Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - ‘Baie Bokke waarborg nie sukses’
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Munster at Ellis Park in the URC on 27 April 2024, kickoff is at 17:00

‘Baie Bokke waarborg nie sukses’

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39087
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: ‘Baie Bokke waarborg nie sukses’
    Posted: 23-Jan-2019 at 8:31am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/baie-bokke-waarborg-nie-sukses-20190122

Die Superrugby-reeks is nie ’n kompetisie wat hom aan reputasies steur nie.

So stadig eers met die voorspellings dat die Bulle vanjaar in die reeks die keur onder die Suid-Afrikaanse spanne kan wees, sê Handré Pollard, Springbok-losskakel.

Dit is verstaanbaar dat daar uitgesien word na wat die Pretoriase span vanjaar kan vermag.

Veral in die belangrike 8/9/10-ruggraat met spelers soos Duane Vermeulen, Embrose Papier, Ivan van Zyl en Pollard is die Bulle goed toegerus.

Die ervare haker-aanwins Schalk Brits sal ook ’n verskil maak.

Pollard skram egter weg van die gunsteling-etiket.

“Natuurlik help dit om Duane en Schalk by ons te hê.

“Jy kan hoe baie Springbokke in jou span hê, Superrugby is die taaiste kompetisie ter wêreld en reputasies tel niks nie.

“’n Span moet elke naweek opdaag en op sy beste wees.”

Hy sê hoewel daar hoë verwagtinge is, beteken dit nie daar is bykomende druk nie.

“Dit gaan eerder oor ons selfvertroue. Daar was goeie goed verlede seisoen en ons moet nou probeer om daarop te verbeter.

“Daar is elke jaar ’n paar aanpassings, maar rugby bly rugby.

“Jy moet oorheers op die voordeellyn, die vaste fasette moet goed wees en jy moet meer punte as die ander span aanteken.

“Dit is interessant hoe almal daaroor gepraat het om meer (aanvallend) te speel en nou lyk dit of daar in ’n rigting beweeg word waar meer geskop gaan word.”

Pollard gee toe dit is ’n aanpassing nadat Pote Human aan die einde van 2018 aangewys is om as hoofafrigter by John Mitchell oor te neem.

Pote is oop en eerlik en daar is baie van verlede jaar wat ons oordra, met klein veranderinge wat gemaak word.

“Daar is altyd uitdagings, want elke afrigter het sy eie idees.

“Pote is oop en eerlik en daar is baie van verlede jaar wat ons oordra, met klein veranderinge wat gemaak word.”

Human het die Bok-slot Lood de Jager en Pollard as onderskeidelik kaptein en onderkaptein aangewys.

“Ek is baie bly vir Lood. Hy is ’n natuurlike leier en dit gaan lekker wees om onder hom te speel.

“Ons is in ’n gunstige posisie met so baie leierskap en senior spelers in die groep.”

Hy sê die Bulle moet in die eerste maand die grondslag vir sukses lê.

“Dit is baie belangrik dat ons goed begin. Ons het verlede seisoen ons eerste wedstryd gewen (teen die Hurricanes) en toe vier in ’n ry verloor. Dit het ons van momentum en selfvertroue beroof.

“Ons begin met vier wedstryde voor ons ’n loslootjie het en hoewel jy nie te ver vooruit moet kyk nie, gaan daardie eerste maand ongelooflik belangrik wees. Veral omdat ons laat gaan toer.”

Die Bulle begin hulle 2019-veldtog op 16 Februarie tuis teen die Stormers en kom die volgende naweek in Buenos Aires teen die Jaguares te staan.

De Jager-hulle moet dan Ellispark toe om die Leeus aan te vat, waarna die Haaie op 9 Maart in Pretoria besoek aflê.

Die Bulle speel Saterdag op Loftus se B-veld in ’n opwarmingswedstryd teen die Leeus.

Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39087
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 23-Jan-2019 at 8:33am
>>So stadig eers met die voorspellings dat die Bulle vanjaar in die reeks die keur onder die Suid-Afrikaanse spanne kan wees

Waar het hy dit gehoor? by Swys?
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.