Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Aanpasbare Leeus duik Jaguares kis
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Munster at Ellis Park in the URC on 27 April 2024, kickoff is at 17:00

Aanpasbare Leeus duik Jaguares kis

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39087
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Aanpasbare Leeus duik Jaguares kis
    Posted: 17-Feb-2019 at 8:36pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/aanpasbare-leeus-duik-jaguares-kis-20190217

Aanvallende spel was die laaste paar jaar sinoniem met Leeus-rugby.

Saterdagaand in Buenos Aires was dit egter nie dié afdeling van die spel wat hulle gehelp het om hul Superrugby-wendroogte in Argentinië teen die Jaguares te verbreek nie.

Die Leeus se sege van 25 – 16 is op klipharde verdediging en rotsvaste vaste fasette gebou.

“As die mense by die huis maar net weet hoe nat die bal was, want dit was 34 °C toe ons opdraf. Ons het geweet ons verdediging sou moes oorneem en ons het hulle in foute in geduik,” sê Swys de Bruin, die span se hoofafrigter.

Hy is bitter trots op sy span se vertoning op die verdediging.

“Verdediging wys altyd vir my die ingesteldheid en hoe honger die ouens is. Dit was wonderlik om te sien,” sê hy.

“Die bal was so glad dat ons geweet het verdediging, en nie aanval nie, gaan die wedstryd vir ons moet wen.”

Die breier was ook in sy noppies met die vertoning van die gros debutante wat die Leeus ingespan het.

“Ek is bly vir die debutante, hulle het almal baie goed gevaar. Hoe goed het Carlu Sadie nie geskrum nie?”

Die Leeus se drie drieë het alles ná stewige vaste fasette gevolg. Die oopkantflank, Marnus Schoeman, het ’n driekuns aan drieë behaal – twee ná rolmaalbewegings en een ná ’n puik skrum.

“ ’n Ou soos Marnus, wat drie drieë gedruk het, is iemand wat altyd deurkom as ons op sy knoppie druk.

“Ons moet net besef dit is maar die eerste wedstryd en daar lê nog baie harde werk voor.”

Die Leeus se kaptein en agtsteman, Warren Whiteley, sê hoewel dit bevredigend is om vir die eerste keer in vier probeerslae in Argentinië te wen, moet die kar nie voor die perde ingespan word nie.

“Die Superrugby-reeks is ’n lang toernooi en dit word nie in Februarie gewen nie,” maan Whiteley.

Hy lig dan die sluier oor die Leeus se wedstrydplan verder.

“Wanneer die Jaguares vinnige bal kry, is hulle baie gevaarlik met sterk, vinnige baldraers. Ons het goed gevaar om hul bal te vertraag.

“Ons is baie tevrede, want ons het gesukkel hier in die laaste paar jare. Ons skrum was vanaand baie goed, so ook ons verdediging en ons het ’n paar keer omgekeerde besit in die tweede helfte bewerkstellig.

“Hierdie tipe wedstryde is altyd baie fisiek, so ons het geweet ons gaan die wedstryd voorlangs moes wen. Die ingesteldheid wat ons uitgestal het, was uitstekend.

“Dit was ons beste vertoning hier die laaste paar jaar.”

Hy sê die Leeus moet wel aan hul lynstaanwerk skaaf.

Die Leeus speel volgende week teen die Stormers in Kaapstad.

* Puntemakers

Leeus 25: Drieë: Marnus Schoeman (3). Doelskoppe: Elton Jantjies (2). Strafdoele: Jantjies (2).

Jaguares 16: Drie: Santiago Medrano. Doelskop: Joaquin Diaz Bonilla. Strafdoele: Bonilla (3).
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.079 seconds.