Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Saru gee base ’n Swart Kersfees
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Saru gee base ’n Swart Kersfees

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39070
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Saru gee base ’n Swart Kersfees
    Posted: 23-Dec-2018 at 7:39pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/saru-gee-base-n-swart-kersfees-20181222

Dis ’n swart Kersfees vir Suid-Afrika se rugbybase.

Dit blyk dat sommige van die land se uniepresidente die toelae as hul salarisse beskou en daar is sommige van hulle wat ook salarisse in hul unies trek, omdat hulle by die dag-tot-dag-bestuur betrokke is en meen hulle moet daarvoor vergoed word.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het die land se verkose uniepresidente se geldkraantjie aansienlik stywer toegedraai en besluit om hul toelaes vir die volgende jaar met 50% te verminder.

Dié besluit is geneem ten einde koste te bespaar – en dit sal Saru luidens Rapport se inligting inderdaad ongeveer R4 miljoen per jaar bespaar.

Die verkose amptenare se toelae is besnoei van R30 000 tot R15 000.

Rapport het dié bedrae verkry van ingeligtes bronne in Saru wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het.

Dit blyk dat sommige van die land se uniepresidente die toelae as hul salarisse beskou en daar is sommige van hulle wat ook salarisse in hul unies trek, omdat hulle by die dag-tot-dag-bestuur betrokke is en meen hulle moet daarvoor vergoed word.

Rapport het net verlede maand berig oor Ivan Pekeur, die Boland Rugbyunie se president, wat byna R100 000 ’n maand by sy unie skep.

Pekeur het die bedrag verwerp.

Saru het op die drastiese gordel-intrekkery besluit om ’n voorbeeld te stel vir sukkelende rugbyunies wat sukkel om hul geldsake onder beheer te kry.

“Ons kan nie verwag rugbyunies moet verander as ons by Saru nie die voorbeeld stel nie,” het ’n bron gesê.

Saru beplan ook om die land se professionele spelerbasis van net minder as 1 000 spelers na sowat 450 te verminder, omdat salarisse by elke rugbyunie steeds die hoogste uitgawe is.

Die nuwe kontrakteringsmodel – wat unies beperk tot die kontraktering van tussen 40 en 45 spelers – sal in 2019 in alle erns afskop.

Sommige unies het reeds praktiese stappe gedoen om daarby aan te pas.

Die Leeus het verlede maand afleggingsbriewe aan 26 junior spelers gegee, terwyl die Vrystaat Rugbyunie verlede week briewe aan agente gestuur het om hulle mee te deel dat hul Pro14-spelersgroep verklein gaan word.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39070
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 23-Dec-2018 at 7:40pm
>>>Rapport het net verlede maand berig oor Ivan Pekeur, die Boland Rugbyunie se president, wat byna R100 000 ’n maand by sy unie skep.

Dis mos belaglik
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.