Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - SA se stadions bloei
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

SA se stadions bloei

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: SA se stadions bloei
    Posted: 23-Dec-2018 at 7:35pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/sa-se-stadions-bloei-20181222

Suid-Afrika se rugbyunies word doodgewurg deur die koste daaraan verbonde om hul groot stadions Saterdag ná Saterdag vir die publiek oop te maak.

Dít is duidelik ná ’n ondersoek deur Rapport, waarin bevind is dat ’n toetswedstryd op Ellispark in Johannesburg die Leeus soveel as R1,4 miljoen uit die sak kan jaag, en selfs ’n Pro14-kragmeting in die kleiner Toyota-stadion in Bloemfontein ’n sessyferbedrag beloop.


Ellispark vroeër vanjaar, toe die Springbokke in aksie was teen Frankryk. Toe was die stadion volgepak, maar op die meeste Saterdae is duisende stoele leeg. Foto: Deon Raath
Edgar Rathbone, besturende direkteur van Ellispark, sê dis nie ongewoon dat ’n groot wedstryd die sak met meer as R1 miljoen ruk nie.

“Ons gemiddelde koste om die stadion oop te maak, is sowat R600 000, maar vir groot wedstryde soos toetse en eindstryde, kan dit opgaan tot R1,4 miljoen omdat ons meer sekerheid moet inbring en vervoeropsies moet lewer,” sê Rathbone.

Die Blou Bulle se koste op Loftus beloop sowat R500 000 vir ’n normale Super-wedstryd, teenoor die R140 000 wat dit kos om die Vrystaat-stadion vir ’n Pro14-wedstryd oop te maak.

Dalende toeskouergetalle maak ook ’n verskil met televisie-uitsendings asook spanvertonings wat regstreeks tot die negatiewe effek bydra. Die verwatering van die Curriebeker en ’n algemene versadigingspunt van te veel rugby blyk ook ’n uitwerking te hê.

Rapport het ’n volledige uiteensetting van Loftus Versfeld se uitgawes op wedstryddae verkry.

Daarvolgens kos net veiligheid vir ’n groot Superrugby-wedstryd sowat R200 000, terwyl versnaperings en drank in die presidentslosie, tesame met ander gasvryheidsuitgawes, rondom R100 000 beloop.

Die metropolisie vra daarby R45 000 vir die dag om verkeer te beheer, en die skoonmaak van die stadion kos R30 000. Boonop vereis die Sportwet dat ’n elektrisiën, ’n loodgieter en ’n hysbaktegnikus op bystand moet wees, teen ’n koste van sowat R5 000 elk per wedstryd.

Rathbone sê die pad vorentoe is om op die korporatiewe mark te konsentreer.

“Ten opsigte van sitplekke in die stadion sal ons meer moet fokus op die korporatiewe mark wat ’n leefstyl-opsie soek, eerder as net ’n losie waar die ‘manne’ kuier. Ons kan dalk eerder platforms bou, met rusbanke en kroegtafels, maar met ’n gevoel van ruimte sodat die kinders kan saamkom en dit ook geniet.

“Dit gee ook die geleentheid vir ’n maatskappy om blootstelling te kry. Ek dink daar is ’n behoefte vir so ’n produk tussen kaartjies op die paviljoen en plek in die losies. Ons moet toeskouers ’n beter ervaring gee van die oomblik dat hy by die huis in sy kar klim tot hy by die stadion wegry.

“Dit neem tyd, maar ek dink die vlak van veiligheid wat ons by die stadion het en die opgradering van ons kos-opsies rondom die stadion help baie. Dit is net die eerste van vele stappe. Afskoptye speel ook vir ons ’n massiewe rol.”

Rugby in Europa floreer in hul plaaslike kompetisies wat in kleiner stadions plaasvind, maar dis nie so eenvoudig vir unies om bloot hul wedstryde te skuif nie.

Hulle het byvoorbeeld verpligtinge teenoor hul losie-eienaars en seisoenkaartjiehouers.

“Dit sal moeilik wees om na ’n kleiner stadion te skuif weens die impak van losies, seisoenkaartjies, advertensies in die stadion, naamregte, ensovoorts,” sê Ronel de Jager, die Cheetahs se bemarkingsbestuurder. “ ’n Mens moet ook parkering en toeganklikheid by ’n ander stadion in gedagte hou.”

Rathbone sê groot stadions het voor- en nadele.

Ons moet net seker maak dat ons dit op die beste moontlike manier benut.

“Kapasiteit is steeds belangrik as dit by groot toetse kom en oor die laaste ses jaar was ons stadion gemiddeld 91% vol wanneer ons Bok-toetse aangebied het. Dit sluit ons losies in.

“Jou losies moet beter benut word op ’n daaglikse basis, so ons kyk na opsies soos kantoorruimte, vergaderlokale en in die toekoms moontlik selfs blyplek.

“Hoe jy dit egter van dag tot dag aanwend, moet aanpasbaar genoeg wees sodat daardie ruimtes steeds op toetsdae en vir uitspeelwedstryde gebruik kan word.”

Dit ly geen twyfel nie dat verandering en vernuwing nodig is. Leë stadions is ’n verleentheid op die kassie en doen min om mense aan te moedig om wedstryde by te woon.

Rugbyadministrateurs wroeg met stygende koste en veral spelersalarisse wat nie by Europese klubs kan byhou nie.

En as hulle nie mense teruglok na stadions toe nie, lyk die toekoms ontsettend donker vir die plaaslike spel.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.