Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Rugby World Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - A+ vereis vir WB-plek
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

A+ vereis vir WB-plek

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39072
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: A+ vereis vir WB-plek
    Posted: 20-Jan-2019 at 7:31am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/a-vereis-vir-wb-plek-20190119

Geen toetservaring voor 2019 dien nie as die finale doodskoot vir Cobus Wiese en Cyle Brink se Wêreldbeker-kanse nie.

Rassie Erasmus het tydens sy onlangse besoeke aan die Bulle, Leeus en Stormers die deur wyd vir dié tweetal, Warrick Gelant en ander aanspraakmakers oopgelaat om nog Japan toe te gaan. Hy sal volgende week tydens sy besoek aan Durban dieselfde drie punte aan die Haaie oordra oor hoe spelers hul plekke in die Wêreldbekergroep van 31 kan oopspeel.

Die franchises wat hy reeds besoek het, het Erasmus sover gepeper met die enkele vraag hoe spelers nog in berekening kan kom om vanjaar ’n vliegtuigkaartjie na Japan los te speel.

Sy antwoord aan al die franchises was:

Speel baie goeie rugby vir jou franchise en help hulle.
Wees bogemiddeld in alle afdelings van die spel soos byvoorbeeld duikwerk, skrumwerk, skoonmaak by die afbreekpunte en op die aanval.
Wys iets wat jou van die res onderskei. Net bestendigheid gaan jou nie daar bring nie.
Die voorbeeld van ’n Malcolm Marx word gebruik wat bogemiddeld met onder meer sy skrumwerk, verdediging en lynstaan-ingooie is. Dis egter sy spel by die afbreekpunte wat hom van ander hakers onderskei.

Erasmus wil volgens sy besoeke aan die franchises daardie X-faktor in die Wêreldbeker-jaar by Suid-Afrikaanse spelers sien.

Hy sal plaaslike en oorsese spelers ook beloon vir hul goeie vorm. Die Bok-afrigter het aan die franchises gesê: “As jy dié seisoen die huis aan die brand speel, sal jy vir die Wêreldbeker gekies word.”

Baie is daarom nog in vanjaar se Superreeks vir Wiese en Brink op die spel. Albei is verlede jaar na van die Bok-oefenkampe genooi, maar beserings het verhinder dat hulle toetservaring opdoen.

Dit tel wel in spelers se guns as hulle toetservaring het en voorheen al saam met Erasmus gewerk het.

Al wag ’n aansienlik steiler bult dus op Wiese-hulle as hulle in vanjaar se Wêreldbeker wil speel, is die deur ten minste nog op ’n skrefie oop.
Back to Top
Rooibonte8 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 02-Apr-2016
Location: Rayton
Status: Offline
Points: 414
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Rooibonte8 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 20-Jan-2019 at 3:20pm
Wonder waarom hy nooit maar nooit Jaco Kriel se naam noem nie
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 7:35am
Originally posted by Rooibonte8 Rooibonte8 wrote:

Wonder waarom hy nooit maar nooit Jaco Kriel se naam noem nie

Omdat hy nie n voormalige WP speler is nie
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.