Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - ‘Senuwees knaag’
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

‘Senuwees knaag’

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: ‘Senuwees knaag’
    Posted: 06-Jan-2019 at 7:53am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/senuwees-knaag-20190106

Die gewig van verwagtinge druk soos ’n tienton-trok op Pote Human se breë bors.

Jan Publiek sit angstig en wag om te sien wat die nuwe Bulle-breier kan uitrig. Hul messe geslyp, messe wat reeds die keel van onder andere Nollis Marais afgesny het.

Die leë trofeekas by Loftus vertel ’n storie van maer jare in die Jakarandastad. Tog het die aankoms van Springbokke soos Duane Vermeulen en Schalk Brits hoop en verwagtinge by die Bul-ondersteuners laat posvat.

Human weet dit. Dit knaag aan sy senuwees.

“Ek is maar baie senuweeagtig, want daar is baie verwagtinge van die publiek en ’n ou wil hulle nie teleurstel nie,” het Human Donderdag aan Rapport gesê.

“Jy wil ook die ouens wat vir jou ’n kans gegee het, wys hulle het nie ’n fout gemaak nie.

“Daar is ’n bietjie bykomende druk, maar dis hoekom ek dit wil doen. In 2008 was ek in dieselfde bootjie. Ek het aansoek gedoen, maar Frans (Ludeke) het die pos gekry en baie goed gevaar.

“Ek het nou die geleentheid gekry en ek wil goed vaar. Ek wil dit laat werk. Ek sal alles in my vermoë doen om dit te laat werk.

“Die spelers is honger en ek weet hoe om die Superreeks te wen. Ek was in 2007 daar (as Heyneke Meyer se hulpafrigter toe die Bulle die reeks vir die eerste keer gewen het).”

Rugby was, is en sal altyd sy lewe wees. Rugby vloei deur sy are – hy het immers in 116 wedstryde vir die Oostelike Provinsie uitgedraf en in 84 vir die Vrystaat.

Hy het egter ’n lang pad gestap tot waar hy vandag die kroonjuweel van afrigtingsposte in die hoofstad besit.

Dit het hom meer as tien jaar ná sy aankoms by die Bulle geneem om dié hoogtepunt te bereik. Sy aanstelling as hoofafrigter het boonop op ’n verrassende wyse gebeur, nadat Victor Matfield, die gunsteling vir die pos, dit van die hand gewys het.

Sy aanstelling het soos ’n sepie uitgespeel. Hy is eers in Desember aangestel, bykans as ’n plan B nadat Matfield nee gesê het.

Human vertel van die teleurstelling in sy familie toe hy eers gedink het hy gaan nie die werk kry nie. En toe die verrassing en opgewondenheid toe hy die goeie nuus kry.

“Dit was aanvanklik maar teleurstellend, almal was teleurgesteld omdat ek (so lank al) in die stelsel is.

“En toe dit na my kant toe kom, was dit ’n verrassing.

“(My familie) was baie opgewonde, baie ondersteunend. Hulle weet wat wag, hulle weet ek gaan nie baie by die huis wees nie.”

Hoewel die Bulle ’n sterk groep het, is die tyd Human nie goedgesind nie.

Sy bestuurspan het mekaar dié week vir die eerste keer ontmoet. Boonop is die Springbokspelers nou eers terug en daar is nog ’n halfdosyn spelers in Japan, drie in Frankryk en twee in Engeland wat eers teen die einde van die maand terugkeer . . .

Om nie eens te praat van die gissinge oor Rassie Erasmus, die Springbok-afrigter, se rol by die span nie.

Al dié faktore maak van sy taak moeilik.

“Omdat dit ’n laat aanstelling was, was dit baie moeilik. Ek moes baie vinnig met Rassie-hulle gaan gesels en uitvind hoe hulle dinge sien. Daar is geen onduidelikheid nie. Hulle wil nie kom inmeng nie, hulle wil net help waar dit nodig is.

“Ek kan hom net bel en sê ‘hoor hier, stuur vir Jacques (Nienaber, die Bokke se verdedigingsafrigter) vir ’n dag of twee’. Ons het ’n goeie verhouding.”

Human gaan volhard met die bloudruk wat John Mitchell verlede jaar by die span ingebring het, maar “hier en daar” ’n paar verstellings maak.

“Ons het ’n jaar onder John Mitchell gewerk en nuwe goed in plek gesit. En al die spelers voel ons is op die regte pad.

“Ons kan beslis nie swakker as laas jaar vaar nie. Daar was wedstryde waar ons ongelukkig was en kon gewen het.”

Hy glo vanjaar sal die geluksgodin ook haar kant moet bring.

“ ’n Beslissing hier en ’n beslissing daar kan die hele ding swaai.

“Ons het verlede jaar baie geleenthede gehad wat ons nie gebruik het nie. Ons kom in hul kwartgebied, ons bly daar, maar ons druk nie drieë nie. Ons sal beslis beter moet afrond.”

Brits en Vermeulen se bydrae tot die span gaan groot wees, maar ondersteuners en spelers moenie dink hulle sal alles alleen vir die span kan omdraai nie.

“Ek dink nie hulle gaan die Super-reeks vir ons wen nie, maar hul ondervinding gaan baie vir ons beteken. Schalk en Duane is ongelooflik goeie spelers, hulle is goeie spanmanne.

“Albei is ook goeie leiers en ek weet hulle sien uit daarna om ’n goeie jaar by die Bulle te hê.

“Ek het met Schalk gepraat en hulle albei wil graag die Superrugby-reeks wen. Nie een van hulle het al die Super-reeks gewen nie. Schalk sê hy wil deel van die familie word.”

Hy weet sy grootste taak is om die familie-gevoel wat telkens by die Bulle genoem word, daar te stel.

“Die belangrikste is om so gou as moontlik die span bymekaar te kry as ’n eenheid. Saam met die bestuurspan moet almal dieselfde doel jaag en mekaar beskerm, want die druk is groot en kritiek gaan daar wees. As ons mekaar kan beskerm – die sirkel van vertroue – vertrou en ondersteun, dan sal ons fine wees.”

Human se kontrak is slegs vir tien maande geldig en hy het nie baie tyd om homself te bewys nie. Die wolk van ’n spelersuittog ná die Wêreldbeker hang boonop oor sy kop. Tog is hy positief.

“As ons vanjaar baie goed kan vaar, kan ek nog ’n twee- of driejaar-kontrak kry. As ons goed vaar, kan ons dalk ’n Bok of twee oorreed om te bly.”

Sukses is dus die sleutel.

“Ek onthou toe ek in 2007 hier was . . . Die ouens wou nie die Bulle verlaat nie, daar was geleenthede vir hulle, maar hulle het gebly want dit was so lekker gewees.

“As ons dit nou só vir hulle kan maak en ook sukses behaal, dan kan ’n ou ’n speler oortuig, ‘bly nog ’n jaar of twee’, maar as ons uit die bus val, dan sê die ouens ‘cheers’.

Sy pleidooi aan al die Bulle-ondersteuners is eenvoudig: Glo in ons. Ons sal julle beslis trots maak.

“Dit kan ek hulle verseker. Die spelers wil hulle trots maak en Loftus weer volpak.

Dit sal great wees om die stadion vol te speel teen die Stormers (in die eerste wedstryd van die seisoen).

“Dit gaan die hele span lig, dit gaan die hele Pretoria lig.”
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.090 seconds.