Forum Home Forum Home > General Rugby > World Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Rugbyspelers laat deesdae skaal kreun
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Rugbyspelers laat deesdae skaal kreun

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Rugbyspelers laat deesdae skaal kreun
    Posted: 21-Jan-2019 at 2:51pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/rugbyspelers-laat-deesdae-skaal-kreun-20190121

Moderne rugbyspelers weeg deesdae 25% meer as wat hulle in die 1950’s geweeg het en dit lei tot meer beserings.

Dit is een van die bevindinge van ’n studie wat laat in 2018 in die vaktydskrif BMJ Open Sport & Exercise Medicine gepubliseer is.

Volgens die studie het spelers se gemiddelde gewig van 1955 tot 1995, toe rugby die beroepsera betree het, met 24,3 kg toegeneem.

Spelers wat in die Vyfnasiesreeks in 1955, 1965, 1975, 1985 en 1995 gespeel het, en diegene wat in 2005 en 2015 in die Sesnasiesreeks gespeel het, is by die studie betrek.

Die spelers se gewig soos wat dit op die wedstrydprogramme van hul lande se eerste wedstryde van die betrokke seisoene verskyn het, is in die studie gebruik.

Daarvolgens was spelers wat in 1955 aan die Vyfnasies deelgeneem het se gemiddelde gewig 84,8 kg teenoor die gemiddeld van 105 kg wat die spelers in Engeland se huidige groep weeg wat tans vir die Sesnasiesreeks voorberei.

Volgens die navorsing het voorspelers se gewig tussen 1955 en 1995 stadig maar seker meer geword, terwyl omtrent al die gewig wat agterspelers opgetel het, sedert 1995 plaasgevind het.

Een van die studies met die lang titel Changes in Northern Hemisphere Male International Rugby Union Players’ Body Mass and Height Between 1955 and 2015, se bevindings is dat die groter gewig van spelers in kontaksituasies tot meer beserings lei.

Een van die redes vir hakers en slotte se groter gewig in die moderne era is “die reëls van die spel wat verander het en verskillende interpretasies deur skeidsregters”.

“Die erns van beserings vererger. Die reëls moet verander om spoed en vaardighede aan te moedig, eerder as verhoogde liggaamsmassa.”

Dr. Simon Kemp, hoof van sportmedisyne by die Engelse Rugbyunie, het aan The Times gesê data oor beserings moet bekyk word om vas te stel of daar veranderings aan die spel se reëls gemaak moet word.

Back to Top
LeeuRugby View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu
Avatar

Joined: 15-May-2018
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 48
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuRugby Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Jan-2019 at 8:32am
Die studie kan nie vergelyk word met daai era nie want vandag speel hulle 2 tot 3 keer meer rugby as daai tyd. Dis ma net my siening.
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Jan-2019 at 12:52pm
Ek dink tog gewig het 'n groot impak op beserings en groter "wear en tear" oor die algemeen. 
Ek glo nie 'n mens se kniee bevoorbeeld het ontwikkel om 120kg te dra nie. Ook die impak van Rohan jv Rensburg en Andre Estterhuizen wat inmekaar vashardloop is bietjie harder op die lyf as wat dit bv sou wees as Brendon Venter en Danie Gerber in mekaar sou vashol.
Maar gewig moet nie die swaarste weeg wanneer 'n span gekies word nie. Daar is klein spelers wat by verre beter is as hulle "groot" ewekniee. Vat maar vir Brent Russell, Damian Mckenzie, Faf de Klerk, self Gio Aplon op sy tyd. Hulle verlies aan gewig het hulle nie swakker spelers gemaak nie.
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2674
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Jan-2019 at 3:56pm
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Ek dink tog gewig het 'n groot impak op beserings en groter "wear en tear" oor die algemeen. 
Ek glo nie 'n mens se kniee bevoorbeeld het ontwikkel om 120kg te dra nie. Ook die impak van Rohan jv Rensburg en Andre Estterhuizen wat inmekaar vashardloop is bietjie harder op die lyf as wat dit bv sou wees as Brendon Venter en Danie Gerber in mekaar sou vashol.
Maar gewig moet nie die swaarste weeg wanneer 'n span gekies word nie. Daar is klein spelers wat by verre beter is as hulle "groot" ewekniee. Vat maar vir Brent Russell, Damian Mckenzie, Faf de Klerk, self Gio Aplon op sy tyd. Hulle verlies aan gewig het hulle nie swakker spelers gemaak nie.
Stem. "It's not always the size of the dog in the fight, that counts, but the size of the fight in the dog". As n speler goed genoeg is, is hy groot genoeg.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.129 seconds.