Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Cornal wou nie veld verlaat teen Leeus
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Cornal wou nie veld verlaat teen Leeus

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39071
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Cornal wou nie veld verlaat teen Leeus
    Posted: 28-Jan-2019 at 2:58pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/cornal-wou-nie-veld-verlaat-teen-leeus-20190128

Cornal Hendricks het Saterdag teleurgesteld sy kop geskud toe hy in die tweede helfte van die losmaker teen die Leeus vervang is.

Dit is nie dat dié 30-jarige oud-Bok-vleuel verwag het om enduit op die veld te wees nie, maar as jy so lanklaas soos hy op dié vlak gespeel het, is ’n man suinig met sy speeltyd.

“Ek was nie gelukkig daarmee nie, maar ek besef almal moet ’n kans kry. Daar het nie veel bal na my kant toe gekom nie en ek was waarskynlik oorywerig om my vermoëns ten toon te stel,” sê Hendricks.

“Ek is darem tevrede dat my eerste wedstryd terug nou agter die blad is. Ek was lekker op my senuwees, maar ek is bly ek kan nou uitsien na die volgende wedstryd.”

Dit was Saterdag Hendricks se eerste tree terug na beroepsrugby nadat ’n hartkwaal sy loopbaan aan die begin van die 2016-seisoen skielik en onverwags in die wiele gery het. Hy het Saterdag min kanse op die aanval gekry, maar sy verdediging en posisionele spel was goed.

“Ek het verwag om meer besit te kry, maar wanneer dit nie gebeur nie moet jy harder werk in die ander afdelings van jou spel. Die voorseisoen was goed en ek het baie aan my fiksheid en vaardighede gewerk. Ek sou graag ’n groter indruk wou gemaak het.”

Hendricks is hoopvol dat hy Sondag in Kaapstad weer ’n kans sal kry wanneer die Bulle teen die Stormers te staan kom.

Ek was lekker op my senuwees, maar ek is bly ek kan nou uitsien na die volgende wedstryd.

“Ek hoop so. My familie wag daar en dit sal ’n groot eer wees om teen die Stormers te speel. Dit is so lekker om weer in spanverband te kan speel en veral by ’n span soos die Bulle. Ek gaan alles vir die Bul-trui gee.”

Met Travis Ismaiel wat vanweë ’n skouerbesering ’n groot deel van die Superrugby-kompetisie sal misloop, sal Hendricks en Jade Stighling om die nr. 14-trui wedywer.

Pote Human, afrigter van die Bulle, het aangedui hy is van plan om Stighling en Duncan Matthews saam te neem Kaap toe.

Johnny Kotze, wat die week by Loftus Versfeld sal aanmeld nadat hy die laaste drie maande vir die Ospreys in Wallis gespeel het, en Divan Rossouw het ook verlede seisoen op vleuel vir die Bulle diens gedoen.

Human wys Woensdag sy span aan.

Back to Top
TunaLion View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Ellis Park
Status: Offline
Points: 1776
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote TunaLion Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 28-Jan-2019 at 3:51pm
Daar is iets ander wat hy ook nie graag wil doen nie.... en dit is tackle Wink
Go LIONS!!!!!
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.