Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Rugby World Cup
  New Posts New Posts RSS Feed - Rassie kies Stad van Rose, g’n dorings
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Rassie kies Stad van Rose, g’n dorings

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39071
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Rassie kies Stad van Rose, g’n dorings
    Posted: 20-Jan-2019 at 7:29am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/rassie-kies-stad-van-rose-gn-dorings-20190119

Die Springbokke se pad na die Wêreldbekertoernooi in Japan loop deur Bloemfontein.

Rassie Erasmus se span sal sy laaste oefenkamp ter voorbereiding van die Wêreldbekertoernooi, slegs ’n dag of twee voor die aankondiging van die finale 31 name wat na Japan reis, in Bloemfontein hou.

Die Bok-groep sal sowat agt dae in Bloemfontein deurdring. Sowat 37 spelers sal na die oefenkamp genooi word. Die bykomende spelers wat genooi word, sal in berekening kom as spelers tydens die Wêreldbeker beseer raak.

Die kamp word in Bloemfontein gehou omdat dié stad veel minder van ’n gewoel is as elders in die land en dit sal die span en die bestuur in staat stel om minder eksterne druk te ervaar.

Die Bok-bestuurspan het ook op Bloemfontein besluit omdat min dinge in die stad die spelers se aandag sal aftrek. Bloemfontein is ook die plek waar Erasmus sy merk as ’n speler en afrigter gemaak het én waarin Jacques Nienaber grootgeword het.

Geen, of dalk enkele, van die spelers sal tydens die oefenkamp in die hoofstad van die Vrystaat saans by hul huise gaan slaap.

Min Vrystaters is in berekening vir die Wêreldbekergroep. Spelers soos Ox Nche en Oupa Mohoje kan net in die geval van beserings betrek word.

In 2015 het Heyneke Meyer se Wêreldbekerspan sy laaste oefenkamp in Umhlanga gehou waar die finale groep tydens ’n spoggeleentheid by die Beverly Hills-hotel aangekondig is.

Erasmus se Bokke gaan die langste nog saam bymekaar wees voor ’n Wêreldbeker.

Die Bokke gaan van ná die Rugbykampioenskap tot met die begin van die Wêreldbekertoernooi in oefenkampe wees.

Erasmus gaan sowat drie maande hê om die span voor te berei. Spelers van Super-franchises wat uitgeskakel word, sal dadelik by die kampe betrek word.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.077 seconds.