Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Kan Ruhan Bulle se spiertier tem?
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Kan Ruhan Bulle se spiertier tem?

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39072
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Kan Ruhan Bulle se spiertier tem?
    Posted: 13-Feb-2019 at 9:01am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/kan-ruhan-bulle-se-spiertier-tem-20190212

Die definisie van ’n vuurdoop vir ’n buitesenter in sy Superrugby-buiging? ’n Tweestryd met Suid-Afrika se beste buitesenter, en ook een van die wêreld se bestes, in ’n Noord-Suid-derby op Loftus.

Maar as die Stormers se Ruhan Nel senuagtig is oor die vooruitsig om Saterdag die Bulle se middelveld-spiertier, Jesse Kriel, in die oë te kyk, steek hy dit verbasend goed agter ’n breë glimlag weg.

“Ek het op die Springbok-jaareindtoer teen Jesse geoefen. Hy’s ’n baie talentvolle speler, wat sy taak werklik goed verstaan. Ek besef dit gaan taai wees. Jesse put baie trots uit sy werk,” sê Nel.

“Dis ons eerste Superrugby-wedstryd van die seisoen en ek maak my buiging teen die Springbok-buitesenter, so ja, dit gaan ’n goeie uitdaging wees.”

Vir Nel, ’n voormalige Blitsbok, gaan dit sy grootste uitdaging in vyftienmanrugby wees. Hy het die afgelope twee seisoene vir die Westelike Provinsie in Curriebeker-eindstryde gespeel, maar die standaard is aansienlik hoër in die Superreeks.

Dan weer het Rassie Erasmus, die Bok-afrigter, al genoeg van Nel gesien om hom op 2018 se toer Noordelike Halfrond toe te neem.

Terwyl Nel se spiere nie soveel bult soos Kriel s’n nie, beteken dit allermins dat hy nie taai is nie. Inteendeel, soos ander Blitsbokke kan hy meer as sy man staan en oefen hy kliphard.

Nel meen dit kan hom baie baat om die Bok-binnesenter Damian de Allende aan sy binnekant te hê.

“Ek is baie opgewonde daaroor om saam met Damian te speel. Dis vir enige buitesenter ’n droom om die Bokke se binnesenter langs hom te hê. Sy ervaring gee my ook baie rustigheid. Ons het ’n paar wedstryde saam in die Curriebeker-reeks gespeel en mekaar ook ’n bietjie leer ken op die jaareindtoer,” sê Nel.

De Allende en Kriel is as die Bokke se voorkeur-senterpaar ook goeie maats, maar 80 minute se intense vyandskap is die onmiddellike vooruitsig.

Gegewe die feit dat Erasmus hom hoog aanslaan, kan Nel ’n aanspraakmaker vir ’n plek in die Wêreldbeker-groep wees indien hy ewe gemaklik by Super- as Curriebeker-rugby aanpas.

“Dit sal die verkeerde benadering wees om dinge te probeer forseer, veral omdat dit maar my eerste jaar van Superrugby is. Coach Rassie het ’n plan en jy sal nie vooraf weet of jy deel daarvan is nie. Enige speler wat die WB-groep wil haal, móét eenvoudig net die beste moontlike rugby speel,” sê Nel.

Saterdag se derby het ook ’n bietjie meer van ’n angel danksy 2018 se Curriebeker-halfeindstryd tussen die WP en Blou Bulle op Nuweland. Die Bulle het byna vir ’n yslike opskudding gesorg, maar uiteindelik die knie voor die Streeptruie ná ’n strafdoel in bykomende tyd gebuig.

“Ek onthou daardie wedstryd soos gister,” sê Nel.

“Ons was net bly om dit in die 100ste minuut te kon deurtrek. Of dit nou Curriebeker- of Superrugby is, bly ’n Noord-Suid-derby iets om na uit te sien.”
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39072
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Feb-2019 at 9:02am
EK het nogal gewonder van wie praat die skrywer (Bulle se spiertier), nie gedink dis Jesse Kriel nie. LOL!

>>>Suid-Afrika se beste buitesenter, en ook een van die wêreld se bestes

okay.....
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 2715
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Feb-2019 at 9:16am
hahahahahahahahahahaha
breath
 hahahahahahahahahahaha

Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39072
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Feb-2019 at 9:19am
Ek het nou net weer op die kalender gaan kyk en dis ook nie 1 April nie
Back to Top
LeeuBrul View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Boksburg
Status: Offline
Points: 2260
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuBrul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Feb-2019 at 9:26am
SA se eie Captain Underpants....
Once a Lion always a lion
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 2715
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Feb-2019 at 9:38am
Gelukkig vir ons speel hy vir hulle, hoef nooit te worry oor die vleuels nie, hulle sien nooit n bal nie
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 1166
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Feb-2019 at 9:56am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

EK het nogal gewonder van wie praat die skrywer (Bulle se spiertier), nie gedink dis Jesse Kriel nie. LOL!

>>>Suid-Afrika se beste buitesenter, en ook een van die wêreld se bestes

okay.....

dit maak my bekommered vir SA rugby oor die algemeen da ons so tekere gaan oor spelers wat nie noodwendig eers bo gemiddled is nie . Mens moet jouself af vra of Jesse gekies sou word vir bv die all back span .... 
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 647
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Feb-2019 at 10:25am
Sssshhhh, netnou maak hulle hom ook bedank...
Back to Top
TunaLion View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Ellis Park
Status: Offline
Points: 1776
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote TunaLion Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Feb-2019 at 11:31am
Originally posted by Zibbie Zibbie wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

EK het nogal gewonder van wie praat die skrywer (Bulle se spiertier), nie gedink dis Jesse Kriel nie. LOL!

>>>Suid-Afrika se beste buitesenter, en ook een van die wêreld se bestes

okay.....

dit maak my bekommered vir SA rugby oor die algemeen da ons so tekere gaan oor spelers wat nie noodwendig eers bo gemiddled is nie . Mens moet jouself af vra of Jesse gekies sou word vir bv die all back span .... 


Of pretty much enige ander van die Top 10 internasionale spanne
Go LIONS!!!!!
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.109 seconds.