Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Vrees vir private belegger is verdoemend
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Vrees vir private belegger is verdoemend

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Vrees vir private belegger is verdoemend
    Posted: 27-Jan-2019 at 7:23am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/vrees-vir-private-belegger-is-verdoemend-20190126

Rugbyadministrateurs is bang vir privaat beleggers, maar tog is dit die enigste manier om die finansiële druk op unies te verlig. En as dit reg gedoen word, kan dit sowel die amateur- as professionele kant van die spel red.

Dit is die mening van Barend van Graan, die Blou Bulle Maatskappy se uitvoerende hoof, wat Donderdag ná 35 jaar as rugbyadministrateur aftree. Van Graan is ook die voormalige hoof van Sareo – die werkgewersunie wat die belange van die 14 provinsies beskerm. Hy het ook al meer as een keer namens die Bulle aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie voorgestel dat unies toegelaat moet word om ’n belang van 100% aan private beleggers te verkoop. Die voorstel is telkens teruggetrek voordat daaroor gestem kon word.

“Rugby in die land is onder geweldige finansiële druk. En wat is jou hoofkoste? Spelers. Daarom is ’n nuwe stelsel van kontraktering so noodsaaklik.”

Van Graan glo die skeiding tussen amateur- en professionele rugby is die enigste uitweg. Maar hy glo ook dat die amateur-administrateur steeds ’n groot rol in rugby het.

“Die gesondheid van die spel het hulle wel nodig. Ek wil die beskouing weerspreek dat amateur-rugbybase die spreekwoordelike stert is wat die hond swaai.

“Kyk maar net hoe amateurrugby ook verander het. Klubs is semi-professioneel, spelers verdien geld uit klubrugby en besighede is finansieel betrokke.

Die voordeel van private beleggers is dat jy nuwe geld in die besigheid kry. Dit is egter nie die oplossing vir rugby se probleme nie, want elke oplossing het sy eie nuwe uitdaging.

“In die Oos- en Wes-Kaap is daar gemeenskapsklubs wat baie gewild is. Die Boland se klubrugby-Facebook-blad het 63 000 ‘likes’, baie meer as die Kavaliers se blad met 11 000 ‘likes’. Jy gaan dit in die OP, Grens, SWD en in die WP sien. Ons moet nie dink amateurbase kan nie besighede bestuur nie.

“Maar wat wel waar is, is dat ons grootste bedreiging spelers is wat aanbeweeg. Ondersteuners verstaan dit nie. Daar is by hulle ’n gevoel van konflik van lojaliteit.

“Maar dit bly ook ’n groot hartseer en jammerte dat ons soveel spelers vir groot rugby voorberei en oplei, net om hulle dan aan oorsese klubs af te staan.”

“Die voordeel van private beleggers is dat jy nuwe geld in die besigheid kry. Dit is egter nie die oplossing vir rugby se probleme nie, want elke oplossing het sy eie nuwe uitdaging.

“ ’n Belegger met ’n 100%-aandeel sal ook vereis dat hy seggenskap het oor dinge soos die begroting, oor die besteding van geld. As jy ’n belegger het met ’n belang van 100% in die unie, sal die belegger seggenskap wil hê oor die unie-begroting, oor waar die geld heen gaan en hoe dit bestuur word.

“Dis die problematiese deel en ons sukkel nog daarmee.”

Van Graan glo wel een van rugby se grootste probleme – transformasie – is nie so groot soos telkens uitgemaak word nie.

Die uitdagings is daar, maar by veral die amateur-unies speel ’n gebrek aan geld ’n veel groter rol as wat gedink word.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.070 seconds.