griffon Colby (albei SA). TV-skeidsregter: Marius Jonker (SA). Afskop: 15:05 op SS 1.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Feb-2019 at 1:35pm
>>>Die vleuelstryd tussen die Springbok Sbu Nkosi en die All Black Rieko Ioane beloof ook vuurwerk.

Net een wenner hier...
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Feb-2019 at 1:49pm
"Williams is die koning van die drukaangee, terwyl dít ook ’n pyl is wat die sterke Esterhuizen verlede jaar tot sy koker gevoeg het."
Rerig? Ek het dit somehow gemis... 

"Ditto Dan du Preez en Akira Ioane se agtsteman-stryd."
Hier ook net een wenner..

Statistieke en geskiedenis beteken niks op die dag nie. Blues het n nuwe afrigter en lyk baie beter as vorige jare. Ek dink hulle gaan hom vat..
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Feb-2019 at 2:05pm
As ek dit nie mis het nie is Auckland ook die grootste stad in NZ, so die meeste mense en geld is daar, so dis verbasend dat hulle die laaste paar jaar so sukkel, voorheen was hulle altyd een van die sterkste NZ spanne
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Feb-2019 at 2:06pm
yip, by verre die grootste stad in NZ met die meeste mense

RankNameRegionPopulation
1AucklandAuckland1,467,800
2ChristchurchCanterbury377,200
3WellingtonWellington215,400
4HamiltonWaikato169,300


Edited by Transvaal - 22-Feb-2019 at 2:07pm
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Feb-2019 at 2:12pm
Omdat hulle aan die Noordekant van die Noord Eiland is, het hulle die beste weer in NZ en dis hoekom meeste mense daar woon. Die weer Suid is regtig nie lekker nie, ons was so twee weke daar in September/Oktober 2011 en het die son net 1 keer gesien in die twee weke. In Christchurch kan jy vergeet om die son te sien, dis permanent bewolk en in daai tyd was die maksimum temperatuur 9 grade. in Wellington reen dit die hele tyd
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 647
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Feb-2019 at 2:18pm
Christchurch het effen meer sonskyn maar lae temperature. Auckland is beter as res maar die humiditeit is vreeslik. Die stad brei uit maar baie daarvan is Chinees gebasseer. Daarom die groot klem wat deesdae deur Regering op verblyf in Auckland gele word...
Back to Top
AK  View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 867
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote AK  Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Feb-2019 at 2:28pm
Ek dink sharks het `n kan. Maar hulle sal nooit `n kampioen span wees terwyl die Coach en spelers almal Du Preez is. Dit sal altyd span gees beinvloed. Selfs al is die coach so regverdig as moontlik sal daar alty ander persepsies wees.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Feb-2019 at 2:34pm
>>Selfs al is die coach so regverdig as moontlik sal daar alty ander persepsies wees.

Stem saam. Die beste is dat 'n coach en sy familie by verskillende spanne betrokke is. Selfs by ons het ons nou die situasie dat die hoofafrigter en sy seun altwee betrokke is, en ek dink dis ook nie die beste situasie nie
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2674
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Feb-2019 at 2:46pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

>>Selfs al is die coach so regverdig as moontlik sal daar alty ander persepsies wees.

Stem saam. Die beste is dat 'n coach en sy familie by verskillende spanne betrokke is. Selfs by ons het ons nou die situasie dat die hoofafrigter en sy seun altwee betrokke is, en ek dink dis ook nie die beste situasie nie
Ek dink dit kan n groter probleem wees waar die pa afrig en die seun speel, as waar die pa en seun beide by die afrigting betrokke is.

Dieselfde by ons toe Ackemann afrigter was en Ruan gespeel het.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Feb-2019 at 3:01pm
Originally posted by valie valie wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

>>Selfs al is die coach so regverdig as moontlik sal daar alty ander persepsies wees.

Stem saam. Die beste is dat 'n coach en sy familie by verskillende spanne betrokke is. Selfs by ons het ons nou die situasie dat die hoofafrigter en sy seun altwee betrokke is, en ek dink dis ook nie die beste situasie nie
Ek dink dit kan n groter probleem wees waar die pa afrig en die seun speel, as waar die pa en seun beide by die afrigting betrokke is.

Dieselfde by ons toe Ackemann afrigter was en Ruan gespeel het.

Ek stem. Veral die tye wat Ruan nie op sy beste was nie het ons maar bietjie gebrom daaroor. 
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Feb-2019 at 3:07pm
en ons het spelers verloor as gevolg daarvan, loosies wat Kings en WP toe is
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 2713
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Feb-2019 at 3:33pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

en ons het spelers verloor as gevolg daarvan, loosies wat Kings en WP toe is

Om eerlik te wees hulle het ook nog nie rerig die wêreld daarso aan die brand gespeel nie. Miskien sou hulle elkgeval die cut nie gehaal het met die "retrenchment" stories nie, plus ek dink ons het n paar van die bulle se tjeks geskryf met ons junior strukture. 

Dit is steeds nie reg dat sekere ouens net in n span in stap nie, ons het aan die begin dit genoem oor Ruan A, niemand van ons het verwag hy gaan nou eweskielik n regular wees nie, daar was verseker ouens voor hom wat n kans verdien het.

Die ander ding ook is bv die Lewies storie, ons sien dat selfs Fleck vir Eben bench en nie bang is daarvoor nie. Ons moes nie vir Lewies net in gesit het om te begin nie. Herbst en Ruan moes eerder rotate het en Lewies nog n week gegee het om dan op die bench te sit in een van hulle plekke. Ek verstaan ook dat mens ouens het wat baie geld kos wat seker gebruik moet word, maar hel dan waai nog verdere ouens agv dit.










Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 2713
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Feb-2019 at 3:36pm
Oh ja en die ander ding.. hoelank moet Robert Kruger nog rond gedonner word? Ons laat hom gaan speel in Japan for crying out loud en dan haal hy een week bench, volgende week nie vir Super Rugby. Die ou moet sy kans kry of laat hom ook gaan. Want hoe gaan hy ooit deel wees van die senior groep as hy helfde van die die tyd bench en die res van die jaar in Japan sit?
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Feb-2019 at 5:28pm
Die Blues is nie dieselfde span as lassjaar nie. Hulle gaan die Sharks pak gee, hoor my lied... 
Ek was een van die wat gemoan het oor Ruan Ackermann wat ewe skielik net in die span ingestap het, maar ek moet erken, hy het my bek stil gespeel daai tyd.

"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4953
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 23-Feb-2019 at 3:57pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

"Williams is die koning van die drukaangee, terwyl dít ook ’n pyl is wat die sterke Esterhuizen verlede jaar tot sy koker gevoeg het."
Rerig? Ek het dit somehow gemis... 

"Ditto Dan du Preez en Akira Ioane se agtsteman-stryd."
Hier ook net een wenner..

Statistieke en geskiedenis beteken niks op die dag nie. Blues het n nuwe afrigter en lyk baie beter as vorige jare. Ek dink hulle gaan hom vat..

Ek was obviously verkeerd Confused
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.148 seconds.