Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - ‘My dogters is nog te jonk’
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

‘My dogters is nog te jonk’

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: ‘My dogters is nog te jonk’
    Posted: 17-Dec-2018 at 4:31pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/my-dogters-is-nog-te-jonk-20181215

Vir Victor Matfield was dit bykans moeiliker om die pos van Bulle-afrigter van die hand te wys as om in 2015 by die Wêreldbekertoernooi teen Japan te verloor.

In ’n eksklusiewe onderhoud met Rapport het Matfield vir die eerste keer onthul dat hy dié pos aangebied is, maar hy het ná die toetrede van nuwe sakevennote by sy besigheid en in die belang van sy gesin, besluit het om nie sy “droomwerk” na te jaag nie

Matfield is as die gunsteling beskou om die pos by John Mitchell oor te neem, maar Pote Human is Dinsdag as die Bulle se nuwe breier aangestel.

“Ek dink dit was die moeilikste besluit van my lewe, amper erger as die week teen Japan by die Wêreldbeker,” het Matfield Vrydag aan Rapport gesê.

“Dit was altyd my droom, my passie. Dit is nog altyd wat ek wou doen, om die Bulle af te rig en hopelik later die Bokke.”

Die Bulle het Matfield genader en gevra of hy aansoek sou doen vir Mitchell se pos.

“Voor die onderhoude het hulle gevra wat my voorwaardes is en ek het drie punte gegee wat vir my baie belangrik was.

“Toe het ons deur die onderhoude gegaan en hulle het my laat weet hulle wil my graag aanstel en aanvaar my voorwaardes.

“Ek het (verlede) Maandag by my kind se prysuitdeling gery, toe kry ek die kontrak. Ek het dit deurgekyk en daar was so een of twee punte wat miskien ’n haakplek was, maar dit het vir my gelyk of dit is soos ek dit wou hê. Ek het vir my agent gesê om voort te gaan.”

Dit is toe dat Matfield se agent ’n klousule uitwys waarmee hulle nie tevrede was nie.

“Ek was baie teleurgesteld. Ek het gesê ek is uit as dit nie opgelos word nie. Toe vra die Bulle vir ’n dag om dit uit te sorteer.”

Daarna is die prentjie boonop verder verander, want Matfield se besigheidsvennote het in die prentjie gekom.

“Die Bulle se nuwe uitvoerende hoof (Alfons Meyer) het my teruggebel en gesê ongelukkig moet ek die kontrak aanvaar soos dit is.

“Ek het die volgende dag my vennote by Wildswinkel (sy wildhandel-onderneming wat onder meer wildverkope fasiliteer) gaan sien en hulle vertel. Hulle sê toe hulle het gedink dis ’n uitgemaakte saak (dat hy Bulle toe sou gaan). Hulle het vir my ’n baie beter pos aangebied – waaroor ek nie nou kan praat nie – en ook meer aandele in die besigheid.

“Die volgende oggend het die Bulle teruggekom en gesê hulle sal al die voorwaardes wat vir my belangrik is, insluit.

“Maar toe het ek klaar met my sakevennote gepraat en klaar gehoor van die meer aandele, groter salaris, groter pos . . . Toe begin my kop draai. Neem ek die regte besluit? Waarheen wil ek gaan? Wat is die impak op my gesin, op my lewe?”

Matfield het gaan kyk waar is al Suid-Afrika se suksesvolle afrigters van die laaste tien jaar nou.

“Is hulle gelukkig of nie? Heyneke Meyer is een van die suksesvolstes en hy sit in Frankryk sonder sy familie.

“Jake White is in Japan. Frans Ludeke sit in Japan, dalk is hy gelukkig, dalk nie.

“My kinders is nog jonk – my kleintjie is vier jaar oud. Ek kan nie Engeland of Japan toe gaan oor vier of vyf jaar as dinge nie uitwerk nie.”

Die sakegeleentheid, met vooraanstaande sakemanne in Louis van der Watt, Lood Bester en Herman Marx as vennote, was eenvoudig té aanloklik. ’n Eiland van sekerheid teenoor die rowwe see van twyfel wat die rugbywêreld is.

“Toe ek later met my vrou praat, het ons vir mekaar gesê ek wil graag eendag sê my besigheid is suksesvol, my maatskappy is aan die gang, wat sekerheid betref, is ek uitgesorteer.

“En as dit alles in plek is, kan ek rugby gaan afrig omdat dit my passie is.”

Hy is steeds gemakliker op ’n rugbyveld as in ’n raadsaal.

“As ek in ’n raadsaal sit, is ek nie so seker van myself nie, maar as ek op ’n rugbyveld staan, sal ek met enigiemand praat en my kennis back.”

Matfield sê ander faktore, soos die feit dat hy weens tyddruk nie sy eie assistente sou kon kry nie en die feit dat hy nie die voorseisoense voorbereiding meegemaak het nie, het sy besluit ook beïnvloed.

“Dis so gejaag en baie goed het my baie onseker gelaat.

“Ek was gelukkig met wat hulle my aangebied het, en hulle het agteroor gebuig om my tegemoet te kom.

“Maar as ek nou teruggaan rugby toe, sal dit vir 20 jaar moet wees.”
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.102 seconds.